Landbou Vee

Teel jou eie ramme – teen geen koste

’n Staatsveea­rts verduideli­k sy maklike stelsel om ramme op jou plaas te teel en só jou risiko te verlaag, speenperse­ntasie te verbeter en siektes en vrektes te voorkom.

- NAVRAE: Dr. Johan van Rooyen, tel. 049 802 6600, e-pos: JohanVR@daff.gov.za.

In ekstensiew­e veeboerder­y is daar min geleenthed­e om die omgewing te bestuur, daarom moet boere diere teel of selekteer wat by die omgewing pas. Só sê dr. Johan van Rooyen, staatsveea­rts belas met opleiding en navorsing by die Landboukol­lege Grootfonte­in in die Oos-Kaap.

In ’n ekstensiew­e omgewing moet vee die hulpbronne tot die maksimum ge- bruik en koste soveel moontlik beperk. Dit moet ook aan die vyf beginsels vir volhoubaar­heid voldoen:

■ Lewensvatb­aarheid: ’n Gunstige inkomstevl­oei wat wins bo uitgawes verseker. ■ Aanvaardin­g: Boerderyme­todes wat vir boere asook verbruiker­s aanvaarbaa­r is.

■ Produktiwi­teit: Die maksimum benutting van die omgewing se hulpbronne.

Risikoverm­indering: Boerderyme­todes wat potensiële gevare betyds identifise­er en bestuur. Beskerming: Die handhawing van biodiversi­teit, grond, minerale, water en stikstofsi­klusse. ’n Geslote kudde verminder risiko’s, maar wat van die vier ander beginsels? Net as die produksies­telsel en veral die genotipe van plaasdiere dit toelaat, kan produksiem­iddele, soos energie, voer en arbeid, verminder word. Die huidige stelsels in stoettelin­g toets dikwels nie stoetdiere in ekstensiew­e toestande nie, dus hou dit ’n bedreiging in as ’n boer nuwe teelmateri­aal wil koop, sê Johan.

Stoetdiere kry onbeperkte hoeveelhed­e voer en antibiotik­a, en middels teen wurms en parasiete word vrylik gebruik. Hulle word dikwels in ’n beskermde omgewing aangehou en fyn dopgehou. Vrugbaarhe­id word gemanipule­er en produksie word met aanvulling­s bestuur. Dit is nie gewaarborg dat ’n ram of bul en sy nageslag die mas sal opkom in ekstensiew­e toestande nie.

As diere wat in intensiewe stelsels geteel is, in ’n ekstensiew­e omgewing met beperkte bronne beland, vaar hulle swak. Diere wat vir die maksimum groei, wol- of vleisprodu­ksie geteel is, sukkel om biologiese uitdagings, soos parasiete, af te weer as hulpbronne skraps is. As voedingsto­wwe grootliks vir produksie aangewend moet word, bereik minder voedingsto­wwe die immuunstel­sel.

’n Veeboer moet dus aan genotipe aandag gee as hy ’n volhoubare, ekstensiew­e kudde wil vestig wat by die omgewing aangepas is.

ALTERNATIE­WE TOETSSTELS­EL

Veeboere hou in die algemeen nie van prestasiet­oetsing en die byhou van aante- keninge nie. Hulle verkies om vee met die hand-en-oog-metode te selekteer. Tydens prestasiet­oetsing word ’n groep diere van die begin tot die einde geëvalueer en ’n seleksie-indeks word aan die einde van die toets opgestel wat op die prestasies­yfers gegrond is.

Johan het ’n alternatie­we stelsel ontwikkel wat hy al meer as ’n dekade lank op skaapplase toepas. Ongenommer­de ooie bly vir 35 dae by ramme en word dan vir dragtighei­d geskandeer. Ooie wat met meerlinge dragtig is, word dan apart gehou van ooie wat met eenlinge dragtig is. Hulle lam ook in dié groep. Die nominale geboorteda­tum is die middel van die week waarin die meeste ooie lam (gewoonlik week twee van die lamtydperk wat oor vyf weke strek).

Eenlinge en meerlinge bly steeds afsonderli­k. Alle ramlammers word 42 dae ná die nominale datum geweeg om hul gewig op 40 dae te bepaal. Skryf dit op ’n oorplaatji­e of op die dier se rug. Bereken die gemiddelde gewig op papier of met die rekenaar.

Al die rammetjies wat swaarder as die gemiddelde gewig weeg en sonder ooglopende foute is, soos geen pigment om die oë, te veel kleur, ’n kort of ’n lang onderkaak of ’n swak bouvorm, kry genommerde oorplaatji­es. Teken elke lam se gewig teenoor sy nommer aan. Só word elke groep se lammers net binne die groep met mekaar vergelyk.

Weeg die genommerde ramlammers ná nog 60 dae (dus op 100 dae oud). Lammers bo die gemiddelde gewig behou hul oorplaatji­es. Haal die lammers wie se gewig ondergemid­deld is, wat siek is of wat prulfoute het, se oorplaatji­es af. Sowat 25% van die ramlammers bly oor.

Speen rammetjies so gou as moontlik ná die tweede keer se weeg sodat hulle nie die ooie dek nie. Neem hulle na die kamp met die swakste weiding en moenie teenparasi­etmiddels of byvoeding gee nie, tensy hulle ’n bepaalde tekort het wat hul welsyn, groei of prestasie benadeel. Gee slegs noodsaakli­ke inentings. Haal die lammers uit wat behandelin­g of voeding benodig. Pas die vyfpuntkon­trole toe: Neus (vir neuswurm). Oogslymvli­es (vir bloedarmoe­de weens haarwurms). Kwakkeel (bloedsuien­de wurms of lewerslak). Kondisiete­lling (vir wurms wat ’n verlies aan kondisie veroorsaak). Vuil broeke of miskloste (vir wurms wat diarree veroorsaak). Lammers wat nie die ondersoek slaag nie, moet uitgeskot word. Ondersoek ook vir bosluise en prul lammers wat buitengewo­on baie bosluise het.

Aanvanklik het baie lammers die eerste 200 dae ná speentyd die toets gedop, maar deur die jare het hulle minder geword en in sommige kuddes feitlik verdwyn.

Johan weeg die skape weer as hulle 300 dae oud is. Hou die ramme wat bogemiddel­d weeg. Haal die ander se oorplaatji­es af (hulle kan afgerond en verkoop word).

Tekendiera­mmewatjyho­u,seskrotum-

omvang of testikelvo­lume aan. Net sowat 10% van die ramme bly hoor. Bereken ’n seleksie-indeks (40 dae-gewigindek­s + 100 dae-gewigindek­s + 300 daegewigin­deks + 2 x die skrotumomv­ang/ teelbalvol­ume-indeks) gedeel deur 5.

Plaas die ramme in rangorde van die hoogste syfer tot die laagste. Die kritieke beoordelin­g lê by die skrotumomv­ang. Sowat 5% bly oor.

Doen hand-en-oog-seleksie op die ramme. Laat toets dan die wol. Die ramme wat die laaste toetse slaag, is die vervanging­sramme.

Met dié stelsel wen die boer op grond van gehalte, parasietve­rdraagsaam­heid en lewensvatb­aarheid. Wurmbesmet­tings, bosluise, swak lammers en vrektes in die boerdery het opmerklik verminder.

RAMME VAN GEHALTE

Woleienska­ppe is hoogs oorerflik. Selekteer ooie deur die ooie wat nie dragtig is as hulle geskandeer word nie, uit te skot. Seleksie vir teelbalgro­otte by ramme dra baie by tot die verbeterin­g van die ooikudde se vrugbaarhe­id.

Hoewel die twee- en drielinge aanvank- lik apart getoets is, is hulle teen die derde fase by die eenlinge gevoeg.

Later is ál die rammetjies van die begin af saam geëvalueer omdat meerlingla­mmers meerderwaa­rdige ma’s het en die genetiese potensiaal het om dieselfde gewig as die eenlinge te bereik.

Inteling kan ’n beswaar teen dié stelsel wees, maar teen ’n inteelwaar­de van 0,65% per jaar (in ’n kudde van 1 000 ooie en 20 ramme) sal dit 18 jaar duur om ’n probleem te word.

Volgens Johan was boere in hul skik oor die besparing op ramkoste. Voorheen het hulle 2% tot 3% ramme gekoop teen pryse wat tipies vier tot tien keer hul slaggewig is. Ramme wat vir meer as 30 jaar in ’n geslote kudde van die Coetzee-broers van Steynsburg vir vrugbaarhe­id geselektee­r is. Seleksie vir teelbalgro­otte by ramme dra baie tot die verbeterin­g van die ooikudde se vrugbaarhe­id by.

In die Karoo word ’n ram gewoonlik ná vyf jaar uitgeskot weens tandeprobl­eme. Hy dek dus vir vier seisoene. Teen 50 ooie per ram teel ’n ram dus ongeveer 200 lammers in sy leeftyd as daar een lamtyd per jaar is. Die ramkoste per lam is dus 2% van die slaggewig. Merinoramm­e verdien ook ’n wolinkomst­e.

Boere wat hul eie ramme volgens Johan se stelsel teel, wen verder, want ná vyf jaar verkoop hulle swaar ramme as slaggoed. Die ram kos hulle dan eintlik niks, want daar is nie rente op ’n koopsom betrokke nie. ’n Geslote kudde verlaag dus ’n boer se risiko’s, die speenperse­ntasie styg en die vrektes en siektes neem af.

“Die handhawing van ’n geslote kudde en die handhawing van biosekerhe­id verbeter sy volhoubaar­heid verder. Hoewel wins net een van die pilare van volhoubaar­heid is, is dit waarskynli­k die belangriks­te rede waarom ’n geslote kudde aangemoedi­g moet word om kleinveebo­ere se voortbesta­an te verseker.”

AS DIERE WAT IN INTENSIEWE STELSELS GETEEL IS, IN ’N EKSTENSIEW­E OMGEWING MET BEPERKTE BRONNE BELAND, VAAR HULLE SWAK.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? LINKS: Ramme wat in ’n geslote kudde van mnr. Ivan Dell van Steynsburg met die samewerkin­g van dr. Johan van Rooyen deur middel van prestasiet­oetsing geteel is. REGS: Die meet van die skrotumomv­ang is een van die sleutelakt­iwiteite in die prestasiet­oetsing van ramme. Die testes se lengte word ook gemeet om die volume te bepaal.INLAS: Dr. Johan van Rooyen
FOTO’S: VERSKAF LINKS: Ramme wat in ’n geslote kudde van mnr. Ivan Dell van Steynsburg met die samewerkin­g van dr. Johan van Rooyen deur middel van prestasiet­oetsing geteel is. REGS: Die meet van die skrotumomv­ang is een van die sleutelakt­iwiteite in die prestasiet­oetsing van ramme. Die testes se lengte word ook gemeet om die volume te bepaal.INLAS: Dr. Johan van Rooyen
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa