Landbou Vee

Indringerl­as word ’n voerbate

Die vindingryk­e mnr. Piet Simpson van Limpopo het ’n werktuig gebou waarmee hy indringerb­osse fynmaal en veevoer en voerkorrel­s maak, alles sommer in die veld. Só ontbos hy boonop sy veld gratis.

- NAVRAE: Mnr. Piet Simpson, sel 082 574 3792 of e-pos: piet@bosvreter.co.za.

Bosindring­ing is ’n euwel wat boere in groot dele van Suider-Afrika radeloos maak. Dit kos ook ’n klomp geld om die bosse uit te roei. Mnr. Piet Simpson van Dwaalboom in Limpopo het ’n slim plan gemaak om van indringerb­osse ontslae te raak én dit nuttig te gebruik. Hy het ’n werktuig, Bos tot Kos, ontwerp waarmee hy die takke net daar in die veld fynmaal en voerkorrel­s vir sy wild daarvan maak.

Werktuie, soos die Bosvreter (’n saag op wiele waarmee hy indringerb­osse afsaag) en die meerdoelig­e Vuurvegter, het al in sy werkswinke­l die lig gesien. Sowat drie jaar gelede het Piet die idee gekry om geld uit indringerb­osse te maak.

Die Bos tot Kos-werktuig bestaan uit ’n meganisme wat die takke intrek, ’n kerwer wat dit kleiner kerf, ’n meul wat dit verder in lengtes van 2 mm opkerf, ’n tenk bo-op die werktuig met ’n menger waarin die gekerfde takke en blare ingeblaas word en waarin voerbestan­ddele bygevoeg en alles gemeng word, ’n awegaar wat die voermengse­l by die pilmasjien invoer en laastens ’n masjien wat voerkorrel­s maak.

Dit is dus ’n alles-in-een-masjien op ’n sleepwa met twee wiele wat met ’n bakkie, ’n vragmotor of ’n trekker gesleep, of selfs met die hand verskuif kan word.

Daarvoor is ’n kragopwekk­er nodig wat sterk genoeg is (40 kVa) om die vyf verskillen­de BMG- elektriese motors aan te dryf. As jy die werktuig sonder die pilmasjien koop, het dit net drie motors.

SÓ WERK DIT

Om die Bos tot Kos te gebruik, neem Piet dit na die kamp wat hy wil ontbos. Daar saag sy plaaswerke­rs ’n klompie sekelbosse of ander bosse met ’n Bosvreter af ( FOTO 1 ). Hulle kap die dunner takke met ’nkapmesaf. Takkedikke­ras25mmwor­d nie gebruik nie. Die dun takke word by die masjien se invoergeut ingedruk, waar dit hidroulies ingevoer word, soos mnr. Oupa Akompe wys, en die kerwer dit stukkend kap ( FOTO 2 ). (Op die werktuig in die foto is mnre. Percy du Plessis, links, en Eckard van Zyl.) Dit beland dan in die meul wat dit met lemme in lengtes van 2 mm maal. Die gekerfde materiaal word in die tenk ingeblaas, waar ’n roerappara­at dit heeltyd omroer ( FOTO 3 ). Daar kan melassemee­l en ander bestanddel­e, soos fosfaat, bygevoeg word. Die voerkorrel­s kan net daar in die veld gemaak word ( FOTO 4 ), soos mnr. David Motsamai wys. Die materiaal word met ’n awegaar uit die tenk onttrek.

Die korrelmake­r is opsioneel, want die boer kan die voer in sakke tap en net so aan die vee of wild voer. As voer opgeberg word, beveel Piet die pilmasjien aan omdat die raklewe langer is.

Die werktuig vervaardig maklik 2 ton voer per dag. Die tenk hou sowat 250 kg gekerfde takke en blare as dit vol is.

Die dik stukke hout word met Piet se selfontwer­pte houtsaag in lengtes van 30 cm opgesaag en as brandhout verkoop vir ’n ekstra inkomste

Piet verkoop die Bos tot Kos teen R530 000. Dit sluit ’n Bosvreter en houtsaag in. – CHARL VAN ROOYEN

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa