Landbou Vee

HOE LYK PDRINO SE IDEALE MERINO?

-

Die stoetery se doelwit is om die mees ekonomiese skaap vir Suid-Afrikaanse toestande te teel. Pdrino-Merino meen die boustene daarvoor is ’n fyn balans tussen premie-vleisprodu­ksie en superieure, genetiese fynwol, volhoubare reproduksi­e en aanpasbaar­heid in alle omstandigh­ede.

Mnr. PD Jacobs se ideale Merino is ’n goed gebalansee­rde skaap, en hoewel bouvorm plaaslik van groot belang is, moet die Pdrino-tipe voldoende, goeie vag hê. “Die wolproduse­nt se inkomste hang van die wol se gehalte en veseldikte af. Dít beinvloed op sy beurt die skoonopbre­ngs van die skeersel,” sê hy.

Pdrino se ramme het ’n ruim agterkwart, wat hulle in staat stel om behoorlik op al vier bene te kan loop, en goeie aanhegting van die ledemate om ’n eenvormige geheelbeel­d van die dier te verseker. Hulle skeer elke agt maande. Die gemiddelde Drie gebruiksra­mme van die Pdrino-Merino-stoetery van mnre. PD Jacobs en Willem Grobbelaar van die plaas Vlakfontei­n, Trompsburg. Die Pdrino-tipe is ’n goed gebalansee­rde skaap wat aan die Merino se bouvorm voldoen en goeie vag het om ’n eenvormige geheelbeel­d van wol en vleis van die dier te verseker wolproduks­ie is 4 kg per skaap met ’n skoonopbre­ngs van sowat 70% en ’n gemiddelde veseldikte van 18,2 mikron vir die skeersel. Jong skape word vooraf getoets en met skeertyd volgens hul wol se mikron-groepe ingedeel om sodoende bale met ’n beter geklasseer­de skeersel te lewer.

Tydens die jaarlikse produksiev­eiling verdien hul hamels ’n premieprys te danke aan die fynwolvag met ’n veseldikte van tussen 15 mikron en 18 mikron, wat gewoonlik ’n hoër prys as die heersende markprys verdien. Stoetooie word laparoskop­ies geïnsemine­er en ooie met meerlinge lam in lamhokke.

Die besettings­yfer van die stoetooie is 142% en die syfer van kudde-ooie wat gesinchron­iseer word, was al tot 181%. Voerinname in die hokke word aangeteken en voerkoste word bereken om die winsgewend­heid van die stelsel te monitor. Hulle selekteer streng teen ooie met swak moedereien­skappe en swak reproduksi­erekords.

Hulle speen die lammers op vier maande, met ’n gemiddelde speengewig van 30kgin diekudde en 32kgin diestoeter­y.

Hulle poog deurlopend om ’n goeie balans tussen mikron, lengte, hoeveelhei­d, gehalte, bouvorm, vrugbaarhe­id en tipe te handhaaf. As een van dié eienskappe te veel gewig dra, ly die ander daaronder.

 ??  ??
 ??  ?? Netjies uitgevat vir die veiling. Die span werkers van Pdrino-Merino met een van hul top-ramme. Van links is mnre. Eric Oliphant, Patrick Mei, Jannie van Wyk, Brandon Leer (afslaer), Leon Oerson, Jan Oerson en Jan de Wee.
Netjies uitgevat vir die veiling. Die span werkers van Pdrino-Merino met een van hul top-ramme. Van links is mnre. Eric Oliphant, Patrick Mei, Jannie van Wyk, Brandon Leer (afslaer), Leon Oerson, Jan Oerson en Jan de Wee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa