Landbou Vee

RAMSEM: KI-EN-EMBRIOSENT­RUM

-

Ramsem is in 1985 gestig met Taurus en BKB as aandeelhou­ers.

In 1992 het dr. Johan Steyn die beherende aandeel verkry en in 1997 die sentrum na Roodewal by Bloemfonte­in verskuif. Sy seuns, FanieenTho­mas, hetnáhulst­udies aan Onderstepo­ort by die ondernemin­g aangesluit.

Die diens wat hulle verskaf, sluit onder meer die bevriesing en bemarking van ramsemen, laparoskop­iese inseminasi­e en embriospoe­ling, -bevriesing, -oorplasing en -uitvoer in. Hulle bied ook KI-kursusse aan en verskaf sinchronis­asiemiddel­seninstrum­entevirdie­KIvanklein­vee.

Met Ramsem se semenverwe­rkingsmasj­iene word vars getapte semen by 5 °C outomaties in gedrukte strooitjie­s opge- Die eienaars van Ramsem is, van links, drr. Thomas, Johan en Fanie Steyn van Bloemfonte­in. suig en verseël. Die semen word daarna in ’n gevorderde bevriesing­smasjien met behulp van ’n bepaalde rekenaarku­rwe gevries. Op elke strooitjie is inligting oor die identiteit van die ram, soos die naam en ras, asook die datum waarop die semen getap is en die naam van die stasie waar dit bevries is.

Bevrore semen word in vloeibare stikstof in spesiale termokanne teen -196 °C bewaar. Waar die afkoelvlak­ke van die stikstof konstant gehandhaaf word, is goeie resultate behaal met semen wat langer as 30 jaar opgeberg was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa