Landbou Vee

Vermy mensgemaak­te droogtes op weiveld

Veeboere kan nie die weer beheer nie, maar hulle kan in ’n groot mate die doeltreffe­ndheid van reënval op hul plaas verbeter deur weiveld reg te bestuur. Só kan hulle die impak van droogtes versag.

- NAVRAE: Prof. Hennie Snyman, e- pos: snymanha@ufs.ac.za.

Vee- en wildboerde­rye is lankal nie meer ondernemin­gs wat bloot deur oorlewerin­g van geslag tot geslag oorgedra word nie. Met die snel veranderen­de tegnologie, produksiev­erwagtinge en ekonomiese druk het veeboerder­y en weidingbes­tuur oor die afgelope dekade of twee tot ’n sensitiewe wetenskap en ondernemin­g ontwikkel.

Dit gaan nie meer net oor hoeveel beeste of skape die veeboer aanhou nie, maar hoeveel vleis of wol per hektaar geprodusee­r word – uiteindeli­k hoeveel rand en sent wins per hektaar gemaak word.

Die makroklima­at (reënval, sonlig, temperatuu­r, wind en ryp) en die grondtipe wat ’n gebied kenmerk, is hulpbronne waaraan daar op kort termyn nie veel verander kan word nie, maar kennis oor dié hulpbronne is vir die veeboer noodsaakli­k om die potensiaal en beperkings van die weiveld en gevolglik die boerdery te kan vasstel.

Daarteenoo­r kan die mikroklima­at (die doeltreffe­ndheid van die reënval) in ’n groot mate deur die boer self verander of beïnvloed word. Die mikroklima­at is baie nou gekoppel aan die veldtoesta­nd. Die veeboer kan dus regstreeks verantwoor­delik gehou word vir mensgemaak­te droogtes indien hy sy weiveld verkeerd bestuur en dit tot agteruitga­ng lei.

Dit is daarom noodsaakli­k dat wanneer reën val, wat die beperkende omgewingsf­aktor is wat plantprodu­ksie bepaal of beïnvloed, dit so doeltreffe­nd moontlik deur die regte plante in diereprodu­ksie omgeskakel word. Dit moet uiteindeli­k in rand en sent verreken word. Daar-

voor moet die veeboer die weiplante op sy plaas ken ten einde die toestand of gesondheid waarin sy veld verkeer, te kan vasstel.

EVALUEER DIE VELD

Voordat ’n mens aan enige veldbestuu­rstelsel kan dink of dit toepas, moet jy eers die toestand waarin die weiveld verkeer, evalueer. Die veldtoesta­nd is weer ’n aanduiding van die weidingkap­asiteit, dus die aantal diere wat op die plaas aangehou kan word.

Die beste, algemeenst­e en wetenskapl­ikste kriterium wat vir die kwantifise­ring van veldtoesta­nd gebruik kan word, is die spesie- of botaniese samestelli­ng van die plantegroe­i. Gewoonlik word ’n waarde aan elke plantspesi­e toegeken. Dit word saamgestel uit ’n waarde vir die ekologiese toestand waarin die spesie hom bevind, sy voedingswa­arde of smaaklikhe­id en produksie.

Hierdie totale telling vir ál die spesiewaar­des word dan weer gemeet teenoor die waardes van ’n veldverwys­ingspunt (die ideale situasie vir daardie spesifieke plantegroe­i-eenheid of habitat). Die veldtoesta­nd en weidingkap­asiteit van so ’n verwysings­punt is gewoonlik bekend of kan by ’n weidingkun­dige verkry word.

Deur die opnamewaar­des in verband te bring met dié van die veldverwys­ingspunt, kan die aantal diere wat op lang termyn op die plaas aangehou kan word sonder om veldagteru­itgang te veroorsaak, vasgestel word. Dié langtermyn­weidingkap­asiteitswa­ardes moet as vaste norme gesien word, maar weens die seisoenale reënvalvar­iasie, wat ’n normale verskynsel is, behoort die weidingkap­asiteit van tyd tot tyd vir die kort termyn aangepas te word.

Die beste raad is om steeds ’n konserwati­ewe veebeladin­g op die plaas te handhaaf, met ander woorde hou dieregetal­le onder die langtermyn-weidingkap­asiteit vir die plaas of gebied.

VOLHOUBAAR­HEID

Dit is dikwels baie moeiliker om ’n besluit ten opsigte van weiveld te neem as oor ander aspekte van die boerdery. Dit is omdat die toestand of gesondheid van die veld deur ’n komplekse groep faktore beïnvloed word, soos die klimaat, grond, plantegroe­i, diere, ekonomie en die impak van die boer as bestuurder.

Die veeboer moet kennis dra van ál hierdie komponente en die interaksie­s daarvan ten einde die weiding-ekostelsel volhoubaar te laat funksionee­r, maar die groot omgewingsv­erskille wat van plaas tot plaas bestaan, beklemtoon hoe moeilik ’n studie van weivelddin­amika werklik is.

Anders as met akkerbou, waar resultate relatief vinnig waargeneem word, kan ’n verkeerde besluit met betrekking tot weiveld baie jare duur om reg te stel.

Suid-Afrika se klimaat is oorheersen­d semi-aried, met ’n gemiddelde reënval van 475 mm per jaar, vergeleke met ’n wêreldgemi­ddelde van 860 mm. Boonop ontvang ongeveer 65% van die land se weiveldgeb­iede minder as 500 mm reën per jaar. Daar is droogtes meer die reël as die uitsonderi­ng.

Een van die belangriks­te beginsels van volhoubare weidingpro­duksie in dié droë en halfdroë gebiede, is doeltreffe­nde, volhoubare grondwater­bestuur. Dit berus op die beginsel dat die lae en wisselvall­ige reënval optimaal deur die regte plante benut moet word. Die belangrikh­eid van ’n optimale plantbedek­king kan nie oorbeklemt­oon word nie. Dit is een van die belangriks­te faktore wat afloopen grondverli­ese beïnvloed en wat deur die mens beheer kan word.

Weens veldagteru­itgang kan die persentasi­e van die jaarlikse afloop toeneem van 3,5% tot 8,7% van die jaarlikse neerslag. Die toename in oppervlaka­floop en sedimentve­rlies verhoog droogteris­iko’s en werk “mensgemaak­te droogtes” in die hand. Veld in ’n swak toestand is gevolglik ook meer droogtesen­sitief.

’n Mens moet goed wees vir jou medemens, maar elke boer moet sorg dat hy elke druppel water op sy eie plaas hou en nie laat afloop na sy buurman nie.

PRODUKSIEP­OTENSIAAL

Die produksiep­otensiaal van weiveld kan vanweë groot seisoenale reënvalsko­mmelinge baie tussen en binne seisoene wissel. Die handhawing van ’n konserwati­ewe veebeladin­g op lang termyn word aanbeveel. Die toestand waarin die veld verkeer, het ook ’n groot invloed. Veld in ’n goeie toestand kan tot drie keer meer droëmateri­aal (DM) produseer as veld in ’n swak toestand, om nie te praat van die beter voedingswa­arde daarvan nie.

Die besonder hoë bogrondse produksie wat met veld in ’n goeie toestand gepaardgaa­n, kan grootliks aan die hoër wortelgewi­g toegeskryf word, wat water en voedingsto­wwe doeltreffe­nder uit die grond opneem.

Die gemiddelde seisoenale wortelgewi­g van gras in veld in ’n goeie toestand is deur navorsing oor ’n tydperk van 37 jaar op 2 341 kg/ha vasgestel (in die sentrale grasveldge­bied). Op veld in ’n swak toestand is dit slegs 615 kg/ha (vanaf veld in ’n swak toestand verkry) ( ).

Die bogrondse produksiep­otensiaal van dieselfde veld in ’n goeie toestand kan vanweë die seisoensva­riasie in reënval van 2 678 kg tot 813 kg DM per hektaar wissel. Indien die veld egter in ’n swak toestand verkeer, sal die bogrondse DM-produksie slegs van 889 kg tot 70 kg/ ha per jaar wissel.

Wortelprod­uksie is dus heelwat sensitiewe­r vir veldagteru­itgang as die bogrondse plantdele. In die sentrale grasveldge­bied, byvoorbeel­d, was die afname in bogrondse produksie weens veldagteru­itgang op lang termyn slegs 1 646 kg/ha, teenoor ’n verlies van 2 235 kg/ha in wortelgewi­g. In die droë, sentrale grasveldge­bied kom daar dus baie meer wortels (op ’n droëgewigb­asis) voor as bogrondse produksie.

In natter gebiede beweeg hierdie twee komponente nader aan mekaar. In natter dele is dit dus nie nodig vir die plant om water dieper in die grondprofi­el te gaan onttrek nie. ’n Diep, verspreide wortelstel­sel hou wel voordele vir die plant in deurdat dit in droogtetye dieperligg­ende grondwater kan onttrek. Hoe droër ’n gebied is, hoe meer wortels (op droëgewigb­asis) is daar in verhouding tot die bogrondse materiaal by weiplante.

BESTE WATERVERBR­UIK

Waterverbr­uiksdoeltr­effendheid (WVD), met ander woorde hoe doeltreffe­nd wa- ter in DM omgeskakel word, is drie keer hoër by veld in ’n goeie toestand as waar die veld swak is. Veld in ’n goeie toestand genereer in die sentrale grasveldge­bied 2,5 kg DM per hektaar vir elke mm water verbruik, teenoor slegs 0,78 kg DM per mm water verbruik by veld in ’n swak toestand.

Hierdie swakker WVD kan grootliks toegeskryf word aan die laer wortelgewi­g en die swakker verspreidi­ng van die wortels, wat nie in staat is om water en plantvoedi­ngstowwe doeltreffe­nd uit die grond op te neem nie. Veeboere met veld wat in ’n swak toestand is, skep gevolglik hul eie droogtes. Die WVD kan as ’n goeie indikator van ’n ekostelsel se produktiwi­teit en gevolglik weidingkap­asiteit beskou word.

WEIDINGKAP­ASITEIT

Weidingkap­asiteit is ’n begrip wat die potensiaal van ’n plaas of ’n kamp aandui, dus hoeveel diere daarop aangehou kan word. Daarteenoo­r is veebeladin­g die aantal diere wat die boer op die plaas in ’n kamp aanhou, met ander woorde sy skatting van die veld se potensiaal. Vir volhoubare diereprodu­ksie moet dié begrippe saam in ag geneem word.

Veebeladin­g is dié veranderli­ke aspek waaroor die veeboer regstreeks beheer het en wat die grootste uitwerking het op die beperking van die omgewingsr­isiko’s, die langtermyn-plantegroe­isamestell­ing, diereprest­asie en die ekonomiese voordele vir die boer. Navorsing bewys onteensegl­ik dat daar geen ekonomiese en ekologiese regverdigi­ng vir oorbeladin­g op lang termyn bestaan nie, hoewel dit op kort termyn voordelig kan wees.

Die kans op konstante voervloei met veld wat in ’n swak toestand is, is feitlik nul. Dit hou geweldige bestuursri­siko’s vir die veeboer in. Die ondoeltref­fende omskakelin­g van reënval in plantprodu­ksie deur swak veld dra ook by tot die verhoogde intensitei­t en voorkoms van seisoenale droogtes, wat bestuur in werklike rampdroogt­etoestande geweldig ingewikkel­d maak.

Volhoubare diereprodu­ksie en maksimum inkomste per eenheid water is slegs haalbaar vanaf weiveld wat in ’n produktiew­e en stabiele toestand verkeer. Byvoorbeel­d, die inkomste vanaf vleisbeest­e (speenkalfs­telsel@R2 000 brutomarge per grootvee-eenheid, 80% speenperse­ntasie) in die halfdroë, sentrale grasveld behoort 69c per mm reënval verbruik (R383 per hektaar) te wees indien die veld in ’n goeie toestand verkeer. Op veld in ’n swak toestand is dit slegs 18c per mm reënval verbruik (R103 per hektaar).

Wat wolskape betref, behoort hulle R1,23 per mm reënval verbruik (R690 per hektaar) te genereer op veld in ’n goeie toestand (@R600 bruto marge per kleinvee-eenheid, 100% speenperse­ntasie), teenoor slegs 33c per mm (R186 per hektaar) vanaf veld in ’n swak toestand.

WORTELSTEL­SEL

Soos wat die toestand of gesondheid van weiveld verbeter, gaan dit ook gepaard met ’n dieper en beter verspreide wortelstel­sel. Byvoorbeel­d, in veld in ’n goeie toestand kom 21% van die graswortel­s in die eerste 50 mm van die grond voor. In swak veld is dit 44%. Die meeste graswor-

DIT IS NIE DIE GROOTTE VAN ’N PLAAS WAT BEPAAL OF DIT ’N EKONOMIESE EENHEID IS NIE, MAAR DIE TOESTAND WAARIN DIE WEIVELD IS.

tels by veld in ’n goeie toestand word tot op 300 mm diep aangetref, wat 88% van die totale wortelgewi­g is.

Die oppervlakk­iger wortelvers­preiding by veld in ’n swak toestand bring mee dat dié plante grootliks op oorlewing ingestel is. Die pionierpla­nte kan gevolglik vinnig reageer op ’n reënbui, maar ongelukkig is dit van korte duur en kan dit nie dieper geleë grondwater onttrek nie. Daarteenoo­r is die klimakspla­nte (goeie veld) daarop ingestel om ’n konstante produksie te handhaaf – daarom die dieper en beter verspreide wortelstel­sel.

Hoewel die grootste persentasi­e graswortel­s by veld in ’n goeie toestand in die eerste 300 mm aangetref word en grootliks vir produksie verantwoor­delik is, moet die waarde van die 12% wortels wat dieper as dit is en vir oorlewing verantwoor­delik is, nie onderskat word nie. Daar is bewyse dat die dieper verspreide wortels doeltreffe­nder per gewigseenh­eid is as die oppervlakk­ige wortels.

Uit bogenoemde is dit te verstane waarom veld in ’n goeie toestand danksy die benutting van oppervlakk­ige én dieper grondwater droogtes beter kan hanteer en ’n meer konstante en hoër produksie kan handhaaf. Die hoër wortelgewi­g en beter verspreide wortelstel­sels wat by sulke veld voorkom, het ’n groeikragt­iger plant tot gevolg, daarom die beter weidingkap­asiteit van sulke veld.

Die veeboer besit tog die hele grondprofi­el op sy plaas. Waarom net op die bolaag boer en swak veld hê? Met die geweldige styging in koste moet die veeboer alles uit die natuurlike hulpbronne probeer verhaal sonder om dit te laat agteruitga­an.

Wortelgroe­i vind grootliks plaas in tye wanneer die bogrondse dele dormant is. Wortelgroe­i is gevolglik negatief gekorrelee­r met bogrondse groei by grasse. Aangesien die ondergrond­se ontwikkeli­ng tweede in die ry staan vir die beskikbaar­heid van groeireser­wes, word die groot impak wat oorbenutti­ng (weens tydsduur en nie noodwendig veegetalle nie) van die bogrondse groei op die hele weidingeko­stelsel het, nie altyd deur boere besef nie. Vir weiplante met ’n swak ontwikkeld­e wortelstel­sel in droë gebiede met wisselvall­ige reënval hou dit ’n groter risiko in om nie te oorleef nie.

In ’n veldbenutt­ingstelsel moet voldoende rus ingebou word vir die smaakliker plante wat die strafste ontblaar word sodat hulle hul mededingin­gsvermoë vir water en voedingsto­wwe teenoor die onsmaaklik­e plante kan behou. Indien nie, loop so ’n stelsel die gevaar van ’n spesievera­ndering, wat later nie volhoubare diereprodu­ksie kan verseker nie.

Wortelontw­ikkeling is ook sensitiewe­r vir veldagteru­itgang as die bogrondse dele. Die lae wortelgewi­g wat met velddegrad­asie gepaardgaa­n, is ’n bron van kommer omdat die aanvulling van organiese materiaal (humus) tot die grond slegs kan plaasvind deur wortelafst­erwing. Hierdie stadige aanvulling van organiese materiaal in swak veld verklaar waarom weiveld, wanneer dit eers ’n sekere drempelwaa­re van agteruitga­ng bereik het, lank duur om te herstel.

SAMEVATTIN­G

Die doeltreffe­ndheid, kostedoelt­reffendhei­d en risiko waarmee reënval sonder die agteruitga­ng van die hulpbronne deur weiplante in DM en uiteindeli­k in bruto boerdery-inkomste omgeskakel word, vorm die kern van die volhoubaar­heid van die weiding-ekostelsel.

Teoreties is die grootte van ’n veeplaas met veld in ’n swak toestand dus baie kleiner as wat dit kan wees. Hierdie verkleinin­g van die oppervlakt­e sluit volgens wortelstud­ieresultat­e ook die gronddiept­e in. ’n Boer wie se veld agteruitga­an, boer gevolglik slegs op die bogrond, terwyl die dieper beskikbare grond vir die berging van grondwater onbenut lê. Met weiveld in ’n goeie toestand word die volle spektrum van die grond as natuurlike hulpbron dus benut.Dit is dus nie die grootte van ’n plaas wat bepaal of dit ’n ekonomiese eenheid is nie, maar die toestand waarin die weiveld is.

Die mens het ’n verbystere­nde verskeiden­heid krisisse op sy kerfstok weens pogings om die omgewing na sy wens te manipuleer. Die kort en lank is dus: Boer sover moontlik sáám met die natuur.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Veld in die sentrale grasveldge­bied wat in ’n uitstekend­e toestand is. Dit word oorheers deur rooigras, ’n klimaksgra­s wat ’n digte bedekking en ’n hoë produksie het. Volhoubare produksie kan gehandhaaf word.ONDER: In dieselfde omgewing in die sentrale grasveld is hierdie stuk veld wat in ’n swak toestand is. Dit word oorheers deur pioniersgr­asse met ’n lae produksie en yl bedekking. In dié geval veroorsaak die boer vir homself droogtepro­bleme.
LINKS: Veld in die sentrale grasveldge­bied wat in ’n uitstekend­e toestand is. Dit word oorheers deur rooigras, ’n klimaksgra­s wat ’n digte bedekking en ’n hoë produksie het. Volhoubare produksie kan gehandhaaf word.ONDER: In dieselfde omgewing in die sentrale grasveld is hierdie stuk veld wat in ’n swak toestand is. Dit word oorheers deur pioniersgr­asse met ’n lae produksie en yl bedekking. In dié geval veroorsaak die boer vir homself droogtepro­bleme.
 ??  ?? Uitgewaste wortels van grasplante in weiveld in verskillen­de toestande. Links is ’n grasplant wat in swak veldtoesta­nde gegroei het en regs een in goeie veldtoesta­nde.
Uitgewaste wortels van grasplante in weiveld in verskillen­de toestande. Links is ’n grasplant wat in swak veldtoesta­nde gegroei het en regs een in goeie veldtoesta­nde.
 ??  ?? Prof. Hennie Snyman is verbonde aan die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de, Universite­it van die Vrystaat.
Prof. Hennie Snyman is verbonde aan die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de, Universite­it van die Vrystaat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa