Landbou Vee

WINS PER KILOGRAM

-

Die ander belangrike maatstaf is die wins per kg wat jy produseer. Daarmee kan jy realisties bepaal wat ’n gebied se potensiaal is. Die uitdaging is om die potensiaal met die grootste winsmarge te bereik. Jy kan ook die invloed van bestuursaa­npassings meet na gelang van die uitwerking wat dit op die GPI het (sien TABEL 3 ).

Dit werk byna soos ’n gholfvoorg­ee. As ’n boer by Karasburg in Namibië 7,5 kg vleis per ha produseer, is hy net so doeltreffe­nd soos ’n beesboer van Mooirivier in KwaZulu-Natal wat 225 kg/ha produseer. Dit is net die drakrag wat verskil.

Ek het nog min mense teëgekom wat hierdie konsep gebruik en beter as sowat 50% vaar. Ekself was by 39%, maar is gelukkig nou by 106%.

Hoe vaar jy? Is jy beter of swakker? As jy swakker is, weet jy waar die foute lê? As jy beter vaar, gaan kyk wat maak die verskil en probeer selfs nóg beter doen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ?? NAVRAE: Mnr. Gerrit van Zyl, e-pos: gerritvanz­yl @mweb.co.za. ??
NAVRAE: Mnr. Gerrit van Zyl, e-pos: gerritvanz­yl @mweb.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa