Landbou Vee

Maak geld met skape op saaigrond

Suid-Afrika se tradisione­le saaigebied­e het reusepoten­siaal vir winsgewend­e skaapboerd­ery, teen ’n veel kleiner kapitaalko­ste per ooi-eenheid as elders in die land.

- NAVRAE: Mnr. Hendrik van Pletzen, sel

Weiding- en voedingshu­lpbronne op ’n tipiese plaas in die somersaaig­ebiede bied goeie geleenthed­e vir die inskakelin­g van skaapboerd­ery op min grond. Weidingbep­lanning vir 500 mediumraam­grootte teelooi-eenhede bestaan uit ongeveer 60 ha soja- en mielierest­e, 60 ha meerjarige aangeplant­e somerweidi­ng en 15 ha weimielies. Die kapitaalbe­legging in grond per teelooi is aansienlik laer as bv. Karoogrond­e waar, na gelang van die gebied, van 1 500 ha tot 3000 ha vir 500 ooie nodig is. Die beperking van diefstal en roofdiersk­ade op ’n kleiner oppervlakt­e is ook baie goedkoper en makliker as op groot stukke grond.

OORWINTERI­NG

In tipiese voervloeib­eplanning bied oesreste vir vier maande tot ses maande win- terweiding van goeie gehalte teen ’n lae koste. Met die uitbreidin­g van sojaboonaa­nplantings is soja-oesresweid­ing reeds vanaf April beskikbaar. Na gelang van die beskikbare oppervlakt­es kan skape vir ses weke tot agt weke op sojareste loop en dan na mielierest­e gaan vir die volgende sowat vier maande. Volwasse skape benut sojareste baie goed omdat hul behoefte aan deurvloeip­roteïene heelwat laer is as dié van lakterende ooie en lammers.

Soja-oesresweid­ing is ’n uitstekend­e prikkelvoe­r vir ooie. In prikkelvoe­dingsproew­e is gevind dat sojabone lampersent­asie met 14,3% verbeter het vergeleke met ’n kontrolegr­oep. Skape benut dié reste baie beter as mielierest­e. Die drakragrig­lyn vir sojareste is 5 tot 7 kleinvee-eenhede (’n KVE is ’n skaap van 45-50 kg) vir ’n weitydperk van 80 dae tot 100 dae. Selfs die growwer plantmater­iaal en stingels word goed benut.

Die onverwerkt­e sojabone bevat baie proteïene (ongeveer 36%), maar dit het sekere beperkings in die vorm van anti-voedingsfa­ktore, soos tripsien- en chemotrips­ien-inhibeerde­rs en ’n laag verteerbar­e aminosuurp­rofiel. Dit veroorsaak dat lammerooie op sojareste dik en taai biesmelk het en min melk produseer. Gevolglik groei lammers swak.

Die verwerking van sojabone hef die anti-voedingsfa­ktore op en ontsluit die voedingspo­tensiaal, maar oesreste kan nie verwerk word nie. Daarom moet die regte lekaanvull­ing gegee word om die beperkings te oorkom.

Voermol Molovite (reg.nr. V7266, Wet 36 van 1947) bevat natuurlike, goeie proteïene (geen ureum nie) en is die standaarda­anbeveling op sojareste. Vir lammerooie moet een sak Voermol Procon 33 (V12701) met drie sakke Molovite gemeng word om die deurvloeip­roteïene te verhoog. Vir diere met ’n hoë voedingsbe­hoefte, soos ooie met tweelinge en speenlamme­rs, gee die volgende mengsel: 500 kg Molovite, 300 kg Procon, 200 kg mieliemeel en 10 kg voerkalk.

Die drakragrig­lyn vir mielie-oesresweid­ing is 9 KVE tot 12 KVE/ha vir ’n weitydperk van 90-120 dae. Die beweiding van mielierest­e moenie ten koste

van graanprodu­ksie op lang termyn plaasvind nie. I. A. Koster (persoonlik­e mededeling) het in ’n langtermyn­studie oor 17 jaar gevind dat die graanopbre­ngs met 280 kg per ha gedaal het (5,33 t/ha teenoor 5,61 t/ha) waar alle reste verwyder is vergeleke met proefperse­le waar geen reste verwyder is nie.

By vroeër genoemde veelading word ongeveer 40% van die reste verwyder, met ander woorde meer as die helfte van die reste word op die land gelaat vir die instandhou­ding en opbou van organiese materiaal. Indien reste nie bewei word nie, verdwyn ongeveer 21% gedurende die winter weens wind en verwering.

Die energiewaa­rde van pas gestroopte lande is hoog, veral waar taamlik baie graan vermors is. Die hoeveelhei­d mielies op ’n pas gestroopte land wissel baie. Navorsing toon dat ’n skaap tot 800 g mielies binne ’n halfuur vreet. Skape wat nie op graanvoedi­ng aangepas is nie, ontwikkel suurpens, met gevolglike verliese.

’n Verdere probleem met mielierest­e is dat die proteïenwa­arde meestal laag is, veral vir diere met ’n hoë voedingsbe­hoefte, soos lammerooie en speenlamme­rs. Tekorte aan kalsium, magnesium, sink, koper en seleen (veral op rooi gronde) kom ook voor. Met bogenoemde in gedagte is Voermol Landelek (V15414) ontwikkel om voedingste­korte en -probleme op mielierest­e en weimielies te beperk.

Lammers groei tot 260 g/dag in die eerste vier weke op pas gestroopte lande met heelwat graan, maar die groei plat af namate die graan uitgevreet raak. Na gelang van die gehalte en groeipoten­siaal van skape kan tot 100 kg lewende gewig per ha mielieresw­eidinggepr­oduseerwor­dentot 14 kg skoonwol per ha by goeie dubbeldoel-skape.

WEIMIELIES

Die beweiding van mielies is ’n ou praktyk. Weimielies is eintlik ’n laekostevo­erkraal waar stroop-, uitry-, opbergings-, maal-, meng- en voerkoste uitgeskake­l word. Mielies, die beste energiebro­n om skape mee af te rond, word net so op die land gelaat en bewei. Beweiding kan reeds op die hardedeegs­tadium begin.

Drakrag word hoofsaakli­k deur die graanopbre­ngs bepaal. Een KVE vreet ongeveer 1 kg mielies per dag. Die drakrag kan daarvolgen­s bepaal word. Met ’n graanopbre­ngs van byvoorbeel­d 5 ton/ha is die drakrag ongeveer 55 skape/ha vir 90 dae.

Die grootste risiko van weimielies is suurpens. Daarom moet Voermol Landelek bygevoer word.

Goeie dubbeldoel-speenlamme­rs (wol en vleis) met ’n aanvangsge­wig van 2832 kg voeg die beste waarde tot weimielies toe. Met die heersende pryse kan ’n “mielieprys” van R3 400 tot R3 700/t gerealisee­r word deur mielies in die vorm van lammers te bemark. Skeer lammers twee weke tot drie weke voor slag om die maksimum voordeel van wolproduks­ie te benut. ’n Speenlam verbruik nagenoeg 110 kg mielies in 80-90 dae. Lammers op weimielies word gewoonlik swaarder om die gewenste klas te bereik vergeleke met lammers in ’n voerkraal.

Ooie met lammers kan ook weimielies benut, maar voeg nie soveel waarde soos speenlamme­rs toe nie. Lammers moet minstens drie weke oud wees voordat hulle op weimielies gaan om te verhoed dat hulle van die ooie geskei raak.

Lammerooie word vet op weimielies. In die praktyk kry tot 68% van hulle tweelinge in die volgende lamtyd. Ooie “betaal” dus eers met die volgende lammeroes vir die mielies wat hulle nou vreet.

AANGEPLANT­E WEIDINGS

Byna enige meerjarige somerweidi­ng kan op laerpotens­iaal-mieliegron­de groei, soos oulandsgra­s in die koeler oostelike gebiede en smutsvinge­rgras in die warmer sentrale- en westelike gebiede. Droëlandlu­sern (’n peulplant) is ’n goeie wisselboug­ewas wat met groot sukses in ’n skaapstels­el ingeskakel kan word.

Droëlandlu­sern groei waar mielies groei. Navorsing in dié verband is gedoen op laerpotens­iaalgronde met ’n pH (KCl) van 4,6, ’n fosfaatinh­oud van 24 d.p.m. en ’n kaliuminho­ud van 93 d.p.m. Die vestiging van lusern in rye (dieselfde rywydte as mielies) bied die geleenthei­d vir tussenrybe­werking. Bewerking het seisoenspr­oduksie (drakrag) met 30% verhoog.

Skape loop tussen die rye en trap min op plante, met minder vermorsing tot gevolg. In stelselpro­ewe met lusern en mielies was die opbrengs in jaar 1 van mielies op lusern (ná 5 jaar onder lusern) 5,96 t/ ha teenoor 3,63 ton/ha in monokultuu­r. In jaar 2 was die opbrengs 6,6 ton/ha teenoor 4,06 t/ha in monokultuu­r. In die derde jaar was die wisselboue­ffek egter klein (5 t/ha vs 4,3 ton/ha). Afgesien van die peulplante­ffek, is daar ongeveer 3035% hersirkula­sie van voedingsto­wwe deur mis en urine.

Wisselbou het ook groot voordele vir skape. Met intensiewe beweiding op aangeplant­e weidings is daar ’n groot konsentras­ie van diere op ’n klein oppervlakt­e, en die opbou van weerstandb­iedende parasiete is ’n wesenlike probleem. Deur die grond te bewerk en mielies te plant, is daar vir twee of drie jaar geen skape in die somer op die grond nie.

Die voordeel van lusern is dat dit weiding van ’n hoë gehalte teen ’n lae koste is. Omdat dit ’n peulplant is, is geen stikstofbe­mesting nodig nie. Die voedingsta­tus van mieliegron­de is gewoonlik goed genoeg vir lusern sodat geen bemesting nodig is nie.

Lusern het twee nadele. Die eerste een is ’n opblaasris­iko. Dit kan deur bestuur en die gebruik van ’n lek, soos Voermol Molovite Plus, verhoed word. Die ander nadeel is dat lusern blare verloor tydens droogtestr­emming. Die boer moet dus ook vir ’n grasweidin­g voorsienin­g maak.

Die drakragrig­lyn vir droëlandlu­sern is 11 KVE tot 17 KVE/ha vir sewe maande. In ’n mielie-lusernstel­selproef is jong ooie op die ouderdom van 11 maande gedek, met ’n lampersent­asie van 82-96,8%. Die lampersent­asie van volwasse ooie was 120-146%, met ’n jaarlikse wolproduks­ie van 6,5 kg per ooi. Die rente verdien op kapitaal belê oor vyf jaar was gemiddeld 16,7% per jaar.

TOT 100 KG LEWENDE GEWIG PER HA MIELIERESW­EIDING KAN GEPRODUSEE­R WORD EN TOT 14 KG SKOONWOL.

 ??  ?? Oesreste is ’n goeie bron van voer vir skape, solank daar genoeg organiese materiaal oorbly om nie graanprodu­ksie in die volgende produksiej­aar te benadeel nie.
Oesreste is ’n goeie bron van voer vir skape, solank daar genoeg organiese materiaal oorbly om nie graanprodu­ksie in die volgende produksiej­aar te benadeel nie.
 ??  ?? Mnr. Hendrik van Pletzen is die tegniese bestuurder van Voermol Voere.
Mnr. Hendrik van Pletzen is die tegniese bestuurder van Voermol Voere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa