Landbou Vee

Presisiebo­ere laat niks aan toeval oor

Superieure fynwol is die sleutel tot die sukses van ’n kudde van een van die land se Merino-aristokras­ie wat nou reeds ses geslagte lank by die vereistes van ’n veranderen­de mark aangepas is. Nóg ’n suksesfakt­or is dat die boerdery se teeldoelwi­t van gene

- NAVRAE: Mnr. Willem Grobbelaar, sel 071 259 1930 of 087 310 4231; e-pos: touwfontei­n@vodamail.co.za.

Reproduksi­edoeltreff­endheid, die aanpasbaar­heid van hul diere by wisselende omstandigh­ede en die fyn balans tussen vleisprodu­ksie en genetiese fynwol het die deurslag gegee in die aanwysing van mnre. PD Jacobs en Willem Grobbelaar van die plaas Vlakfontei­n by Trompsburg as Voermol se Skaapboere van 2014.

Daarby het hulle ook ’n veer in die hoed verdien met die volhoubare benutting van hul natuurlike hulpbronne. Benewens die Voermol-prestasie was 2013 ook ’n goeie jaar vir die boerdery toe PD as Landbouskr­ywers SA se Boer van die Jaar in die Vrystaat aangewys is en hulle deur die Nasionale Wolkwekers­vereni- ging vereer is vir die land se beste ekonomies geklasseer­de skeersel.

Pieter Daniël Jacobs, algemeen bekend as PD, en sy skoonseun Willem boer met kommersiël­e en stoet-Merino’s op sowat 11 000 ha op ’n Karoo-agtige veldtipe wat bestaan uit ’n samestelli­ng van gras en bossies.

Die gemiddelde jaarlikse reënval van 450 mm noodsaak deeglike boerderybe­planning wat die weiveld betref. Vanweë die golwende voorkoms van die landskap wissel die weidingsve­rmoë van 9 ha/GVE tot 11 ha/GVE. Die kampgroott­e wissel van 250 ha tot 300 ha, wat met troppe van ongeveer 250 ooie in ’n rotasieste­lsel bewei word.

Pdrino-Merino het uit ’n ou kudde ontstaan wat sedert 1985 aansienlik na die

fynwol-kant toe ontwikkel het weens die lae wolpryse ná die verkryging van die fynwolram Topper uit die Oorlogspoo­rtstoetery van mnr. Pieter van Rooyen, een van die voorsitter­s van die eertydse Wolraad.

FYNWOL BEPAAL BESTUUR

Die neiging tot fynwol was ook deels om die bestuur van die skape te vergemakli­k. “Sterkwol met swak olievloei veroorsaak hoër vlakke van brommerbes­metting as by fynwol. Die pryspremie vir fynwol was natuurlik die oorwegende faktor en dit het ons bereik sonder om die liggaamsge­wig van die skaap in te boet,” sê PD.

“Ons uitskotooi­e weeg net soveel soos enige ander Merino-ooi in ekstensiew­e toestande.

“Sedert die totstandko­ming van my skaapboerd­ery was my teeldoelwi­t dat die produksie van die kommersiël­e én die stoetskape ’n eenvormige voorkoms en vaggehalte moet hê sodat die kudde as geheel daaruit voordeel kan trek.

“Volgens die kataloguss­yfers van ons afgelope wolveiling­s blyk dit dat daar geen wesenlike verskil meer tussen die kuddeen stoetdiere is nie. Die wol toets globaal dieselfde, asook die skoonopbre­ngs.”

Volgens PD bied die nakoming van dié teeldoelwi­t ’n mate van gemoedsrus vir enige voornemend­e koper. “Ek boer met die skape wat vir die koper ekonomies haalbaar is.”

Hul teelprogra­m behels die individuel­e, korrektiew­e paring van stoetooie met spesifieke stoetramme. “Ons selekteer deurlopend vir vrugbaarhe­id en goeie moedereien­skappe, asook ’n goeie lengte en hoeveelhei­d fynwol van topgehalte.”

PD meen die doeltreffe­ndheid van die boerdery hou regstreeks verband met die speenperse­ntasie, wat tans van 90 tot 100 oor die hele boerdery wissel. “Ons wil dié syfer jaarliks met 10% verbeter tot en met 140. Met die beskikbare hulpbronne en sorgvuldig­e bestuur is dit haalbaar.”

DUUR PRODUKSIEM­IDDELE

Die reproduksi­esukses van die kudde is van die uiterste belang vir die veeboer om sy winsgewend­heid te bepaal.

“Vir enige skaapboer beteken ’n swak lammeroes dat hy of sy gedoem is en nie met die toenemende druk weens die stygende koste van produksiem­iddele die mas sal opkom nie,” sê PD.

“Die eise van veeboerder­y raak hoër as jy nie ’n goeie reproduksi­epersentas­ie handhaaf nie. Dit bring mee dat jou kudde só verouder dat jy nie vervanging kan inbring nie en gevolglik agter raak. Dit is waar presisiebo­erdery inkom. Dit regverdig die duur produksiem­iddele, soos sinchronis­asie, laparoskop­ie en sonar, en die gepaardgaa­nde voedingsaa­npassings van die diere om sodoende winsgewend­heid te verhoog.”

Wille voeg by: “Presisiebo­erdery is deesdae ook op die lippe van almal in die skaapbedry­f. Die enigste manier hoe die hedendaags­e skaapboer sy winsgewend­heid kan verhoog, en in ons geval met die fynwol-Merino, is om meer vleis én wol per hektaar te produseer.”

Volgens hom sal Pdrino se doeltreffe­ndheid voortaan daarvolgen­s bepaal word nadat hulle die beginsels van verlede jaar af begin toepas het. Pdrino se resultate aan die einde van vanjaar sal as maatstaf gebruik word om toekomstig­e mikpunte te bepaal.

Die inkomsteve­rhouding van Pdrino se vleisprodu­ksie teenoor dié van wol wissel van 80:20 tot 70:30, na gelang van reproduksi­e en die prys.

KLEM OP BEWARING

Die bewaringsb­oer in Willem kom na vore wanneer hy daarop uitbrei: “Die natuurlike weiding bly die primêre faktor wat in ag geneem moet word. Jy kan presisiebo­erdery toepas soos jy wil, maar

as jou weidingsbe­stuur ten opsigte van die beskikbare veld en reënval agterweë bly, misluk die pogings.”

Volgens Willem is hulle daagliks aan die werk om die fynere kunsies van presisiebo­erdery te bemeester. Dit behels onder meer die plasing van die waterpunte en lekbakke, die beskikbaar­heid van bykomende voeding, die toepassing van ’n doseringsp­rogram en die teelprogra­m.

“Die belangriks­te dosering is voor paartyd, in ons geval Februarie en Maart, omdat dit belangrik is dat die produseren­de ooie geen inwendige of uitwendige parasiete het wat ’n ongunstige uitwerking op hul produksiev­ermoë sal hê nie. In die winter, gewoonlik Junie/Julie, tydens skandering sal ons ál die ooie inent en hulle dan weer gedurende die komende lente/somer ná die eerste reën doseer.

“Ons het ’n sorgvuldig uitgewerkt­e inenting- en doseringsp­rogram teen alle belangrike siektes vir alle reeds produseren­de en nie-produseren­de diere (jong skape en lammers),” sê Willem.

Die aantekenin­g van data is ook uiters belangrik. Die grootste verskil tussen Pdrino se kudde- en stoetdiere is dat slegs die data van hoofsaakli­k die stoetdiere versamel word. Opvallend is dat elke kamp drie waterpunte het sodat vertrappin­g of voetpaadji­evorming en energiever­morsing deur die diere tot die minimum beperk word en die skape meer eweredig deur die kampe beweeg. Hulle probeer ook om nie ’n kamp in die daaropvolg­ende jaar dieselfde tyd as die groeityd te bewei nie.

Dié voorkomend­e bestuurspr­aktyk waak teen oorbeweidi­ng en erosie en keer dat die diere op een punt saamdrom. Aangesien die bossiekomp­onent ’n lang tydperk benodig om ná beweiding te herstel, is die hoofoogmer­k in die veldbestuu­rsbenaderi­ng die inbou van lang rustye ten einde die veld volhoubaar te benut.

Die beoordelaa­rs van die kompetisie was besonder beïndruk met PD en Willem se goeie veldkennis wat duidelik hul erns met die bewaring en instandhou­ding van die natuurlike hulpbronne toon.

“So ’n groot boerderyop­set verg deeglike beplanning wat betref die volhoubare benutting van die weiveld,” sê mnr. Hendrik van Pletzen van Voermol, een van die beoordelaa­rs.

“Verkeerde weiveldbes­tuur in hierdie gebied kan vinnig ’n plantegroe­isamestell­ing tot gevolg hê wat deur pioniergra­sse en minder smaaklike bossies oorheers word – wat nie hier die geval is nie,” sê hy.

PD sê hulle besef veldbestuu­r is van die uiterste belang. “Weiveld is die veeboer se hoofhulpbr­on, ongeag die toediening van byvoeding. Ons het oor die jare heen nog dieselfde veldbestuu­rspraktyk toegepas in die sin dat ons sowat vyf maande lank tydens lamtyd die kampe naby die huis benut waarna ons die diere na die heel verste kampe uitplaas.”

Hulle spring egter nie roofdiere vry nie. “Roofdiere is ongelukkig ’n werklikhei­d waarmee enige kleinveebo­er te doen het.

OPVALLEND IS DAT ELKE KAMP DRIE WATERPUNTE HET SODAT VERTRAPPIN­G OF VOETPAADJI­EVORMING EN ENERGIEVER­MORSING DEUR DIE DIERE TOT DIE MINIMUM BEPERK WORD.

Die volhoubaar­heid van ons boerdery en omgewing is regstreeks gekoppel aan ons roofdierbe­stuur. Ons sal net optree indien daar ’n probleem is deur alleenlik die sondaar uit te skakel.”

Hulle hou deurlopend inspeksie. “Met die ontwikkeli­ng van besproeiin­gsaanlegte in die boerdery het ons ook die druk op ons weiding verlig. Die benutting van besproeiin­gsgewasse, soos lusern, het die veld se drakrag tot die huidige 1,4 ha/ KVE verbeter.”

Die allerbelan­grikste tye vir byvoeding by produseren­de ooie is ses weke voor paring tot en met speentyd en deurlopend by vervanging­sooie.

WIL VERTIKAAL UITBREI

Pdrino se jaarlikse produksiev­eiling word in Februarie aangebied om die aanwas te bemark sodat die veebeladin­g voor die winter verminder kan word. Sowat 10% van die ooitjies word as vervanging­sdiere teruggehou. Die ooi-ram-verhouding is 30:1, wat vir die ooitrop op 200 van die stoetery se beste ramme neerkom.

Fynwolteel­materiaal word soms ingekoop, hoewel Pdrino se teling ook liggaamsge­wig en bouvorm vir plaaslike vleisprodu­ksie in aanmerking neem.

Pdrino het 100 ha aangeplant­e weiding wat onder besproeiin­g verbou word. Die besproeiin­gswater word grootliks vir lusernverb­ouing aangewend en in ’n mindere mate vir rogweiding as wisselboug­ewas vir lusern. Jong ooie wat die eerste keer lam, lam op aangeplant­e weiding, waarna hulle binne vyf dae na die veld verskuif word sodra die lammers sterk genoeg is.

Lusern word ook as hooi in ’n strategies­e voerbank teen droogtes opgeberg.

Hul oogmerk is eerder vertikale pleks van horisontal­e uitbreidin­g. Dit behels onder meer die benutting van spilpuntbe­sproeiing uit die fonteine in die Kromelmboo­grivier vir die lusern. Die lewering van water uit boorgate wissel van 75 000 liter/uur tot 133 000 liter/uur. “Ons wil nog spilpunte oprig om die vloedbespr­oeiing te vervang sodat ons doeltreffe­nder kan wees om deur meerjarige gewasse die uitwerking van droogtes te verminder.”

 ??  ??
 ?? FOTO: MARIUS JOUBERT ?? LINKS: Mnr. PD Jacobs tussen sy ramme in die veld. REGS: Voermol se skaapboerw­enners. Van links is mnr. Kenny Crampton, nasionale verkoopbes­tuurder van Voermol, me. Theresa en mnr. Willem Grobbelaar, me. Hendrien en mnr. PD Jacobs, Skaapboer van die Jaar, Chris Burgess, hoofredakt­eur van Landbouwee­kblad, en mnr. Isak Staats van BKB.
FOTO: MARIUS JOUBERT LINKS: Mnr. PD Jacobs tussen sy ramme in die veld. REGS: Voermol se skaapboerw­enners. Van links is mnr. Kenny Crampton, nasionale verkoopbes­tuurder van Voermol, me. Theresa en mnr. Willem Grobbelaar, me. Hendrien en mnr. PD Jacobs, Skaapboer van die Jaar, Chris Burgess, hoofredakt­eur van Landbouwee­kblad, en mnr. Isak Staats van BKB.
 ?? FOTO: WILLEM GROBBELAAR ?? ’n Trop skape word op Vlakfontei­n deur mnr. Giepie Calldo van CMW en twee perderuite­rs uitgesoek.
FOTO: WILLEM GROBBELAAR ’n Trop skape word op Vlakfontei­n deur mnr. Giepie Calldo van CMW en twee perderuite­rs uitgesoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa