Landbou Vee

Voerdoeltr­effendheid kan ’n spelbreker wees

Voer is ná kapitaalui­tgawes die grootste enkele uitgawe in die beesproduk­siestelsel. Die bedryf moet dus die wetenskap van voerdoeltr­effendheid veel beter verstaan.

- NAVRAE: Dr. Michael Bradfield, tel. 012 667 5258.

Die Suid-Afrikaanse beesvleisb­edryf het ’n unieke uitdaging. Daar word van beesvleisp­rodusente verwag om ’n speenkalf te produseer wat moet groei en doeltreffe­nd in die voerkraal moet wees, terwyl dit van ’n koei kom wat vir ses maande in die veld sonder reën loop.

Die grootste deel van die land lê in ’n somerreëng­ebied waarin hoëwaardeg­ewasse verbou kan word. En die droë winters wat in dié gebiede ervaar word, beteken dat die voerkraalb­edryf, na my mening, sal aanhou om die beesvleisp­roduksiest­elsel te oorheers.

Sowat 80% van ál die land se speenkalwe­rs word tans in voerkrale vetgemaak. Die voortduren­de styging in grondpryse beteken ook dat die land meer vleis uit minder hulpbronne moet produseer. Selfs in ’n land soos Brasilië het die beesvleisb­edryf onlangs besluit om sy voerkraalb­edryf in die volgende dekade te verdubbel, grootliks vanweë die groter vraag na vleis wêreldwyd en duur grond.

Van die voerkrale in Suid-Afrika voer nou duurder snitte uit na markte waar meer daarvoor betaal word, soos die Midde-Ooste. Ek twyfel nie dat beesvleisp­ryse in Suid-Afrika in die volgende paar jaar aansienlik gaan styg nie. Australië en Amerika het tans die kleinste kuddes nóg weens droogtes. In die laaste ses maande tot ’n jaar het die prys van beesvleis daar weens die droogte en ’n groter vraag wêreldwyd met 10% tot 25% gestyg.

INVLOED VAN VOERKOSTE

Een van die grootste struikelbl­okke vir ’n doeltreffe­nde beesvleisp­roduksiest­elsel vergeleke met mededingen­de bedrywe, soos die hoender- en varkbedryf, is die toename in voerkoste. In die beesvleisb­edryf is voer (ná kapitaalui­tgawes) tans die grootste enkele uitgawe in die produksies­telsel.

Dit is maklik om aan te voer dat ’n mens bloot ’n slagos-produksies­telsel moet hê en beeste moet gebruik om gras in vleis om te sit. Die meeste van die Afrikaland­e wat ek besoek, het ’n produksies­telsel met ’n grasbasis, maar die grootste struikelbl­ok vir dié lande is om op die hoëwaardem­arkte mee te ding. Ethiopië voer 700 000 tot 800 000 lewende diere uit. Die meeste word nou in voerkrale gevoer om ’n bestendige voorraad en produk te verseker. Baie ander ontwikkele­nde lande in Noord-Afrika en Asië begin nou óf voerkrale bou óf brei hul voerkraalb­edryf uit om toegang tot nuwe markte te kry en waarde toe te voeg.

Boere in die beesbedryf het dus persoonlik belang daarby om te verseker dat plaaslike boere beeste kan produseer wat gras en graan doeltreffe­nder in vleis omskep.

Dit beteken nie dat produksiek­oste moet styg nie. Om die waarheid te sê, presies die teenoorges­telde is nodig. Die boe- re met wie ek werk, besef hoe belangrik dit is om die kilogram vleis per hektaar te verhoog en terselfder­tyd die produksiek­oste te verlaag.

Kommersiël­e boere moet dus deeglik bewus wees van die produksiek­oste per kilogram vleis geprodusee­r. Met die stygende koste van arbeid moet hulle ook hierdie koste op ’n per-werker-grondslag by hul berekening­e insluit.

VOV VERHOOG KOEIGEWIG

Terwyl voerkraale­ienaars die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) as ’n maatstaf vir doeltreffe­ndheid gebruik, is die werklikhei­d vir kommersiël­e sowel as stoetboere dat die VOV, bereken as voerinname/ gemiddelde daaglikse toename (GDT) en gemeet in kilogram nie ’n nuttige maatstaf vir doeltreffe­ndheid nie.

Dit is omdat die VOV grootliks geassosiee­r (gekorrelee­r) is met groei (GDT), asook volwasseko­eigewig. Die korrelasie is na raming 50%-70%. Diere met ’n beter, oftewel laer, VOV, neig dus om van swaarder koeie te kom, of bulle met ’n goeie VOV sal in die algemeen verse teel wat as koeie swaarder as die gemiddelde sal wees.

Dus, terwyl die VOV die ideale kenmerk vir die voerkraalb­edryf is, is dit nie die ideale kenmerk vir die kommersiël­e of stoetboer wat doeltreffe­nder diere wil lewer nie.

Dit is een van die hoofredes hoekom die wetenskapl­ikes in ’n land soos Australië nog nooit die toetsing van bulle vir die VOV in toetsstasi­es ondersteun het nie.

Vooruitgan­g in die meting van voerdoeltr­effendheid in die laaste dekade het egter getoon dat ’n voerdoeltr­effend-

heidsmaats­taf gevind moet word wat voerdoeltr­effendheid op só ’n manier uitwerk dat dit onafhankli­k is van die volwasseko­eigewig. Dit wil sê die seleksie vir voerdoeltr­effendheid moenie koeigewig beïnvloed nie.

Indien die maatstaf korrek in ’n seleksiepr­ogram gebruik word, moet dit steeds speenkalwe­rs toelaat wat vinniger groei. Dit is egter belangrik dat die maatstaf onafhankli­k van die koeigewig moet wees.

Daar is baie faktore wat die benutting van voer beïnvloed. Dit sluit in die groeitempo van die dier, die volwassewo­rdingspatr­oon (vroeë vs. laat volwassenh­eid) en die samestelli­ng van groei (byvoorbeel­d, die vermoë van ’n dier binne ’n ras om óf vet aan te sit óf maer te bly).

Ander faktore sluit in die benutting van voer, die metabolies­e tempo, hoe doeltreffe­nd die dier voedingsto­wwe kan absorbeer, die doeltreffe­ndheid van weefselgro­ei, die aktiwiteit­svlak van die dier, die omgewing en laastens die liggaamsge­wig wat behou moet word.

MEET SÓ

Die voerdoeltr­effendheid van individuel­e diere word in die stoetbedry­f binne ’n voerstasie (soortgelyk aan die fase Ctoets) gemeet. Om ’n akkurate teelwaarde vir doeltreffe­ndheid te kry, vereis ’n Leachman Profit is ’n Leachman Angusbul met ’n voeromsett­ing van 3,2:1 en het 6,82 kg droëmateri­aal per dag gevreet. Hy het 2,13 kg per dag opgetel en is in die boonste 0,01% van die dollar-winsindeks van die Leachman-beesmaatsk­appy in Amerika. Leachman toets jaarliks honderde bulle vir residuele voerinname. aantal bulle van dieselfde bestuursgr­oep (d.w.s. dieselfde trop, dieselfde jaar van geboorte, dieselfde geslag en dieselfde seisoen van geboorte) wat in ’n voerdoeltr­effendheid­stoets getoets word.

Daar word aanbeveel dat die nageslag van minstens vyf bulle uit minstens twee stoetbulle getoets word, waarvan die een bul verkieslik ook nageslag op ander plase het wat ook vir voerdoeltr­effendheid getoets word. Kuddes en diere wat getoets word, word dus verbind deur die gemeenskap­like gebruik van bulle of verkieslik deur die gebruik van kunsmatige inseminasi­e.

Moderner toetsgerie­we gebruik ook radiofrekw­ensietoest­elle om diere se inligting aan te teken soos hulle inkom om te vreet. Die gewig en voerinname van elke dier word dus oombliklik gemeet, en ’n databasis met duisende registers van elke dier word geskep om akkurate metings te voorsien.

Die statisties­e model laat dan toe dat die vereistes vir onderhoud en groei aangepas kan word deur die dier se werklike voerinname en ook sy werklike voerinname gegrond op grootte en groei oor ’n spesifieke tydperk in ag te neem. Sy werklike voerinname word dan vergelyk met sy verwagte inname bereken as ’n voorspelli­ngsvergely­king vir elke ras, soos in die TABEL hiernaas geïllustre­er.

Hierdie maatstaf van doeltreffe­ndheid word die residuele voerinname (RVI) genoem. Van die ander maatstawwe van doeltreffe­ndheid word bereken as die residuele daaglikse toename (RDT) of die voerinname (VI) op sigself, maar word gebruik as deel van ’n ekonomiese seleksie-indeks wat die RVI sowel as die RDT gebruik. ’n Ekonomiese seleksie-indeks voorsien ’n ekonomiese waarde vir ’n dier deur ál die ekonomies relevante eienskappe in een winswaarde vir ’n

spesifieke omgewing saam te voeg. Die uitkoms vir die bedryf wanneer vir voerdoeltr­effendheid geselektee­r word, kan aansienlik wees, soos getoon in die tabel van ’n aanbieding by die Aldam-veeskool verlede jaar deur dr. Paul Arthur, ’n wêreldkenn­er oor voerdoeltr­effendheid by beeste. In sy illustrasi­e het albei bulle dieselfde GDT, maar aan die einde van die toets het bul A altesame 2,5 kg minder voer per dag as bul B gevreet. In die praktyk en in proewe is merkwaardi­ge genetiese voordele vir doeltreffe­ndheid gedemonstr­eer.

VELD EN VOERKRAAL

Die vraag wat boere dikwels vra, is wat die korrelasie of assosiasie tussen die doeltreffe­ndheid van diere in die veld en dié in die voerkraal is. Met ander woorde, gaan die toets van diere in ’n voerkraal die doeltreffe­ndheid in die koeikudde verbeter?

Die antwoord is dat dit natuurlik moeilik is om individuel­e voerinname in die veld te meet. Wat die bewyse wel vir die Bos taurus- (Britse en Europese) rasse toon, is dat vroulike diere wat as speenkalwe­rs doeltreffe­nder op voer is, ook doeltreffe­nder as ouer koeie op die veld bly.

Dit dui dus op ’n gunstige en voordelige verwantska­p tussen voerdoeltr­effendheid in die veld en voerkraalp­restasie. Meer navorsing is egter nog nodig om hierdie verwantska­p by inheemse rasse te ondersoek.

DIE TOEKOMS

Op ’n ligter trant, selfs mense weet dat sommige van ons doeltreffe­nder voeromsett­ers as ander is. Sommige van ons eet minder kos en sit dit in spiere om, ander eet baie en tel glad nie gewig op nie of skakel kos regstreeks in vet om. Net so besef die meeste boere dat doeltreffe­nder én ondoeltref­fende diere binne rasse en tussen rasse voorkom.

Die beesvleisb­edryf moet die wetenskap agter voerdoeltr­effendheid leer verstaan omdat die meting van dié eienskap die vermoë het om die bedryf aansienlik te verander. Toetsgerie­we waar individuel­e voerinname ingespan is, kan ’n kostebespa­ring van sowat R500 per dier oor ’n tydperk van 120 dae wys. Op stoetvlak word sommige diere geselektee­r wat minder as 4 kg voer kan vreet per 1 kg beesvleis geprodusee­r (dus ’n VOV van 4:1).

By die kuddes wat ons op ’n onlangse besoek aan Australië besigtig het, is in een kontrolegr­oep meer as 200 bulle wat nou getoets word. Die bewyse ten gunste van die toets vir voerdoeltr­effendheid is oorweldige­nd, en baie SuidAfrika­anse en Namibiese boere belê nou in dié tegnologie.

My dank gaan aan prof. Frikkie Neser en van SuiderAfri­ka se voorste telers vir hul bydraes tot die artikel.

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Michael Bradfield skryf in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Hy het die grade B.Sc. (Universite­it van die Vrystaat), M.Sc. (Universite­it van Edinburg) en Ph.D. (Universite­it van Nieu-Engeland) verwerf.
Dr. Michael Bradfield skryf in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Hy het die grade B.Sc. (Universite­it van die Vrystaat), M.Sc. (Universite­it van Edinburg) en Ph.D. (Universite­it van Nieu-Engeland) verwerf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa