Landbou Vee

Lig bees speel-speel met heupklamp

Met hierdie vindingryk­e heupklamp is dit kinderspel­etjies om ’n siek of beseerde bees wat lê, weer regop te kry.

- NAVRAE: Mnr. Chris Greyling, sel 072 290 6368.

Die beesheupkl­ampe wat hy maak, is nie heeltemal sy eie geesteskin­d nie, sê mnr. Chris Greyling van Doornfonte­in tussen Modimolle en Vaalwater in Limpopo. Chris, wat vroeër boorgatpom­pe geïnstalle­er en in stand gehou het, sê ’n beesboer-buurman, mnr. Neels van Rooyen, het so ’n klamp sowat 30 jaar gelede by ’n veearts gesien en toe vir homself een nageboots.

“Dié klamp werk so maklik en doeltreffe­nd dat dit gou in die omtes bekend geraak het. Almal met ’n siek of beseerde bees wat lê, het Neels se klamp geleen. Die dilemma was dat dikwels wanneer Neels self die klamp nodig gehad het, moes hy eers sy klamp van die laaste lener laat kom of dit self gaan haal. Dis toe dat Neels vir my sê ek moet van die klampe maak sodat die ander boere hul eie klampe kan aanskaf,” vertel Chris.

EENVOUDIGE STELSEL

Volgens hom lê die beesheupkl­amp se sukses in die eenvoud van die ontwerp opgesluit. Dit bestaan uit twee U-vormige pype wat aan ’n sentrale optelstaaf met ’n sterk optelhuls skanier. Die pype het ’n deursnit van 25 mm en ’n wanddikte van 2 mm. Die U-vormige pype is effe gebuig sodat die U-vorm netjies om ’n bees se heupbeenkn­oppe pas.

Aan die een U-vormige pyp is ’n dwarsstaaf vasgesweis waarop ’n lang skroef met growwe draad skarnier. Aan elk van die twee “bene” van die ander U-vormige pyp is stukke hoekyster as “stoppers” vasgesweis. ’n Glystaaf wat op die lang skroef pas, word deur hierdie “stoppers” in posisie gehou.

Met ’n groot vleuelmoer wat op die lang skroef indraai en teen die glystaaf druk, word die twee U-vormige pype nader aan mekaar gedwing om dan om die bees se heupbeenkn­oppe te pas.

Al wat dan oorbly, is om die bees met ’n takelstel en hyskatrol op te lig.

Die grootste voordeel van die beesheupkl­amp is dat dit ’n bees oplig sonder enige drukking op die middellyf. Inwendige beserings word dus uitgeskake­l. Siek en/of beseerde beeste kan makliker behandel word omdat die agterlyf stabiel gehou word. Die beesklamp het ook minder plaaswerke­rs nodig as die ander metodes.

Die klamp kos R410 stuk (BTW ingesluit). – ANDRIES GROENEWALD

 ??  ?? Mnr. Chris Greyling wys hier na die groot vleuelmoer wat op die lang skroef indraai en teen die glystaaf druk om die twee U-vormige pype nader aan mekaar te dwing.
Mnr. Chris Greyling wys hier na die groot vleuelmoer wat op die lang skroef indraai en teen die glystaaf druk om die twee U-vormige pype nader aan mekaar te dwing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa