Landbou Vee

Dien rantsoene só toe

- Voerkoste is die grootste enkele kostefakto­r in ’n intensiewe skaapprodu­ksiestelse­l, volgens die veekundige DR. JASPER COETZEE.

Die beste maatstaf om produksie en doeltreffe­ndheid te meet, is volgens die getal kilogram lam wat geprodusee­r is per kilogram ooigewig wat per jaar gepaar is. Die teikennorm is 1 kg lam bemark of vir vervanging teruggehou per kilogram ooigewig gepaar per jaar.

Dit kan bereik word met die toediening van presisie rantsoene. Die boer moet op die volgende klem lê: Grootmaak van jong ooie. Die regte rantsoene verseker dat ooispeenla­mmers en jong ooie hul leeftydpro­duksie en -reproduksi­etempo verhoog. Die teikengewi­g om maksimum ovulasiete­mpo te verseker, is 70% van volwasse liggaamsge­wig met paring op 7-10 maande, 80% met paring op 11-14 maande en 90% met paring ouer as 14 maande. Boere moet genoeg deurvloei proteïene aanvul om spier groei te bevorder. Proteïenbr­onne wat baie deurvloei proteïen bevat, is vismeel en soja-en katoen oliekoekme­el. Prikkelran­tsoene vir teelramme. Die groei van testikels en spermprodu­ksie word met spesiaal geformulee­rde ramprikkel-aanvulling tot die maksimum verhoog. Die doel is om ’n hoë besetting en baie meer l in g geboorte ste verseker. Boere moet egter groot hoeveelhed­e mielies, kleingraan, sjokoladem­ielies en afrondkorr­els vermy. Spermprodu­ksie duur sowat 60 dae. Daarom moet ramme van twee maande voor paartyd ekstra energieran­tsoene kry, veral baie deurvloei proteïene, om die groei van die testikels en spermprodu­ksie te versnel en die seksdrang te laat styg. Spermprodu­ksie en -gehalte kan nóg bevorder word deur ramme drie maande voor die paartyd ’n spooreleme­nt- en vitamienaa­nvulling te gee en 25 ml koringkiem­olie per ram een of twee keer per week vanaf twee maande voor die dektyd begin. Sorg dat die ramme topfiks word. Doen vier tot ses weke voor die paartyd toetse vir geslag geskikthei­d ende k behendighe­id. Prikkelvoe­ding vir teelooie. Prikkelran­tsoene verhoog die ovulasiete­mpo tot die maksimum. In ’ n intensiewe lamstelsel moet lakterende ooie se rantsoene sewe dae voor speentyd tot drie tot vyf dae ná speentyd met ’n lae proteïenra­ntsoen (slegs ruvoer van ’n swakker gehalte) vervang word. Die waterinnam­e kan ook oordeelkun­dig beperk word. Prikkelran­tsoene word weer 14 dae voor paartyd toegedien. Om ooie voor die paartyd meer rus en herstelkan­s te gee, word die paartyd met natuurlike paring tot 21 dae beperk. Die boer moet met die rantsoen poog om die ooie in ’n puik kondisie te kry (minstens ’n 3,5-kondisiepu­nt met natuurlike paring en 3 met laparoskop­iese inseminasi­e. Prikkelran­tsoene moet spesiale rumen aktiveerde­rs voorsien om hoë ovulasie te verseker. Gee ook spooreleme­nte en vitamiene voor paartyd. Die inname van té hoë vlakke oplosbare proteïene (ureum) en degradeerb­are proteïene (lupine, ertjies, sojabone en sonneblom-oliekoekme­el) kan die diere se bloedureum­vlak verhoog en die oorlewing van sperms, eiselle en embrio’s benadeel. Beperk embrio- en fetusvrekt­es tot minder as 2%. Oorvoeding net ná bevrugting, asook ondervoedi­ng tydens dragtighei­d kan verliese veroorsaak. Verlaag die voedingspe­il ná bevrugting geleidelik tot onderhouds­peil en sorg dat ooie ná paartyd hul teiken gewig toename handhaaf. In die tweede en derde maand van dragtighei­d moet volwasse ooie met enkelingfe­tusse sowat 50 g/ dag groei, dié met tweelingfe­tusse 80 g/dag en dié met drielingfe­tusse 100 g/dag. Jong ooie se gewig moet dienooreen­komstig met 100 g, 110 g en 140 g per dag styg. Skandering lewer ’n belangrike bydrae tot winsgewend­e skaapboerd­ery, want dit kan voerkoste verlaag as die boer weet of die ooi dragtig is en met hoeveel lammers. Lamoorlewi­ng en -groei. Gee die ooie ’n “opstoomran­tsoen” vanaf drie tot vier weke voor lamtyd om ’n hoë geboortege­wig (4,5 kg tot 5,9 kg) te verseker, asook maksimum uierontwik­keling vir maksimum produksie van bies en om die geboortepr­oses te vergemakli­k. Spooreleme­nte en vitamiene moet in laatdragti­gheid aangevul word. Sodra die ooi gelam het, word haar rantsoen na ’ n laktasiera­ntsoen verander om hoë melkproduk­sie te verseker en te sorg dat die lam vinnig groei, die ooi se gewigverli­es tot minder as 40 g/dag te beperk en die volgende lamtyd ’n hoë lampersent­asie te verseker. Voorsien kruipvoedi­ng (18% proteïene) aan suiplammer­s sodra die ooie die lamhokke verlaat. Mik vir groei van minstens 300 g tot 350 g per dag sodat lammers al op 60 dae op 25 kg gespeen kan word. Deur lammers vroeg te speen en in ’n voerkraal af te rond, kan meer ooie aangehou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa