OOK IN AUS­TRA­LIË PRO­BLEEM

Landbou Vee - - Dieregesondheid -

Aus­tra­lie­se skaap­boe­re word aan­ge­moe­dig om al­le kud­de­ram­me jaar­liks vir skaap­bru­cel­lo­se (ram­siek­te) te on­der­soek. Mnr. Patrick Klu­ver, na­vor­ser van die Li­ves­tock Bi­o­se­cu­ri­ty Network, ’n on­af­hank­li­ke be­dryfs­i­ni­si­a­tief, sê dis nood­saak­li­ko­mal­ty­d­ram­me­te­koop­uit kud­des wat ge­ser­ti­fi­seer is as vry van die siek­te. Dié prak­tyk is eg­ter sin­ne­loos as jy reeds die siek­te in jou kud­de het.

Patrick sê ’n op­na­me wat in 2010 in Suid-Aus­tra­lië ge­doen is, het ge­vind dat so­wat 22% van die kom­mer­si­ë­le kud­des in die nat­ter suid-oos­te­li­ke deel met­skaap­bru­cel­lo­se­be­smet­was.“As­of dit nie skok­kend ge­noeg was nie, was ál die be­trok­ke boe­re heel­te­mal on­be­wus daar­van.”

Vol­gens hom is ver­laag­de vrug­baar­heid een van die te­kens van be­smet­ting (af­ge­sien van ver­har­dings in die tes­ti­kels), met boe­re wat daar­voor pro­beer ver­goed deur die dektyd te ver­leng. An­der te­kens sluit in fut­loos­heid by ramme, ’n la­er be­set­ting­sy­fer by ooie, ver­leng­de lam­tye en ’n la­er speen­per­sen­ta­sie. – ALAN HAR­MAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.