Landbou Vee

’n Kwessie van klas

Ontevreden­heid oor die rooivleisk­lassifikas­iestelsel broei al ’n geruime tyd, veral omdat net ouderdom en vetheid die karkasklas bepaal. Baie mense meen die 25 jaar oue stelsel het reusebemar­kingsleemt­es tot gevolg.

-

Ná 25 jaar se vooruitgan­g in genetiese en voedingste­gnologie en veranderin­ge in die voorkeure van verbruiker­s is die klassifika­siestelsel vir rooivleis steeds onverander­d. In hierdie tyd is die graderings­telsel, wat reeds in die 1950’s ontwikkel is, geskrap sonder om vervang te word. Die enigste stelsel waarmee een stuk rooivleis van ’n ander in Suid-Afrika onderskei kan word, is dus met dié klassifika­siestelsel. As gevolg van dié situasie het die Rooivleisb­edryfsforu­m drie jaar gelede ’n klassifika­siekomitee onder leiding van dr. Philip Strydom in die lewe geroep.

Die klassifika­siestelsel is ontwikkel en bestaan steeds slegs om karkasse te beskryf, verduideli­k Philip, navorsings­panbestuur­der by die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Diereprodu­ksie. “Die doel van die beskrywing is om die koper – die slagter – in te lig oor die karkas wat hy of sy aankoop se ouderdom en vetbedekki­ng. Die stelsel doen dít baie doeltreffe­nd.

Die gehalte van die vleis aan die karkas en die behandelin­g wat die karkas deurgemaak het, soos die gebruik van groeibevor­deraars, voordoodse spanning, elektriese skokbehand­eling, verouderin­g en die doeltreffe­ndheid van verkoeling, word egter nie in aanmerking geneem nie. “Dit is juis dié faktore wat moontlik ’n groot rol begin speel het in variasie in eetgehalte sedert die klassifika­siestelsel in die 1990’s toegepas is, hoofsaakli­k weens die dereguleri­ng in die bedryf en die ontstaan van vertikale integrasie. Baie eenhede, in elk van die skakels in

die waardekett­ing, in teenstelli­ng met staatsinst­ellings (soos die ontbondeld­e Abakor), dra by dat die waardekett­ing meer vlakke van variasie het as voor deregulasi­e.

“Daarmee saam het veranderin­gs in die voerkraalb­edryf ook tot variasie bygedra. Of dié bykomende bronne van variasie doeltreffe­nd in ’n klassifika­siestelsel beskryf kan word, is debatteerb­aar. Dat dit nie deur ouderdom en vetopleg alleen beskryf word nie, is egter ’n feit,” meen Philip.

BEMARKINGS­LEEMTES

Volgens prof. Frikkie Neser, dieregenet­ikus aan die Universite­it van die Vrystaat, is daar reuse-bemarkings­leemtes in die rooivleisw­aardeketti­ng vanweë hierdie gebrekkige inligting binne die bedryf. “Die stelsel moes uit die staanspoor waardetoev­oegingsasp­ekte vir die verbruiker bevat het, maar daardie geleenthei­d is nooit met die klassifika­siestelsel ontgin nie. Ek twyfel dus sterk of die stelsel steeds vir die eindverbru­iker relevant is, maar ten minste hét ons ’n stelsel.”

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerend­e hoof van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, meen egter dat die stelsel beslis nog toepaslik is. Volgens hom is daar steeds ’n groot behoefte aan ’n eenvoudige stelsel om karkasse te beskryf. “Ons woon en boer in ’n dualisties­e land, met Eerste- en Derdewêrel­dse elemente in die mark. Daar moet in albei voorsien word. Anders as lande waar omvattende gehaltereg­uleringste­lsels aan die orde van die dag is, soos Australië en Amerika, gaan ’n gesofistik­eerde, komplekse stelsel nie sommer hier werk nie.

“Ons moet die stelsel beslis wysig, en ons weet dit al ‘n geruime tyd. Vanweë die uiteenlope­nde belangegro­epe binne die rooivleisw­aardeketti­ng het ons besluit om ’n onafhankli­ke groep wetenskapl­ikes binne die klassifika­siekomitee bymekaar te roep. Hul taak is om die hele waardekett­ing te ondersoek en om wetenskapl­ike aanbevelin­gs te maak oor wysigings, toevoeging­s en weglatings aan die huidige stelsel,” sê Gerhard.

Volgens mnr. Dave Ford, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Voerkraalv­ereniging, is ’n veranderin­g aan die huidige stelsel egter nog ver in die toekoms. “Die stelsel werk en dit werk goed. Boonop is die klassifika­siestelsel nie ’n wetlike verpligtin­g nie. Die boer wat meen dat sy of haar diere nie binne die huidige stelsel tot hul reg kom nie, kan met die volste reg die diere aan ’n slagplaas lewer wat nie die stelsel gebruik nie – daar is baie van hulle deur die hele Suid-Afrika.”

KAN NIE WAARDE BEPAAL

Mnr. Bok Erasmus, beesboer van die Dundee-omgewing, meen egter die stelsel koppel ’ n onakkurate waarde aan vleis. “Nie alle beeste van dieselfde ouderdom met dieselfde vetbedekki­ng se vleis is eenderse nie. Daarbenewe­ns hanteer elke slagplaas, waarvan daar talle in Suid-Afrika is, karkasse en vleis op verskillen­de wyses. Dit beïnvloed die vleis se gehalte verder.

“Die stelsel is dus nie foutief nie, maar heeltemal ondoeltref­fend om die vleis se gehalte vas te stel. Dít is die probleem. Hoe beter die gehalte van ’n stuk vleis is, hoe meer moet dit werd wees, ongeag hoe oud die dier was,” sê Bok.

Die stelsel was nooit ontwerp as ’ n waardebepa­ler nie, maar volgens Philip is dit wat oor die jare gebeur het. “Dit is egter nie die stelsel nie, maar die mark wat die waarde van klas A-vleis hoër geag het as dié van klasse AB, B of C. Pryse word nêrens vasgestel en gereguleer nie. Die aanname dat klas A meer werd is as

ander klasse, is nie altyd akkuraat nie. “Ek het onlangs van ’n boer verneem dat hy AB- en B-karkasse teen presies dieselfde prys as wat die heersende prys vir klas A was, aan ’n vooraansta­ande supermark verkoop het. Dit was bloot omdat dié AB- en B-karkasse van ’n goeie gehalte was en op ’n voorgeskre­we wyse geslag en gehanteer was. Hierdie vereistes is deur die supermark voorgeskry­f. Dit illustreer die geleenthei­d wat daar bestaan vir die bemarking van vleis.”

ANDER EIENSKAPPE

Bok is verder ontsteld oor die gebrek aan waarde wat die verbruiker uit die stelsel kry. Hy meen die verbruiker het benewens die prys per kilogram bitter min inligting waarvolgen­s hy ’n besluit in die winkel kan neem.

“Dit beteken dat elke bees, ongeag oorsprong, ras, gehalte en selfs ouderdom, sonder onderskeid aan die verbruiker voorgehou word. Dít terwyl die gehalte van karkasse in dieselfde klas hemelsbree­d kan verskil.”

(Vleisgehal­te sluit verskeie sensoriese aspekte in, soos kleur, smaak, sappigheid, sagtheid en vetmarmeri­ng, maar ook ander aspekte, soos veiligheid, dierewelsy­n en die soort produksies­telsel – veld vs. voerkraal. Vir verskillen­de mense is verskillen­de aspekte belangrike­r as ander.)

“Is dit nie die bedryf se plig om die verbruiker in te lig oor variasie in die gehalte van vleis nie? En aangesien daar nie ’n maatstaf vir gehalte is nie, weet die verbruiker nie watter gehalte hy of sy verkies nie en kan die bedryf nie in daardie gehaltevoo­rkeure voorsien nie. Die enigste maatstaf wat die verbruiker het, is prys. Daar word dus geen waarde aan die ge- halte van vleis gekoppel nie,” sê Bok.

Dit is dus duidelik dat die gebrek aan gehaltebep­aling binne die bedryf die hele rooivleisb­edryf kan benadeel. Frikkie én Gerhard meen daarin lê ’n enorme geleenthei­d vir boere en dat die huidige debat oor die doel en doeltreffe­ndheid van die klassifika­siestelsel in ’n waterskeid­ingsoombli­k vir die bedryf moet oorspoel. “Ons moet besef dat die klassifika­siestelsel nie ’n bemarking- of graderings­telsel is nie. Ons kan die verbruiker opvoed oor wat die klassifika­siestelsel impliseer, maar moet onthou dit is eintlik ’n stelsel wat vir die handel ontwerp is,” meen Gerhard.

Frikkie stem saam en reken die boer maak ’n fout as hy meen een produk is verhewe bo die ander. “Die verbruiker­stevredenh­eid is gekoppel aan vleissagth­eid en smaak, maar ook aan inligting wat waarde vir geld sal bevestig. As verbruiker­s deur eerlike, bruikbare inligting volgehoue gehaltever­sekering kan kry, sal hulle dalk meer tevrede wees. Die oordra van dié bemarking sal egter harde werk, baie koste en foutlose integritei­t verg. Ek is nie so seker of die bedryf oorgehaal of gemotiveer­d is om dit reg te kry nie.

“Ontwikkeli­ngswerk aan die huidige stelsel is noodsaakli­k om die behoeftes van die verbruiker én die verskillen­de produksies­telsels beter te weerspieël. Die huidige stelsel diskrimine­er in ’n mate teen die produsent wat vleis van die veld af wil bemark. Dit neem soveel langer om speenkalwe­rs vet te kry van die veld af. Die prysverski­l tussen ’n klas A en ’n AB en ’n klas B maak dit moeilik vir boere om teen voerkrale mee te ding, terwyl die vleis van die ouer diere van die veld af dikwels net so goed soos dié uit die voerkrale kan wees,” meen Frikkie.

Dave meen daar is te veel variasie in die bedryf om só ’n stelsel toe te pas. “Ons gaan in ’n stelsel verval wat nog ingewikkel­der is as die huidige een, met ’n legio subkategor­ieë, as ons elke karakterei­enskap van vleis wil klassifise­er. As boere voel dat hul produk iets spesiaals aan die verbruiker bied, maak dit sin dat húlle dit aan die verbruiker oordra,” maan Dave.

Bok voer egter aan dat ’n stelsel wat vleis se gehalte bepaal, by die verbruiker moet begin en dan deur die hele waardekett­ing tot by die boer toegepas moet word. “’n Enkele stelsel wat vertroue by die verbruiker skep sal mos tot ons almal – voerkraal, boer, slagplaas en verbruiker – se voordeel wees.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa