Landbou Vee

Wol: Daar is nié prysweerst­and

-

Hoewel die huidige ekonomiese onsekerhei­d in China skommeling­e in kommoditei­tspryse tot gevolg het, is dit in die geval van wol nie weens prysweerst­and wat ingetree het nie. Die internasio­nale vraag na wol bly goed. Die verswakkin­g van die rand en die Australies­e dollar teenoor die Amerikaans­e dollar en die euro het eerder stukrag aan die wolmark verleen, sê mnr. Geoff Kingwill, voorsitter van Cape Wools.

Oor die rede waarom die prysgaping tussen superfyn- en sterker wol so verklein het, sê hy dis te wyte aan boere wat ’n paar jaar gelede, toe daar ’n groot pryspremie vir die fyner tipes was, goed op die markseine gereageer het en gesorg het dat daar nou genoeg daarvan is om in die vraag te voorsien. “Ek dink nie boere sal voortgaan om hul skeersels nóg fyner te maak nie.”

Hoewel ’n groot wolkoper onlangs op die Nasionale Wolkwekers­vereniging se kongres gevra het boere moet dit oorweeg om eerder langer as korter wolskeerse­ls te lewer, sê Geoff daar was nog geen markseine dat sesmaande- tot agtmaande-skeersels ongewens is nie. “In Suid-Afrika gaan ál minder boere twaalfmaan­de-skeersels lewer. Teling het só verbeter dat wol wat nou op 10 maande geskeer word, dieselfde lengte het as 12 maandeskee­rsels 20 jaar gelede. Wat dus van belang is, is die lengte van wol, nié die aantal maande wat dit op die skaap is voor dit afgeskeer word nie.”

Hy sê die goeie wolpryse van die afgelope vyf jaar het tot ’n styging in produksie gelei. Tans word goeie pryse vir Merino-ooie betaal. “As daar nie ’n ernstige droogte weens El Niño voorkom nie, kan produksie dié seisoen weer styg.”

Geoff sê ondanks die relatief goeie wolpryse kan bemarking nie agterweë gelaat word nie. Die 15 c/kg wat kopers aan Cape Wools oorbetaal (R4,5 miljoen) word hoofsaakli­k vir die internasio­nale bevorderin­g van die vesel gebruik.

Hy sê hoewel prysskomme­linge op kort termyn kan voorkom, is dit betekenisv­ol dat wolpryse tydens die wêreldwye ekonomiese krisis verbeter het. “Waar die geleenthei­d hom voordoen, kan boere dus met ’n geruste hart hul produksie uitbrei.”

 ??  ?? Mnr. Geoff KingwillWO­L
Mnr. Geoff KingwillWO­L

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa