Landbou Vee

PLAASINLIG­TING

- NR. GERDIE LANDMAN,

Mmelkboer van Kookhuis, het ’n LMIskaal (weegbrug) geïnstalle­er wat ’n interlinkv­ragmotor kan weeg. Alle voer wat gekoop word, word geweeg

wanneer dit op die plaas aankom. Hy het ’n ooreenkoms met sy verskaffer­s dat hy hulle vir voer betaal volgens die gewig wat sý skaal aandui.

Gerdie sê dit is nogal verbasend hoeveel voer, soos mielies, tydens ’n rit verlore kan gaan. Dit kan tot 700 kg op ’n vragmotor van 34 ton beloop, maar is meestal 150 kg tot 500 kg. “Ek het ’n tyd gelede op ’n rit van Bloemhof na Bloemfonte­in agter ’n interlink-vragmotor wat graan op groot skaal vervoer, gery. Mielies het heeltyd afgeval en van die pad af opgeskiet, soseer dat ek stadiger gery het om te keer dat my voertuig se verf beskadig word.”

Hy sê as ’n boer nie ’n skaal het nie, sal hy vir die produk betaal volgens die gewig by die vertrekpun­t. En as jou skaal nie gekalibree­r is nie, tas jy in die duister rond. Jy sal nooit oor die gewig kan stry nie, tensy daar ’n amptelike drukstuk van die vrag is met die tyd en datum van aankoms.

As dit ’n bona fide-fout van die verskaffer was, kan dit reggestel word. Dit gebeur egter soms dat vragmotorb­estuurders produkte op pad verkoop, veral as dit in sakke verpak is.

“Ons kry die indruk dat verskaffer­s vinnig besef dat hulle nie op hul vragte kan kroek nie, want hulle weet by Mooimelk sal hulle nagegaan word.”

Gerdie se skaal word jaarliks deur die verskaffer, wat SABS-goedgekeur­de toerusting het, gekalibree­r. Die kalibrerin­gsertifika­at word in sy kantoor vertoon.

Alle diere wat die plaas verlaat, word ook geweeg en volgens die skaal se gewig verkoop. Die karkasgewi­g kan uitgewerk word. As ’n vrag van byvoorbeel­d vier beeste met ’n bakkie met ’n sleepwa vervoer word, word die bakkie en die sleepwa eers geweeg. Nadat die diere gelaai is, word alles weer geweeg om die gewig van die gelaaide diere uit te werk.

Gerdie sê die skaal is ’n groot bate op die plaas, hoofsaakli­k om die produksie van gewasse te bepaal, sekere rantsoene vir die koeie te kalibreer en om die gemiddelde gewig van ’n groep diere te bepaal.

Die weegbrug het ’n weegvermoë van 200 ton is 24 meter lank. Dit het sowat R200 000 gekos toe Gerdie-hulle dit sowat sewe jaar gelede gekoop het.

 ??  ?? Mnr. Gerdie Landman
Mnr. Gerdie Landman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa