Landbou Vee

VOORDELE

-

Intensiewe lamstelsel­s bied talle voorbeelde, volgens die boere met wie

Landbou Vee gesels het. Dit sluit in:

’n Mens het min grond nodig. Jy kan fyn beplan en vooraf weet wat jou uitgawes en inkomste gaan wees. ’n Agtmaande-lamstelsel en ’n hoër lam- en speenperse­ntasie beteken die boer kan meer wins maak, veral as hy nog waardetoev­oeging ook doen. Droogtes het nie so ’n groot uitwerking op die voervloeip­rogram soos by ekstensiew­e boerderye nie. Verliese weens roofdiere en diefstal is minimaal. Siektes word tot die minimum beperk deur goeie higiëne te handhaaf. Hoewel sulke stelsels bestuursin­tensief is, is min werkers nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa