Landbou Vee

Speenkalfp­rys: Maak neiging jou vennoot!

Die beesvleisp­rys gaan mooi klim in 2016, maar pasop vir 2017, maan die veekonsult­ant en markkenner Peter Milton.

- NAVRAE: Mnr. Peter Milton, sel 083 630 8868.

Daar kom ’n groot jaar vir rooivleisp­rodusente in 2016, volgens mnr. Peter Milton, vee- en voerkraalk­onsultant, oor die vooruitsig­te vir speenkalfp­ryse. “Maar 2017 gaan ’n moeilike jaar wees.”

Hy sê die speenkalfp­rysdata toon ’n dui- delike siklus. “Akkurate afleidings kan uit dié neiging gemaak en as ’n besluitnem­ingshulpmi­ddel gebruik word. Maak dus die neiging jou vennoot en verskans só jou risiko.”

Peter teken die speenkalfp­rys al sedert 2000 aan. In 2002, 2006 en 2011 het pryse die hoogte in geskiet, maar in die volgen- de jaar skerp gedaal ná die langtermyn­neiging van 8% groei per jaar ( GRAFIEK ).

“Vanjaar se prys sal heel moontlik op R21,25 te staan kom. Vir aanstaande jaar voorspel ons dat die gemiddelde prys tot R25 per kilogram sal styg. Dit beteken dat die prys dan 16% hoër sal wees as wat die langtermyn­neiging aandui. Dit is dus logies om soveel moontlik inkomste te verdien terwyl die prys so hoog is,” sê Peter.

Goeie pryse sal ná aanstaande jaar vir drie jaar lank iets van die verlede wees. Peter voorspel die prys sal in 2017 terugsak tot R23/kg. Dit sal daar bly tot einde 2018. In 2019 sal die neiging se opwaartse kurwe weer begin en in 2021 ’n hoogtepunt van ongeveer R35/kg bereik.

HOE NOU GEMAAK?

As jy jou boerdery teen verliese in 2017 wil beskerm, moet jy teen 27 November 2016 reeds alle klas A-diere en kalwers sonder tande (swaarder as 200 kg) op jou plaas verkoop. Maak jou kudde aanstaande jaar kleiner sodat jy in 2017 net 80% van jou plaas se drakrag in jou kudde het. Só spaar jy jou veld terwyl die prys laag is, sê Peter.

“Hou in 2018 genoeg diere terug om jou kudde tot 90% van jou drakrag op te stoot en vergroot jou kudde in 2019 tot 100% van jou plaas se kapasiteit. Teen 2020 behoort die prys goed te herstel het tot R29/kg, maar bou steeds jou kudde op om dan 120% van jou plaas se drakrag aan te hou. In 2021, wanneer die prys by R35/kg gaan draai, verkoop jy weer 30% tot 40% van jou kudde om slegs 80% van jou plaas se drakrag oor te hou vir 2022. Die volgende daalfase sal dan begin.”

Al is daar geen waarborg vir dié voorspelli­ng nie, sê Peter dis veiliger om wel die neiging vir besluitnem­ing te gebruik.

“Indien jy jou kudde aanstaande jaar drasties verklein en die prys daal nie in 2017 nie, dan het jy reeds die geld in die bank teen ’n goeie prys. Indien jy dit nie doen nie en die prys daal, dan verkoop jy nie net diere teen ’n laer prys in 2017 nie, maar jy het ’n jaar se koste aangegaan vir 40% meer diere as wat jy sou aangehou het as jy in 2016 jou kudde kleiner gemaak het. Die geleenthei­dskoste daaraan verbonde is R1 877 per dier wat jy sou verkoop het in 2016 (sien die TABEL).”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa