Be­han­del vroeg­ty­dig om di­ar­ree-vrek­tes te keer

Dui­sen­de vrek­tes on­der kal­wers en lam­mers het on­langs weens krip­to­spo­ri­di­o­se en E. co­li in ver­al die Oos-Vry­staat plaas­ge­vind. Met die so­mer op pad, ver­tel dr. Lie­zel Was­ser­man, vee­arts van Clo­co­lan, hoe om di­ar­ree by dié die­re te ta­kel.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Dr. Lie­zel Was­ser­mann, tel. 051 943 0436.

Krip­to­spo­ri­di­o­se word ver­oor­saak deur ’n pro­to­soa van die ge­nus Cryp­to­spo­ri­di­um en is ge­woon­lik ’n on­op­sig­te­li­ke in­fek­sie by ’n groot ver­skei­den­heid die­re, vis­se, rep­tie­le en men­se. Cryp­to­spo­ri­di­um spp. is klei­ner as kok­si­dia en vol­tooi hul le­wen­si­klus in die derm­ka­naal se e­pi­teel­sel­le. By jong die­re word die le­wen­si­kus in drie tot vier dae vol­tooi. Dit is kor­ter as dié van kok­si­dia.

K­li­nie­se ge­val­le kan ook voor­kom na­dat die or­ga­nis­me let­sels in die derm­ka­naal ver­oor­saak het, met ge­volg­li­ke di­ar­ree. Die vrek­te­sy­fer is ver­al hoog by pas­ge­bo­re die­re en die­re waar­van die im­muun­stel­sel on­der­druk is.

BE­HAN­DE­LING

Dr. Lie­zel Was­ser­man, vee­arts ver­bon­de aan die Clo­co­lan-die­re­kli­niek, sê die bes­te raad teen krip­to­spo­ri­di­o­se is om te ver­se­ker dat die die­re in die kud­de se im­muun­stel­sel sterk ge­noeg is om weer­stand teen Cryp­to­spo­ri­di­um te bied.

“Die­re moet ge­reeld mi­ne­raal- en vi­ta­mien­aan­vul­lings kry. Se­leen speel ook ’n be­lang­ri­ke rol.”

Sy sê die be­kend­ste simp­toom van krip­to­spo­ri­di­o­se is lam­mers en kal­fies van on­ge­veer een tot drie we­ke oud met wa­te­ri­ge, groen di­ar­ree.

“La­bo­ra­to­ri­um­toet­se ( met his­to­pa­to­lo­gie en kwe­king) be­ves­tig dat Cryp­to­spo­ri­dum en E. co­li ge­woon­lik saam voor­kom. Siek lam­mers en kal­fies moet da­de­lik saam met hul moe­der ge­af­ge­son­der word, aan­ge­sien die siek­te hoogs aan­steek­lik is.”

Om die weer­stan­dig­heid van die­re in ’n kud­de te ver­hoog, be­veel Lie­zel aan dat drag­ti­ge ooie voor lam­tyd en drag­ti­ge koeie voor kalf­tyd met ’n E. co­li- ent­stof in­ge­ënt word. Dit moet ge­doen word na­dat ’n vee­arts na­dood­se mon­sters op el­ke be­trok­ke plaas ge­neem het. Daar word dan vir el­ke kud­de ’n spe­si­fie­ke ent­stof ge­maak.

“Ont­smet­ting is ook baie be­lang­rik waar daar met die­re ge­werk word. Cryp-

to­s­po­ri­di­um is vat­baar vir 10% for­ma­lien of 5% am­mo­ni­ak. Ont­smet spui­te, naal­de, die do­seer­spuit, em­mers, kle­re en skoe­ne,” sê Lie­zel.

Waar die­re wel krip­to­spo­ri­di­o­se op­doen, moet die siek lam­mers of kal­wers en hul ma on­mid­del­lik af­ge­son­der of in kwa­ran­tyn ge­plaas word.

“Di­ar­ree kan baie vin­nig tot ont­wa­te­ring lei. Daar­om moet die de­hi­dra­sie reg­ge­stel word deur e­lek­tro­lie­te by wa­ter, melk of poei­er­melk te voeg en vir die kalf of lam in te gee. Die kalf of lam moet so­wat 10% van sy lig­gaams­ge­wig per dag in­neem vir on­der­houd,” sê Lie­zel.

Die ge­bruik van an­ti­bi­o­ti­ka om die­re teen E. co­li te be­han­del, mag s­legs saam met die vee­arts ge­skied. ’n An­ti­bi­o­gram moet ge­doen word om die reg­te an­ti­bi­o­ti­ka vir die toe­stand te i­den­ti­fi­seer.

“Se­ke­re an­ti­bi­o­ti­ka werk be­ter op se­ke­re pla­se as op an­der. Daar­om kan an­ti- bi­o­ti­ka nie som­mer goeds­moeds voor­ge­skryf word om die siek­te te be­han­del nie,” sê Lie­zel.

’N KALF BEHEERSTELSEL

E. co­li en krip­to­spo­ri­di­o­se is ver­al be­smet­lik in in­ten­sie­we vee­boer­de­rye. Prof. Da­vid S­mith van die in­s­ti­tuut vir land­bou en na­tuur­li­ke hulp­bron­ne van die de­par­te­ment vee­ar­s­te­ny­kun­de en bi­o­me­die­se we­ten­skap­pe, U­ni­ver­si­teit van Ne­bras­kaLin­coln in A­me­ri­ka, se na­vor­sing op hier­die ge­bied het tot die Sand­hills-kalf­stel­sel ge­lei.

In ’n ver­slag, P­re­ven­ting Calf S­cours with the Sand­hills Cal­ving Sy­stem, skryf hy die stel­sel keer die ver­sprei­ding van kalf­di­ar­ree deur kal­wers in ou­der­doms­groe­pe te ver­deel en deur die ge­ske­du­leer­de ver­skui­wing van drag­ti­ge koeie na ver­skil­len­de kam­pe om die pa­to­geen­la­ding in ver­skil­len­de kam­pe te ver­min­der.

Die doel van die ste­sel is om die meer i­de­a­le toe­stan­de wat vroeg in die kalf­tyd voor­kom, in el­ke kamp te skep. Dit

be­te­ken koeie kalf in ’n kamp wat ’n paar maan­de lank son­der vee was. Ou­er kal­wers kan ook nie jon­ger kal­wers met E. co­li of krip­to­spo­ri­di­o­se aan­steek nie.

SÓ WERK DIE STEL­SEL

Die Sand­hill-kalf­stel­sel maak ge­bruik van gro­ter, aan­gren­sen­de kam­pe p­leks van klei­ner, ho­ër digt­heid kam­pe.

Koeie word in die eer­ste kalf­kamp ge­plaas so­dra die eer­ste kal­wers aan­kom. Die kamp word dan twee we­ke lank ge­bruik.

Ná twee we­ke word die koeie wat nog nie ge­kalf het nie, na ’n vol­gen­de kamp ge­neem, waar van hul­le kalf.

’n Week na­dat die koeie in kamp 2 ge­kalf het, word die koeie wat nog nie ge­kalf het nie, na die derde kamp ge­neem, en die koeie met kal­wers bly in kamp 2 ag­ter.

El­ke daar­op­vol­gen­de week word koeie wat nog nie ge­kalf het nie, na ’n vol­gen­de kamp ver­skuif.

Die groe­pe koeie en hul kal­wers bly in die kam­pe waar­in hul­le ge­kalf het. Die ge­volg is koei-en-kalf­groe­pe wat oor ver­skil­len­de kam­pe ver­sprei is, met el­ke kamp wat kal­wers het wat ou­der­doms­ge­wys so­wat ’n week van me­kaar ver­skil.

Die ver­skil­len­de koei-kalf-groe­pe kan weer met me­kaar ge­meng word so­dra die jong­ste kal­wers vier we­ke oud is en al­le kal­wers ’n lae ri­si­ko het om krip­to­spo­ri­di­o­se op te doen.

Da­vid sê dit is moei­lik om ’n groot hoe­veel­heid vee­groe­pe in ’n in­ten­sie­we wei­ding­stel­sel te be­stuur. Daar­om kan die Sand­hills-kalf­stel­sel aan­ge­pas word om die hoe­veel­heid groe­pe te ver­min­der. Vee word dan reg­deur die kalf­tyd na ver­skil­len­de kam­pe ver­skuif na ge­lang van die weiding wat be­skik­baar is.

El­ke tien dae, of so­dra daar 100 kal­wers ge­bo­re is, word die kud­de ver­deel tus­sen koeie wat nog nie ge­kalf het nie en koei­kalf-groe­pe van die voor­af­gaan­de groep.

Op hier­die ma­nier is min­der groe­pe no­dig, die hoe­veel­heid kal­wers bin­ne ’n groep is nooit meer as 100 nie en al­le kal­wers bin­ne ’n groep ver­skil 10 dae in ou­der­dom van me­kaar.

Die stel­sel voor­kom dus be­smet­ting deur skoon kalf­kam­pe te ge­bruik, reg­streek­se kon­tak tus­sen ou­er en jon­ger kal­wers te ver­hoed en kal­wers wat la­ter ge­bo­re is, te be­skerm teen pa­to­ge­ne or­ga­nis­mes wat in die om­ge­wing kan voor­kom.

Die boer moet eg­ter vroeg­ty­dig be­gin om ’n plaas-spe­si­fie­ke kalf­stel­sel te ont­wik­kel. Da­vid be­veel aan dat die boer ’n vee­arts vra om hom met die be­plan­ning te help.

Die be­skik­ba­re weiding moet ge­ï­den­ti­fi­seer en die ge­bruik daar­van met die kalf­ske­du­le ge­ko­ör­di­neer word. Die groot­te van die kam­pe moet ook in oor­een­stem­ming wees met die ver­wag­te hoe­veel­heid kal­wers in ’n spe­si­fie­ke week. Neem ook die wa­ter, voer, skui­ling en die ver­wag­te weers­toe­stan­de in ag.

Vee­boe­re het in die af­ge­lo­pe paar jaar dui­sen­de ran­de se ska­de ge­lei na­dat krip­to­spo­ri­di­o­se tot groot­skaal­se vrek­tes ge­lei het. ’n Goeie bi­o­se­ker­heids­plan kan eg­ter die voor­koms van die siek­te be­perk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.