Landbou Vee

MNR. WILLEM GROBBELAAR

-

WAT WAS DIE BESTE BOERDERYBE­SLUIT WAT JY GENEEM HET?

Om topgehalte fynwol vir ’n groeiende, eksklusiew­e mark te produseer.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY IN JOU BOERDERY GEMAAK HET?

Om te belê in vertakking­s buite die boerdery waarvan jy niks weet en waaroor jy geen beheer het nie.

WAT IS DIE GROOTSTE GELEENTHED­E IN JOU BOERDERY?

Die huidige wêreldwye neiging tot ’n groener leefwyse, met die gepaardgaa­nde nuwe markte vir fynwolprod­ukte, is ’n gulde geleenthei­d.

WATTER TEGNOLOGIE IS ONONTBEERL­IK?

RFID Experts Africa se elektronie­se oorplaatji­es en skaal vir kleinvee vergemakli­k dataverkry­ging en -verwerking vir die stoetery aansienlik. Die BenguFarm Sheep&Goat-sagteware help ook met die bestuur van die stoetery, die verwerking van data en die volledige byhou van inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa