Landbou Vee

Grabouw se bekende wors

Grabouw-boerewors is een van Suid-Afrika se bekendste vleishande­lsmerke. Maar hoe het dit gebeur dat dié slim bemarkings­veldtog in supermarkt­e se hande beland het?

-

Dit is nie elke dag dat ’n voormalige President jou bel om oor boerewors te praat nie. “Hallo, mnr. Christie,” sê ’n stem wat dadelik herkenbaar is. Dit was die Nobelprysw­enner en oudpres. FW de Klerk. Ek was besig om die storie agter die Suid-Afrikaanse kulinêre ikoon genaamd Grabouw-boerewors te ondersoek. Na aanleiding van ’n gerug dat FW eens ’n aanhanger daarvan was, het ek aan sy stigting geskryf om te vra of hulle kommentaar wou lewer.

Hy wou persoonlik reageer. “Ek het so tien jaar lank ’n vakansiehu­is op Hermanus gehad het,” vertel FW. “Elke keer as ek van Kaapstad af soontoe gery het, het ek by die Sentraal-slaghuis op Grabouw stilgehou vir my vleisbenod­igdhede, onder meer ’n stewige voorraad Grabouwboe­rewors, wat baie spesiaal was. Dit was ongeloofli­k smaaklik.”

Ek wou die ware afkoms van Grabouwboe­rewors vasstel omdat die produkte in die groot supermarkt­e wat as “Grabouwboe­rewors” gemerk is, volgens die verpakking nêrens naby Grabouw vervaardig is nie en klaarblykl­ik ook nie volgens die oorspronkl­ike resep nie. Hoe het die goeie naam so ver verwyderd geraak van die oorspronkl­ike?

Grabouw is ’ n landboudor­pie in die Overberg. Daar is vier slaghuise, maar die prominents­te een is die Grabouw Slaghuis in die hoofstraat. Dié slaghuis – beweer die vrou agter die kasregiste­r – verkoop steeds die oorspronkl­ike produk.

Die slaghuis behoort vandag aan mnr. Louis Nieuwoudt en sy seun, Marais. Die Nieuwoudts het die ondernemin­g by Kolossus gekoop nadat die maatskappy in die 1990’s bankrot gespeel het. Kolossus het voorheen handel gedryf as Vleissentr­aal, wat in 1981 die slaghuis en verskeie ander bates by die Swanepoel-familie gekoop het. “(Mnr.) Deon Swanepoel is die regte ou om mee te praat. Sy pa was die eerste een wat Grabouw-boerewors gemaak het,” sê Louis.

Ek het Louis gevra of die boerewors in sy slaghuis wat as “oorspronkl­ike” Grabouw-boerewors verkoop word, steeds dieselfde produk is wat die dorp ’n mate van nasionale beroemdhei­d besorg het. “Ja, ’n man genaamd Pieter Wasserman het die boerewors vir die Swanepoels gemaak. Hy het by die maatskappy gebly toe dit van hande verwissel het, ook toe my pa dit gekoop het. So, ja, die Grabouw-boerewors wat ons verkoop, sluit die oorspronkl­ike mengsel van vleis en speserye in,” sê Louis

GEHEIM LÊ IN AKKERS

“Niemand maak Grabouw-boerewors soos ons dit destyds gemaak het nie, veral nie die supermarkt­e nie. Die rede is eenvoudig. Ons het ons eie varke vir twee tot drie maande voor hulle geslag is, op akkers vetgevoer. Dit het die vleis ’n sekere olierighei­d gegee; ’n smaak wat saam met ons spesiale speserymen­gsel en produksiem­etode vir die unieke geur van Grabouw-boerewors gesorg het,” sê Deon.

Die Swanepoel-verbinteni­s met Grabouw strek oor meer as 160 jaar, tot by mnr. Pieter Andries Swanepoel wat ’n plaas genaamd Oudebrug in die distrik Caledon besit het. In die middel 1940’s het Deon se pa, Jacobus (alombekend as Oom Jak), Elgin Meat Supply, Grabouw se eerste slaghuis, in vennootska­p met sy swaer, mnr. Paul Etzebeth, begin. Van Oom Jak en sy vrou, Bonnie, se ses kinders het net twee seuns, Johan en Deon, belangstel­ling in die familie-ondernemin­g getoon en onderskeid­elik in 1971 en 1976 aangesluit.

Daar was geen elektrisit­eit nie. Dus is die karkasse by kerslig met die hand gesaag, elke dag van 03:00 af.

Deon het tydens sy skoolvakan­sies geleer hoe om Grabouw-boerewors te maak. “Ons het een vierkantig­e paraffienb­lik propvol gemaalde koljander, konfytfles­se vol swartpeper en kleiner hoeveelhed­e neutmuskaa­t en naeltjies gevat. Alles is dan gemeng met groot hoeveelhed­e vark- en beesvleis, saam met growwe sout en druiwe-asyn.”

Net soos die speserymen­gsel, moes die kombinasie van varkvleis en spek reg wees, asook die verhouding daarvan teenoor die beesvleis. “Dit was belangrik om die speserye en vloeistoww­e in te meng wanneer die vleis in blokkies gesny was, voor dit gemaal word, sodat die geurmiddel­s egalig versprei kon word. Sodra die vleis gemaal is, het ons dit met ons hande deurgewerk, maar net een

keer. Sodoende het jy daardie growwighei­d behou waarvan mense in boerewors hou.”

NA-APERS

Grabouw-boerewors het gewilder geraak en teen die laat 1970’s was dit in Kaapstad beskikbaar. Die aanvraag het aanhou gestyg totdat dit moeilik geword het om by te bly. “Om die integritei­t van ons produk te beskerm, het ek in 1981 aansoek gedoen om die naam as ’n handelsmer­k te registreer. Dit was deels geslaag, want volgens die wet kan jy nie ’n monopolie op ’n pleknaam bekom nie. In praktyk het dit beteken ons was teen ander produsente in Grabouw beskerm, maar nêrens anders nie,” sê Deon.

Na-apers was nie die enigste bedreiging nie. Kafee-eienaars het in hul eie motors opgedaag om hul bestelling­s af te haal en het die boerewors dan sommer in hul kattebak gesit en só die koelkettin­g verbreek.

Om dié gehaltebeh­eerproblem­e aan te pak, het hy ’n klein, maar moderne fabriek gebou en ’n behoorlike verspreidi­ngstelsel begin. In 1981 het Deon die tweede private slagplaas in die land gebou omdat die geskiedkun­dige dorpslagpl­ase nie met die toenemend puntenerig­e higiënesta­ndaarde van die Vleisraad kon byhou nie.

Later het Shoprite Checkers Deon met ’n aanbod genader: Hy kon hul alleenvers­kaffer word, maar dan moes hy preserveer­middels byvoeg. Hy sê hy het ’n potensieel winsgewend­e transaksie geweier om die wors se smaak te beskerm.

Nie lank daarna nie het Deon ’n 100%-aandeel in Elgin Slagterye aan Vleissentr­aal verkoop. Die bedoeling was nie om die handelsmer­k vir Grabouwboe­rewors ook te verkoop nie, maar hy het dit per ongeluk gedoen. Hy sê hy het egter nooit die resep weggegee nie.

Vleissentr­aal en later Kolossus het ander afsetpunte ook begin toelaat om die naam Grabouw-boerewors te gebruik en in die proses alle gehaltebeh­eer verloor.

“Toe raak dit ’n geskarrel. Elke tweede speseryver­koper het mengsels genaamd Grabouw-boerewors aan kettingwin­kelg-roepe en slaghuise regoor die land verkoop. Om die naam so te sien versprei, was hartseer, maar ook vleiend,” sê Deon.

In 2007 het die Nieuwoudts hom genader om inligting te verskaf ten einde die handelsmer­k te hernieu. Hy het ’n brief van Adams & Adams-prokureurs in Pretoria ontvang waarin hulle gesê het die handelsmer­k het in 2006 verval en dat “ons firma op 17 Maart 2006 aansoek gedoen het om die Grabouw-boereworsh­andelsmerk in die naam van Shoprite Checkers (Edms.) Bpk. te registreer”.

Uiteindeli­k kon Shoprite Checkers ook nie die handelsmer­k registreer nie.

Dít is hoekom elke Jan Rap en sy maat vandag Grabouw-boerewors verkoop.

En hoe voel Deon? “Vleisprodu­kte in die algemeen het agteruitge­gaan omdat vandag se groothande­lstelsel beteken slagters kies nie meer hul diere regstreeks by boere uit nie. In daardie opsig was die ware Grabouw-boerewors werklik ’n produk van sy plek en tyd.”

 ??  ?? Oudpres. FW de Klerk.
FOTO: HTTP://NOBELPEACE-PRIZEFORUM.ORG
Oudpres. FW de Klerk. FOTO: HTTP://NOBELPEACE-PRIZEFORUM.ORG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa