Landbou Vee

BESTUURSTR­UKTUUR VAN ’N FAMILIE BOERDERY

-

Die Spekboombe­rg-boerdery word as ’n trust bestuur. Die trustees hou elke Maandag ’n vergaderin­g om die week se werksaamhe­de te bespreek.

Elke seun het ’n spesifieke afdeling waarvoor hy verantwoor­delik is, naamlik die saaiboerde­ry, melkery, die skape en die vleisbeest­e. Trustees ontvang ’n gelyke salaris. Die boekhoudin­g van die trust word deur mev. Sanria Jordaan behartig. Die skoondogte­rs is nie deel van die trust nie.

Meningsver­skille word tydens die weeklikse vergaderin­g opgeklaar.

ál meer boere wat die waarde daarin sien om ’n groter hoeveelhei­d lammers van topramme in ’n korter tyd te kry. Daar is ook kommersiël­e boere wat deesdae hul ooie laparoskop­ies insemineer. Goeie teelramme kan met behulp van laparoskop­ie ’n groter impak en vordering in ’n stoetery of kudde teweegbrin­g as wat voorheen moontlik was.”

Volgens hom het Ramsem al tot 2 300 kommersiël­e ooie met een top-Dohneram geïnsemine­er. “Die boer moet egter vooraf seker maak dat so ’n ram wel goed teel en inligting, soos prestasiet­oetsing, gebruik. Met natuurlike paring sou gemiddeld slegs 80 ooie gedurende ’n jaar met een ram beset kon word. Dit beteken dat ’n boer wat laparoskop­ie toepas, kan bekostig om meer vir ’n topram te betaal.”

Volgens Fanie stel die tegniek en verdunning­smiddels wat hulle gebruik, ’n boer in staat om tussen 50 en 100 ooie per ejakulaat laparoskop­ies te insemineer. Hulle kon egter ook al tot 500 ooie op ’n dag met ’n enkele ram se vars saad insemineer. Die gebruik van vars saad is deesdae baie gewilder as toe laparoskop­ie die eerste keer in die land toegepas is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa