Landbou Vee

Medewerker­s

-

DR. VLOK FERREIRA (bl. 24) is die nasionale tegniese bestuurder vir herkouers by die veevoermaa­tskappy RCL Foods se dierevoer-afdeling, wat Molatek-produkte verkoop. PROF. HENNIE SNYMAN (bl. 26) is ’n weidingsku­ndige verbonde aan die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de, Universite­it van die Vrystaat. Hy is onder meer bekend vir sy navorsing oor die bestryding van slangbos.

DR. DIETMAR HOLM (bl. 44) is verbonde aan die departemen­t produksied­ierstudies, fakulteit veeartseny­kunde, Universite­it van Pretoria, en is ook voorsitter van die Herkouer-veterinêre Vereniging van

Suid-Afrika. HENDRIK VAN PLETZEN (bl. 77) is tegniese bestuurder by Voermol Voere. Hy het al verskeie eerbewyse vir sy werk ontvang, onder meer van Landbouskr­ywers SA. GERRIT VAN ZYL (bl. 42, 47) van Dewetsdorp is die eienaar van die HanzylBons­marastoete­ry en is ’n gereelde rubriekskr­ywer vir Landbouwee­kblad. Hy word as een van die land se topbeesboe­re beskou en is al verskeie kere vereer. DR. JOHANN BREYTENBAC­H

(bl. 54) is sedert 2011 eenheidsbe­stuurder van die herkoueraf­deling van MSD Animal Health nadat hy voorheen in verskeie hoedanighe­de vir Intervet gewerk het. Hy het ’n graad in veeartseny­kunde aan die Universite­it van Pretoria verwerf. DR. BALTUS ERASMUS (bl. 56) was hoof van Onderstepo­ort Biologiese Produkte. Dié viroloog is betrokke by die maatskappy Deltamune en boer deesdae by Heidelberg, Wes-Kaap, met onder meer turksvye en avo’s.

DR. MICHAEL BRADFIELD (bl. 60) is ’n bekende in veekundige kringe, onder meer as hoof van Breedplan SA, maar skryf in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Hy lewer gereeld bydraes en rubrieke in

Landbouwee­kblad.

PROF. JOHAN WILLEMSE (bl. 94), is ’n bekende landboueko­noom en rubriekskr­ywer, ook vir

Landbouwee­kblad, wat verbonde is aan die Universite­it van die Vrystaat se departemen­t landbou-ekonomie.

DR. WILLIE HARRIS (bl. 50) is ’n private veearts van Upington. Hy werk egter hoofsaakli­k met produksied­iere in ’n wye gebied in die Noord-Kaap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa