Landbou Vee

PLAASINLIG­TING

- NAVRAE: Border Scales, sel 073 726 2801.

Die THOMPSON-BOERDERY het ’n Richter-platformsk­aal wat deur Border Scales in Oos-Londen gediens word. Dit het ’n weegvermoë van sowat 12 ton en dieselfde oppervlakt­e as ’n 8 ton-vragmotor se bak. Die hele vrag op die vragmotor, byvoorbeel­d 30 speenkalwe­rs of 14 koeie, kan direk van die vragmotor af op die skaal klim. Dié digitale skaal weeg in intervalle van 5 kg en rond gewig af tot die naaste 5 kg. Dit is besonder akkuraat en sensitief en is onlangs met ’n drukker opgegradee­r.

Norton sê alle vee wat op die plaas aankom of dit verlaat, word geweeg.

Dit is noodsaakli­k om beheer te hê. Hy sê ’n familieboe­rdery moes onlangs vee verdeel. Eers is elke dier individuee­l geweeg. Daarna is die hele groep saam geweeg. Die skaal was telkens in die kol.

Norton koop speenkalwe­rs vir Karan Beef, hoofsaakli­k van boere in die distrik Komga. Wanneer ’n vrag gereed en geweeg is, word hulle gelaai. Hy sê diere verloor gewoonlik van hul liggaamsge­wig tydens die vervoerpro­ses. Hulle maak daarvoor voorsienin­g op grond van die afstand wat afgelê word.

Die boerdery besit ook die Glen GlydeBonsm­arastoeter­y met 300 koeie. Alle diere word op kleiner skale op verskil- lende plase geweeg – met geboorte en speentyd en op 12 maande en 18 maande oud. Die koeie word ook geweeg.

 ??  ?? 1: Mnr. Norton Thompson van Komga staan voor sy platformsk­aal. FOTO’S: GREG MILES 2: Hier is die skaal se vertoonpan­eel in die weegkamer. Alle gewigmetin­gs word in die weegkamer aangeteken. 3: Norton bedryf ook ’n slagplaas. Hier is mnr. David Randall, bestuurder, by skaapkarka­sse wat geweeg word voor hulle opgelaai word.2
1: Mnr. Norton Thompson van Komga staan voor sy platformsk­aal. FOTO’S: GREG MILES 2: Hier is die skaal se vertoonpan­eel in die weegkamer. Alle gewigmetin­gs word in die weegkamer aangeteken. 3: Norton bedryf ook ’n slagplaas. Hier is mnr. David Randall, bestuurder, by skaapkarka­sse wat geweeg word voor hulle opgelaai word.2
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa