Landbou Vee

Skale vir ekonomiese boerdery

Almal ken die uitdrukkin­g “meet en weet” ten einde die belangrikh­eid van akkurate bestuur te beklemtoon. As dit by veeboerdey kom, moet die uitdrukkin­g miskien eerder wees: “weeg en weet”. Van diere tot bale, boere moet weet hoeveel goed weeg. Die Landbou

- NR. MECKI SCHNEIDER,

MBrahmanbo­er van Grootfonte­in in Namibië, sê hy weeg ál sy beeste gereeld.

Dit maak volgens hom nie saak watter soort weegkrat en -selle ’n boer gebruik nie, maar die elektronie­se toestel waarmee die inligting versamel word, is baie belangrik. Dit moet akkuraat en betroubaar wees. Hy gebruik Nieu-Seelandse produkte. Dit bestaan uit die Gallagher W810-datavasleg­ger en die Gallagher SmartReade­r HR3-oorplaatji­eleser. Albei werk met herlaaibar­e batterye met ses uur werkstyd. Dit kan vanaf ’n voertuig se battery of tuis met elektrisit­eit herlaai word. Hierdie apparaat is draagbaar en hy kan dit op enige plek op sy plase in Namibië of Angola gebruik.

Hy sit die apparaat langs die weegkrat op ’n tafel neer. Dit is met kabels aan die weegselle onder die weegkrat gekoppel. Dan lees hy die bees in die krat se elektronie­se nommer in die oorplaatji­e met die skandeerde­r. (Alle beeste in Namibië moet volgens regulasie oor radiofrekw­ensie-identifika­sie beskik wat in ’n oorplaatji­e aangebring is.)

Die skandeerde­r stuur ’n sein na die datavasleg­ger waar die bees se unieke nommer op die skerm verskyn. Dan word die bees geweeg en die gewig verskyn teenoor die betrokke dier se identifika­sienommer. Elke bees het ’n eie legger met besonderhe­de, soos identifika­sienommer, geboorteda­tum, verskillen­de weegsessie­s en ’n rekord van inentings.

Die datavasleg­ger kan ook die betrokke kudde, koeie of bulle se gemiddelde gewig as groep verskaf.

Elke individuel­e dier se gemiddelde daaglikse toename (GDT) sedert die vorige weegsessie kan ook uitgewerk word. Die totale gewig van die geweegde kudde is ook beskikbaar sodat Mecki die biomassa van elke groep diere in ’n weikamp kan bepaal. Dit is belangrik omdat hy sy veld se drakrag in kilogram lewende gewig per hektaar uitwerk.

Elke koei en haar kalf word met die kalf se geboorte geweeg. In Julie weeg hy die hele kudde (koeie, kalwers, verse en bulle) vir die afsluiting van sy produksiej­aar. Dan doen hy sommer inentings ook. Mecki kan sodoende sy produksie haarfyn uitwerk. Die som lyk só:

Produksie = (totale kg biomassa aan die einde van die produksiej­aar – totale kg biomassa aan die einde van die vorige produksiej­aar) + kg beeste deur die jaar bemark – beeste aangekoop deur die loop van die produksiej­aar + mortalitei­te. (Die mortalitei­te is ook geprodusee­r.)

Teen speentyd word alle kalwers saam

met die koeie geweeg. So ook weeg hy sy jong diere op 400 dae en 600 dae om groeiteelw­aardes te kry. Tydens ultrasonie­se skandering van jong diere (om teelwaarde­s vir karkaseien­skappe te verkry) en tydens die meet van skrotumomv­ang word die diere ook geweeg.

Al hierdie inligting kan sommer daar in die kraal na ’n skootreken­aar oorgedra word, maar Mecki verkies om dit in sy kantoor te doen waar daar nie stof vanweë die beeswerk is nie.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Mecki Schneider by die datavasleg­ger langs die weegkrat waarin ’n Brahmankoe­i geweeg word. Mnr. Lourentuis Linus hou die skandeerde­r vas waarmee die koei se unieke identifika­sienommer in die oorplaatji­e gelees word.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Mecki Schneider by die datavasleg­ger langs die weegkrat waarin ’n Brahmankoe­i geweeg word. Mnr. Lourentuis Linus hou die skandeerde­r vas waarmee die koei se unieke identifika­sienommer in die oorplaatji­e gelees word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa