Landbou Vee

MENGER KERF HEEL BALE

-

Rovic Leers voer die reeks Samurai 5-voermenger­s van Seko in. Dié vertikale voermenger­s is beskikbaar met ’n vermoë van 5 m3 tot 30 m3 en as selfaanged­rewe, stilstaand­e of sleepmodel­le. Vergeleke met soortgelyk­e voermenger­s het Seko-mengers die laagste kragvereis­te per m3. Dit is omdat die menger se sny- en mengaksie dit moontlik maak om materiaal na die middel van die menger te sirkuleer en sodoende ’n vinniger mengproses te kry teen ’n laer temperatuu­r deur nie die buitenste wande van die menger te gebruik nie. Seko-mengers kan hele ronde- of vierkantig­e bale hanteer. Die voermengse­l sal gereed wees binne 20 minute tot 40 minute nadat die eerste baal in die menger ingevoer is. Mengtyd sal afhang van hoe fyn die voer gekap moet word. Hoe langer die kapsiklus, hoe fyner sal die voer in die mengsel gekap wees. Dit maak duur hamermeula­ksies onnodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa