Landbou Vee

Pak brucellose by die horings

Sonder ’n opsporings­trategie bly brucellose onontdek. Waarskuwin­gsklokke sal net begin lui wanneer die aantal aborsies laat in dragtighei­d toeneem. Maar dan is dit reeds te laat. Die omvang van dié siekte is tans landwyd kommerwekk­end.

- NAVRAE: Dr. Johann Breytenbac­h, sel 082 556 9900 of e-pos: johann.breytenbac­h@merck.com.

Brucellose, ook bekend as besmetlike misgeboort­e, is al as ’n “emosionele siekte” beskryf omdat geen boer bly is om die nuus van ’n positiewe Brucella- toets te kry nie. Die siekte roep beelde op van plase onder kwarantyn, aborsiesto­rms, produksiev­erliese, die van kant maak van geïnfektee­rde diere en soönose (oordrag van dier na mens). Eenvoudig gestel, brucellose beteken ’n verlies aan inkomste en, erger nog, hou ’n gesondheid­srisiko vir die boerderyge­meenskap in.

Brucellose is moeilik om te bekamp omdat Brucella abortus ’n hoogs aansteekli­ke mikro-organisme is en dit ’n uiters onvoorspel­bare inkubasiet­ydperk het.

Besmetting is meestal via die neus en mond van diere wat aan ’n besmette nageboorte, geaborteer­de fetus of vaginale afskeiding van ’n besmette vers of koei blootgeste­l word. Brucella abortus floreer in die baarmoeder tydens dragtig- heid, met die gevolg dat daar ’n beraamde 100 miljoen aansteekli­ke dosisse in die nageboorte van ’n besmette koei is. Een besmette dier in ’n kudde wat aborteer, stel dus meer as genoeg Brucella- organismes in die omgewing vry om ál die koeie of verse in ’n kamp siek te maak.

Brucella abortus se inkubasiet­ydperk wissel baie – van minder as ’n maand tot jare (by verse). Om sake verder te bemoeilik, is siftingsto­etse vir Brucella in dié tyd dikwels negatief. Brucella abortus- organismes integreer hulself in dié tyd in die liggaamsel­le, waar die immuunstel­sel hulle nie maklik opspoor nie. ’n Enkele negatiewe toets is dus nie ’n waarborg dat brucellose nie aanwesig is nie.

RAAK KUNDIG

’n Verantwoor­delike boer wat kennis dra van brucellose pas sy bestuurspr­aktyke aan en skep verskeie linies van verdedigin­g om te help met die opsporing en neutralise­ring van hierdie potensiële tydbom voor dit ontplof.

KEER BLOOTSTELL­ING

Die algemeenst­e manier van besmetting is die inbring van aangekoopt­e diere. Koop net diere van iemand wie se diere negatief toets en wat daarvoor bekend is dat brucellose-toetsing gereeld gedoen word. Die besmetting kan latent wees en eers laat in dragtighei­d opvlam. Indien dit nie opgemerk word nie, is die resultaat ’n aborsie of die geboorte van ’n swak kalf, wat ’n tydbom van besmette materiaal in jou tot dusver skoon kudde plaas.

Wees veral in jou pasoppens wanneer verse gekoop word. Nie net is verse die vatbaarste groep nie, maar besmette verse toets dikwels negatief. Die siekte kan eers in die laaste trimester van dragtighei­d by hulle opgespoor word.

Nog goue reëls wanneer nuwe diere in die kudde ingebring word: ■ Koop verkieslik net diere met ’ n naspeurbar­e geskiedeni­s van brucellose-inenting. ■ Toets voor en ná kalf vir brucellose. ■ Hou nuut aangekoopt­e vee, veral verse, apart van die teelkudde tot hulle gekalf het en toetse vir Brucella negatief was.

TOETS DIERE

Die doel van toetse is om die positiewe vers of koei op te spoor voor sy kalf.

Die moeite en koste van brucellose­toetse op die regte tye is nietig vergeleke met die koste oor baie jare as onregstree­kse skadebehee­r toegepas moet word.

Daar word aanbeveel dat alle koeie en verse in die laaste trimester van dragtighei­d getoets word. Hoekom? As Brucella abortus wel teenwoordi­g is, sal dit in die laaste trimester in die baarmoeder flo-

reer en nie so bedag wees op ’n aanslag deur die immuunstel­sel nie. Die vers wat voorheen negatief getoets het, sal nou positief toets. ’n Positiewe brucellose-toets in hierdie stadium van dragtighei­d is ’n noodgeval. Skuif daardie koei of kalf na die verste kamp op die plaas en hou haar in isolasie, weg van ander diere. Kontak ’n veearts.

VERLAAG DIE RISIKO

Hou groepe verse of koeie wat naby kalf is so klein as moontlik. As een dier in ’n kudde weens Brucella abortus aborteer, word ál die diere in daardie groep as besmet beskou. Hoe minder diere in die groep, hoe kleiner die risiko vir die teelkudde en hoe makliker is dit om die intensiewe toetsing te bestuur wat nodig is om positiewe gevalle te identifise­er by diere wat in aanraking met die besmette dier was. As ’n vers in ’n kudde met byvoorbeel­d 100 teeldiere weens brucellose aborteer, word die hele kudde as besmet beskou. As die kudde egter in vier groepe verdeel word, sal net die 24 diere wat in kontak met die vers was, die gevaar loop om ook siek te word.

Seisoenale teling eerder as teling regdeur die jaar word aanbeveel. Dit is makliker om brucellose-toetse vir groepe koeie en groepe wat in die kalftyd is, te bestuur as daar ’n duidelike kalftyd is.

TREE DADELIK OP

Moenie ’n aborsie ignoreer nie. ’n Stadige reaksie lei tot ernstige skade. Beskou elke aborsie as ’n potensiële brucellose-geval tot die teendeel bewys is. Bespreek die mees praktiese manier om monsters vir diagnose te verskaf met jou plaaslike of staatsveea­rts. As dit nie prakties moontlik is om die fetus of nageboorte so gou moontlik by ’n veeartseny­kundige laboratori­um te kry nie, kan bloedmonst­ers van die koei ná die aborsie geneem word. As die toetsresul­taat negatief is, moet die toets ná twee weke herhaal word.

INENTING

Inenting is nie ’n wonderkuur nie. Dit is ’n bykomende hulpmiddel wat ’n belangrike rol speel. Inenting vervang geensins goeie kuddebestu­ur of waarborg volkome beskerming nie.

’n Ingeënte dier ontwikkel ’n hoër vlak van weerstand teen besmetting. Met ander woorde, ’n ingeënte dier moet aan meer Brucella abortus- organismes blootgeste­l word om besmet te word as ’n dier wat nie ingeënt is nie.

’n Ingeënte dier wat met Brucella abortus besmet is, sal ook minder waarskynli­k ’n kalf aborteer en sal aansienlik minder besmettend­e dosisse tydens kalf vrystel.

’n Besmette dier wat nie ingeënt is nie, nie opgemerk word nie en dan aborteer, laat ’n kernbom in die middel van jou kudde ontplof.

Daarteenoo­r laat ’n ingeënte dier wat nie opgemerk word nie, net ’n handgranaa­t vry. Die skade is beheerbaar, en as blootgeste­lde koeie ingeënt is, sal dit soveel minder wees.

Dit is belangrik om te besef dat inenting nie die gevaar van brucellose-besmetting uitskakel nie. Dit sal ook nie die verspreidi­ng van die bakterieë stopsit nie. Inenting beheer net die situasie. As dit gebruik word saam met ’n volledige kuddebestu­ursprogram wat op die uitskakeli­ng van brucellose gerig is, sal dit help om probleme vroegtydig te voorkom.

Daar is tans twee lewende brucellose­entstowwe beskikbaar – Stam 19, wat net een keer by verskalwer­s tussen die ouderdom van 4 maande en 8 maande gebruik kan word, en RB51, wat verskeie kere gebruik kan word, aangesien dit nie met brucellose-siftingsto­etse inmeng nie.

PRAAT MET JOU VEEARTS

Praat met jou veearts oor besluite rakende die bestuur van jou kudde wat brucellose betref. Jou veearts se kennis van die siekte en insig in die siektestat­us van omliggende plase is ’n waardevoll­e hulpmiddel. Openhartig­e gesprekvoe­ring tussen die boerderyge­meenskap en veeartse is uiters belangrik.

Brucellose is ’n gemeenskap­siekte. Een plaas word besmet, die eienaar identifise­er besmette diere en maak hulle van kant, maar twee jaar later is die probleem terug. Hoekom? Brucella abortus ken geen grense nie. Brucellose het byvoorbeel­d in die tussentyd op twee buurplase voorgekom. ’n Jakkals kom op ’n besmette nageboorte af en sleep dit na haar gat op jou plaas. ’n Nuuskierig­e vers snuif aan die oorblyfsel­s en raak besmet.

 ??  ?? Hou kuddes vry van brucellose deur gereeld vir die siekte te toets, ’n inentingsp­rogram te volg en geen nuwe diere sonder kwarantyn en die nodige toetse in die kudde op te neem nie.
Hou kuddes vry van brucellose deur gereeld vir die siekte te toets, ’n inentingsp­rogram te volg en geen nuwe diere sonder kwarantyn en die nodige toetse in die kudde op te neem nie.
 ??  ??
 ??  ?? Dr. Johann Breytenbac­h is eenheidbes­tuurder van die herkoueraf­deling van MSD Dieregeson­dheid.
Dr. Johann Breytenbac­h is eenheidbes­tuurder van die herkoueraf­deling van MSD Dieregeson­dheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa