Landbou Vee

AUSTRALIES­E STELSEL VAT DIE RAAIWERK WEG

-

Meat Standards Australia (MSA) is ’n eetgehalte­projek wat deur Meat and Livestock Australia Limited (MLA) ontwikkel is. Die MLA bestaan uit sowat 47 500 veeboere met belange in die ondernemin­g. Die meeste van die MLA se finansieri­ng kom van transaksie­heffings op die verkope van lewende hawe. Die Australies­e regering dra net soveel by as wat die MLA uit die transaksie­heffings in navorsing en ontwikkeli­ng belê.

Die MSA-graderings­tandaarde is reeds 15 jaar gelede ontwikkel deur 100 000 verbruiker­s aan 700 000 bees- en skaapvleis­monsters te laat proe en dit dan te beoordeel.

Die stelsel beoog om vir die verbruiker die raaiwerk uit die koop en gaarmaak van rooivleis uit die weg te ruim. Die stelsel oudit en akkreditee­r alle belanghebb­endes in die rooivleisw­aardeketti­ng en koppel hul handelsmer­k aan alle produkte wat in die proses goedgekeur is. ’n Wye reeks produksiem­etodes, verwerking­spraktyke, snitte, verouderin­gstydperke en gaarmaakme­todes vir bees en skaap is nagevors om die invloed daarvan op die eetgehalte van die vleis te bepaal.

Alle MSA-gegradeerd­e beesvleis word ondersoek en gegradeer ongeveer 24 uur ná ’n dier geslag is. Die eetgehalte­gradering van beesvleis deur die MSA word afgelei van faktore wat onder meer ouderdom, hangmetode, hormoon-groeibevor­deraars, beenverhar­ding, marmering, vet op die ribbes, vleis-pH en temperatuu­r insluit. Die gradering word dan as ’n syfer tussen 0 en 8 uitgedruk, waar 0 op ’n uitstekend­e eetgehalte dui en dit so op die verpakking van die vleis aangedui word. ’n Aanbevole verouderin­gstydperk en die ideale gaarmaakme­tode word ook op die verpakking aangedui.

Die stelsel word deurgaans hersien en bemark. Die MSA het byvoorbeel­d reeds drie selfoontoe­passings ontwikkel om verbruiker­s te help met die koop en gaarmaak van die perfekte stuk vleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa