Landbou Vee

HOE GEMAAK SONDER ENTSTOF?

-

Weens probleme by Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) is daar steeds ’n tekort aan verskeie entstowwe, waaronder dié teen bloutong. Wat staan skaapboere voor die dektyd te doen as daar nie entstof beskikbaar is nie?

Dr. Baltus Erasmus, viroloog, sê daar is nie werklik doeltreffe­nde alternatie­we vir inenting nie. Maatreëls moet getref word teen die muggies wat die siekte aan skape oordra. Dié insekte is meer volop in laag geleë, nat dele, soos vleie. Skape moet dus tydens die bloutongty­d liefs op hoër geleë dele van die plaas gehou word, indien prakties moontlik.

Culicoides imicola, die belangriks­te oordraer van die bloutongvi­rus in SuidAfrika, verkies om op beeste te voed. As skape snags in ’n kraal gehou word, kan ’n paar jong kalwers of ouer beeste in ’n kampie reg langs die skape gehou word.

Ander maatreëls, soos die gebruik van insekweren­de of -dodende middels, is nie regtig doeltreffe­nd nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa