Landbou Vee

SUBSIDIEST­ELSEL VIR NOORD-KAAPSE BOERE

- – JOHAN NORVAL

Daadwerkli­ke optrede met die bekampingv­ansiektesi­snodigomdi­egevolglik­e groot geldelike verlies in die veebedryf hok te slaan. Mnr. James Faber, voorsitter van die RPO Noord-Kaap, sê goeie vordering word gemaak met navorsing deur die Universite­it Stellenbos­ch oor geslagsiek­tes by kleinvee in hoofsaakli­k die Noord-Kaap.

Die navorsers sal voortaan moontlik staatsveea­rtse en tegniese dieregeson­dheidspers­oneel vergesel wanneer hulle ramme vir Brucella ovis toets. Faber het ’n beroep op skaapteler­s en boereveren­igings gedoen om hulle volle samewerkin­g aan die projek te gee.

Volgens hom maak al hoe meer telers gebruik van die subsidie wat die RPO betaal wanneer ramme en bulle deur private of staatsveea­rtse getoets word. Die subsidie beloop R30 per ram wat vir Brucella ovis en vrugbaarhe­id getoets word en R300 per bul wat vir trichomoni­ase, vibriose en vrugbaarhe­id ondersoek word. Die RPO ondervind goeie deelname aan die subsidiesk­ema uit veral in die droër westelike dele van die Noord-Kaap.

Die subsidiesk­ema vir die toets van ramme en bulle is slegs in die Noord-Kaap van toepassing. Die provinsial­e RPO het dié voordeel vir sy lede met die Noord-Kaapse Veeartseny­dienste beding.

NAVRAE: Mnr. Dirk Krapohl, tel. 053 832 9595.

 ??  ?? Mnr. James Faber
Mnr. James Faber

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa