Landbou Vee

MNR. PHILIP BARNARD

-

WAT IS DIE BESTE BESLUIT WAT JY AL IN JOU BOERDERY GENEEM HET?

Om ’n jaarlikse veiling van elke dragtige, sesjarige stoetkoei en tweejarige bul op die plaas aan te bied.

WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AL GEKRY HET?

Hou jou skuldvlakk­e laag.

WAT IS DIE GROOTSTE FOUT WAT JY GEMAAK HET?

Ek het eenkeer vergeet om die saagsels voor ’n veiling nat te maak, wat gelei het tot ’n lelike ontploffin­g van stof toe die groot groepe verse inkom.

WIE WAS JOU MENTOR?

My vennoot in die Amerikaans­e Mequatling-kudde, mnr. Glen Klippenste­in. Benewens sy loopbaan as Republikei­nse politikus was hy ’n leier op die gebied van veekunde wat met die vestiging van die GlenKirk-landgoed beeste, semen en embrio’s oor die wêreld heen verkoop het.

WAT IS JOU GROOTSTE GELEENTHED­E IN DIE BOERDERY?

Waardetoev­oeging in die bedryf. Die Mequatling-stoetery is tans een van die grootste verskaffer­s aan die SA Angusgenoo­tskap se veldtog van handelsmer­kbemarking. Pick n Pay verkoop tans Certified Angus Beef, die suksesvols­te gesertifis­eerde handelsmer­k vir beesvleis in Suid-Afrika.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa