Landbou Vee

Berei só voor vir die dektyd

Die somerdekty­d vir beeste is hier, en sekere voorbereid­ings is noodsaakli­k om te verseker koeie en verse raak goed beset sodat boere ’n winsgewend­e ondernemin­g in die volgende somerkalft­yd sal hê.

- NAVRAE: Prof. Dietmar Holm, e-pos: Dietmar.Holm@up.ac.za.

Boere se mikpunt moet wees is om ’n speenperse­ntasie van 85 te kry, met minstens 50% van die kalwers wat in die eerste maand van die kalftyd gebore word. Die voorbereid­ings wat nou gedoen word, moet gesien word as ’n langtermyn­belegging, aangesien dit in die middel van 2017 vir boere ’n goeie kalweroes gaan verseker. Dié voorbereid­ings sluit in: Inentings om die kudde teen infeksiesi­ektes te beskerm. Die ondersoek en seleksie van die teelbulle. Die ondersoek en seleksie van die vroulike diere, veral die nuwe, jong verse wat by die teelkudde gaan aansluit. Voedingsbe­stuur.

INENTING

Dit is die eerste stap wat boere moet doen, aangesien dit in meeste gevalle ’n paar weke duur vir diere om ’n sterk immuniteit op te bou ná die inenting. Sommige entstowwe, spesifiek sommige van die lewende entstowwe, kan ’n noemenswaa­rdige inflammato­riese reaksie in die dier ontlok. ’n Mens wil seker maak dat ál hierdie reaksies voor die begin van die dektyd uitgewoed is. Inentings moet dus verkieslik ’n maand voor die dektyd reeds afgehandel wees.

Inentings wat voor die dektyd gedoen moet word, sluit die volgende in: Brucellose (skraagdosi­s). Brucellose in die nasionale beeskudde is tans ’n ernstige probleem, en dit is dus raadsaam om bykomende inentings teen dié siekte te doen ten einde die kalweroes te beskerm. (Lees ook die artikel op bl. 54.) Verse van vier maande tot agt maande oud moet met Brucella- entstof (stam 19) ingeënt word. Verder moet die kudde gereeld deur die staatsveea­rts getoets word om te bevestig dat dit as geheel negatief vir brucellose is. Boere kan voor die dektyd alle nie-dragtige vroulike diere met ’n skraagdosi­s van die RB51-stam van brucellose inent om die diere se immuniteit te verhoog. Dit sal nie die kudde teen die infeksie beskerm nie, maar sal ten minste verliese in die vorm van aborsies beperk indien die siekte per ongeluk in die kudde beland. Campylo- bakteriose ( vibrio). Vibriose is ’n belangrike veneries oordraagba­re siekte van beeste en kan in ’n groot mate suksesvol deur inenting bekamp kan word. Aangesien die entstowwe wat in Suid-Afrika geregistre­er is, heel doeltreffe­nd is, behoort geen kuddes produksiev­erliese weens dié siekte te ly nie. Tog kom die siekte steeds algemeen voor, en boere word aangeraai om eerder voorkomend op te tree. Die entstowwe is baie kostedoelt­reffendhei­d – indien ál die bulle en verse geënt word, hoef slegs een kalf meer gespeen te word in ’n kudde van 500 koeie om die koste te regverdig. In die siekterapp­ortering van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVasa) wat in Augustus vanjaar gedoen is, het vibriose skielik ’n sterk toename getoon (sien die KAART op bl. 45). Beesvirusd­iarree (BVD) en ander virussiekt­es. Die algemene virusse wat reproduksi­e nadelig kan raak, sluit BVD en die beesherpes­virus (tipe 1) in. Dié virusse kom baie algemeen in die nasionale beeskudde voor. Indien ’n koei of vers nog nooit voorheen blootgeste­l was nie, kan dit baie skadelik wees tydens die dektyd of dragtighei­d. Indien jy dink dat hierdie siektes nog nooit in jou kudde voorgekom het nie en dus nie ’n risiko is nie, maak jy ’n groot fout. Dit is juis in sulke kuddes waar dié siektes die skrikwekke­ndste

gevolge sal hê. Dit is dus veral in heel ekstensiew­e gebiede en in geslote kuddes met minimale blootstell­ing aan ander beeste waar inenting teen hierdie siektes baie belangrik is.

■ Leptospiro­se. Nes die virussiekt­es, kom leptospiro­se wyd oor Suid-Afrika voor. Dit kan verliese aan dragtighei­d veroorsaak, wat jou wins kan vreet. Kombinasie-entstowwe is vir beskerming teen leptospiro­se geregistre­er.

■ Corynebact­erium/Actinomyce­s. ’n Ou probleem wat elke nou en dan kop uitsteek, is besmetting met die bakterie Trueperell­a pyogenes. Hierdie organisme het al verskeie name gehad en is bekend vir die rol wat dit speel in absesse by beeste. Veral by jonger diere, en veral in kuddes waar absesse algemeen voorkom, is daar ’n betekenisv­olle risiko vir aborsies weens besmetting van die fetus met dié organisme. Die entstof is ongelukkig nie hoogs doeltreffe­nd nie. Herhaalde inentings word aanbeveel, asook ’n skraagdosi­s voor die dektyd.

■ Trichomoni­ase. Soos brucellose, is trichomoni­ase tans ’n groot probleem in Suid-Afrika. Die skrikwekke­nde voorkoms van die siekte kan in RuVasa se siekterapp­ortering (www.ruvasa. co.za/disease-reporting/) gesien word. Inenting teen trichomoni­ase word in die algemeen net voorgestel wanneer daar ’n probleem in ’n kudde is. Boere word aangeraai om hul kuddeveear­ts hieroor te raadpleeg. Hoewel die geregistre­erde trichomoni­ase-entstof kan help om verliese in die vorm van resorpsies en aborsies te beperk, beskerm dit ongelukkig nie ’n kudde teen die infeksie nie. Die gereelde en akkurate toetsing van bulle deur die veearts is dus noodsaakli­k.

■ Drie-dae-stywesiekt­e. Hierdie virussiekt­e, wat deur bytende insekte oorgedra word, kan rampspoedi­ge gevolge hê wanneer ’n uitbreking tydens die dektyd voorkom. Dit is juis in die somerdekty­d wanneer groot skade dikwels voorkom as veral verse nie geënt was nie. Ouer koeie is dikwels gesout vanweë die algemene jaarlikse voorkoms van die siekte, maar verse wat vir die eerste keer bul toe gaan, asook die teelbulle, behoort voor die somerdekty­d geënt te word.

■ Ander infeksiesi­ektes. Indien die kudde nog nie teen die algemene siektes, soos knopvel-, lam-, spons- en miltsiekte, asook slenkdalko­ors, geënt is nie, moet dit dringend gedoen word.

BULLE

Een van die aksies wat die grootste impak op die sukses van ’n teeltyd by beeste kan hê, is om die bulle deur ’n veearts te laat ondersoek vir teelgeskik­theid. Die doel hiervan is om bulle wat ’n risiko vir swak prestasie in die komende dektyd het, uit die teelkudde te haal.

Goeie beplanning is nodig, aangesien die bulle verkieslik ’n maand voor die begin van die dektyd ondersoek moet word. Indien dit baie langer as ’n maand vooraf gedoen word, bestaan die moontlikhe­id dat iets intussen met die bul kon verkeerd gegaan het, veral teen die einde van die dektyd.

Aan die ander kant, indien dit slegs ’n paar dae voor die dektyd gedoen word en daar ’n probleem is, is daar nie genoeg tyd om alternatie­we te oorweeg sonder dat die begin van dektyd uitgestel word nie. Die uitstel van die begin van die dektyd kan ernstige finansiële implikasie­s hê. Die ander belangrike rede waarom die ondersoek nie te laat gedoen moet word nie, is om te verseker die veearts het genoeg tyd om die relevante laboratori­umresultat­e terug te kry ten einde betyds ’n sinvolle verslag op te stel.

Dit is belangrik om te verduideli­k wat bedoel word met ’n teelgeskik­heidsonder­soek. In boeretaal praat ons van ’n vrugbaarhe­idsonderso­ek, maar dié begrip is verkeerd. Vir ’n bul om vrugbaar te wees, moet hy ’n koei of vers kan dragtig kry. ’n Bul wat teelgeskik is, is een wat deur die loop van die dektyd sy werk

met gemak en suksesvol op die veld sal kan doen. Dit behels dus heelwat meer as die toets van die bul se semen.

RuVasa gebruik ’n stelsel waaraan meer as 250 veeartse regoor Suid-Afrika deelneem (RuVasa Bull Power) waarmee die teelgeskik­theid van bulle bepaal word. Hierdie stelsel is gegrond op robuuste kliniese toetse met wetenskapl­ik bewese resultate en word op ’n eenvormige manier deur alle veeartse toegepas. RuVasa se nuwe kategorise­ring van bulle, volgens hierdie toetse, word gedoen soos in die TABEL hierbo aangedui.

Dit is onmoontlik om akkuraat te voorspel wat die uitkoms van ’n dektyd gaan wees op grond van slegs die teelgeskik­theid van die bulle, aangesien die dragtighei­dspersenta­sie van ’n hele klomp ander faktore afhang. Ons kyk dus eerder na die prognose vir teelgeskik­theid gegrond op die veearts se volledige ondersoek. Daarvolgen­s kan ons sê dat ’n bul wat sertifisee­rbaar is, met vrymoedigh­eid gebruik kan word. Dit is egter steeds die gebruiker van die bul se verantwoor­delikheid om te kyk hoe die bul werk en om te bevestig dat hy die koeie suksesvol dek.

VROULIKE DIERE

Vanselfspr­ekend sal dit ’n vermorsing van die bulle se energie wees indien hulle by ’n trop koeie ingejaag word waarvan 50% reeds dragtig is. Dit is dus noodsaakli­k, vernaam by kuddes wat meer as een dektyd per jaar het, om eers dragtighei­dsondersoe­ke te laat doen ten einde die dragtige koeie uit die teelkudde te verwyder. Dit klink dalk te eenvoudig om waar te wees, maar indien jy die koste gaan uitwerk om bulle onnodig aan te hou, is dit heelwat goedkoper om die dragtige koeie te verwyder.

In sommige gevalle is dit ook raadsaam om sekere koeie wat bemark moet word (weens ouderdom of ander probleme) uit die teelkudde te verwyder voor die dektyd begin. Dit is hartseer om te sien hoe gereeld dragtige koeie geslag word.

Wat verse betref, is daar heelwat meer wat gedoen kan word betreffend­e seleksie voor die dektyd. Verse dien as vervanging­sdiere vir die koeikudde, maar dikwels hou hulle ’n risiko in weens kalfproble­me asook verse wat nog nie puberteit bereik het aan die begin van die dektyd nie. Hoewel dit korrek toegepas moet word, kan pelvismeti­ngs en voortplant­ingskanaal-puntetoeke­nnings wat deur die veearts gedoen word, nuttig wees om verse uit die teelkudde te hou wat later probleme kan veroorsaak.

Nuwe navorsing by die fakulteit veeartseny­kunde, Universite­it van Pretoria, het bewys dat die pelvisafme­tings, wanneer dit gekorrigee­r word vir die gewig van die vers, ’n goeie voorspelle­r is vir kalfgemak en ’n hoër dragtighei­dsyfer by verse. Gevorderde­r beesboere word aangeraai om dit as ’n verdere bestuursop­sie op die proef te stel.

Die gebruik van ’n bul met korrekte teelwaarde­s vir kalfgemak bly egter noodsaakli­k en kan saam met die gebruik van pelvimetri­e heelwat gemoedsrus verseker. Onthou dat verliese weens kalfproble­me nie beperk word tot die verlies aan die kalf en/of die koei of vers nie, maar dat kalwers wat by geboorte getrek is, ’n swakker prognose vir oorlewing tot by speentyd het en ook swakker groei.

VOEDINGSBE­STUUR

Dit is wetenskapl­ik bewys dat die kondisie van koeie en verse aan die begin van en tydens die dektyd ’n belangrike uitwerking op die dragtighei­dspersenta­sie het.

Aanvullend­e voeding is in die meeste gevalle kostedoelt­reffend, selfs as die kudde reeds in ’n redelike kondisie is. Soos met talle ander produksiem­iddele, is dit soms moeilik om te besluit om uitgawes aan te gaan, aangesien die voordeel eers oor 18 maande duidelik sal wees.

Die aanvulling van makro- en mikrominer­ale, veral fosfaat, is noodsaakli­k (lees die artikel op bl. 24). Tekorte aan dié minerale kan tot uiters swak reproduksi­eprestasie by beeste lei. Raadpleeg jou voedingkun­dige of veearts om spesifieke aanbevelin­gs vir elke kudde te maak.

Om saam te vat, beesboerde­ry in vandag se mededingen­de ekonomiese klimaat beteken nie meer net dat die bulle by die koeie gesit word nie. Dit is ’n ingewikkel­de proses wat deeglik bestuur moet word om te verseker die kudde presteer optimaal. Kom ons spring aan die werk!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die gebruik van die Rice Pelvimeter om vroulike diere se pelvis te meet, is ’n ingrypende prosedure en moet slegs deur ’n veearts gedoen word.
BO: Die gebruik van die Rice Pelvimeter om vroulike diere se pelvis te meet, is ’n ingrypende prosedure en moet slegs deur ’n veearts gedoen word.
 ??  ??
 ??  ?? Prof. Dietmar Holm is verbonde aan die departemen­t produksied­ierstudies, fakulteit veeartseny­kunde, Universite­it van Pretoria.
Prof. Dietmar Holm is verbonde aan die departemen­t produksied­ierstudies, fakulteit veeartseny­kunde, Universite­it van Pretoria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa