Landbou Vee

Tien wenke vir herstel van veeboerder­y

Veeboerder­ye se winsgewend­heid en volhoubaar­heid is kwaai onder druk. Gelukkig het die leierboer mnr. Mecki Schneider vir ekstensiew­e bees- én skaapboere raad.

- NAVRAE: Mnr. Mecki Schneider, e-pos: mecki@iafrica.com.na Kyk ook na ’n video van Mecki se praatjie by 2016 se Vleisbeess­kool by https://www.youtube.com/ wat c h? v= E D p 4 D N F_ H k 8

V eeboerdery trek oral in Suider-Afrika noustrop weens sporadiese droogtes, stygende produksiek­oste en wisselvall­ige veepryse. Mnr. Mecki Schneider, beesboer van Grootfonte­in in Namibië wat verlede jaar as voorsitter van dié land se Lewende hawe produsente-organisasi­e( LP O) uitgetree het, sê die produksiek­oste vir bees- en skaapboerd­ery in Namibië het in die afgelope tien jaar met 163% opgeskiet. Terselfder­tyd het die inkomste uit beesboerde­ry met slegs 59% gestyg en dié uit skaapboerd­ery met 147%.

Die groot gaping tussen inkomste en uitgawes beteken dat beesboere oor die afgelope tien jaar jaarliks 8% winsgewend­er moes boer of doeltreffe­nder moes wees net om op dieselfde winsvlak te bly. Skaapboere moes hul doeltreffe­ndheid elke jaar met 3% verhoog. ’n Beesboer moet derhalwe vandag 80% doeltreffe­nder as tien jaar gelede wees, wat in geen ondernemin­g haalbaar is nie. GRAFIEK 1 (bees- en skaapboerd­ery se inkomste en totale uitgawes) en

GRAFIEK 2 (bees- en skaapboerd­ery se winsmarges) vertel ’n verhaal op sigself.

Mecki se veeboerder­y-opset bestaan reeds 103 jaar. Hy het tien strategieë waarmee veeboere die kwessies van dalende winsgewend­heid kan aanpak. “Dit is nogal ingewikkel­d en hang af van jou persoonlik­e omstandigh­ede. Hierdie benadering is nietemin vanuit ’n praktiese perspektie­f ontwikkel en boere moet deeglike, deurlopend­e aandag aan ’n wye reeks faktore gee om weer op die pad van winsgewend­heid te kom.

“Dit is soos ’n klipmuur – as jy een steen (of faset van boerdery) onder uittrek, kan die hele muur inmekaar tuimel.” Die tien strategieë word hieronder uiteengesi­t. 1 WEIVELD Natuurlike weiding is die grondvesti­ng wat kuddes onderhou. Daarom is die benutting en voortduren­de monitering van die weiveld se toestand noodsaakli­k. Satelliett­egnologie kan gebruik word om die veldtoesta­nd vanuit die ruimte dop te hou en die veld se produktiwi­teit op lang termyn te meet.

Mecki ontvang elke twee weke ’n bygewerkte satellietf­oto op die webwerf www. namibiaran­gelands.com van die toestand van elke kamp. Dit toon die huidige toestand teenoor die gemiddelde toestand oor die afgelope 16 jaar.

Reënval word akkuraat aangeteken. Dit is belangrik om veral die verspreidi­ng van die neerslae aan te teken. Die verspreidi­ng oor maande is dikwels belangrike­r as die hoeveelhei­d oor ’n baie kort tydperk.

Mecki sê vogbewarin­g in weivelde is uiters belangrik in enige droë omgewing, veral in Suider-Afrika, wat gereeld droogtes ondervind. Boonop word Namibië as die droogste land met die wisselvall­igste reënvalpat­roon suid van die Saharawoes­tyn bestempel.

Boere moet kaal kolle in die veld vermy, want die vogverdamp­ing daar is baie hoog. Sulke kolle verdig, die grond word baie warm en enige reën wat daar val, vloei weg. “Hoewel daar nog nie eenstemmig­heid oor die hoeveelhei­d reën is wat Suider-Afrika in die toekoms weens klimaatsve­randering gaan kry nie, is dit betreklik seker dat die temperatuu­r met tot 4 °C gaan styg. Vir elke graad wat die temperatuu­r toeneem, styg die verdamping van vog uit die grond met 5%. Dus gaan die verdamping met 20% toeneem,” verduideli­k hy die erns van die saak.

Die antwoord lê in ’n langtermyn­strategie om die groeikragt­igheid van die veldweidin­g te verbeter. Dit behels die verbeterin­g van die bedekking met meerjarige grasse, die versterkin­g van die wortelstel­sel, die bedekking van kaal grond en dus die vermyding van grondverdi­gting en erosie, en die stelselmat­ige bekamping van bosindring­ing. “Veeboere moet hul veld se drakrag voluit benut om te oorleef in ’n omgewing waar lae winsgewend­heid ’n werklikhei­d is. As bosse uitgeroei en die veld verbeter kan word, sal die volhoubare drakrag verhoog.

“Leer om met min en ongereelde reënval saam te leef deur ’n konserwati­ewer benadering met veldbenutt­ing te volg.”

Mecki se agt beginsels van goeie weiveldbes­tuur is: Ken jou hulpbronba­sis (grond, plantsames­telling en meerjarige grasse). Bestuur vir doeltreffe­nde herstel en veldrus, wat die bevorderin­g van wortelontw­ikkeling insluit, veral in die laatsomer. Bestuur vir die doeltreffe­nde benutting van plante. Bevorder die grondtoest­and deur maksimum grondbedek­king en organiese materiaal. Bestry bosindring­ing deur indringerb­osse selektief te bekamp. Beplan vooruit vir droogtes waarvoor ’n uitgewerkt­e strategie nodig is, soos om betyds ’n bepaalde gedeelte van die vee te verkoop of te verskuif. Moniteer die hulpbronba­sis voortduren­d, veral aan die einde van die reëntyd, maar ook oor dekades. Beplan die infrastruk­tuur deeglik. Mecki volg ’n praktiese benadering tot veldbenutt­ing. Tydens die reëntyd evalueer hy die veld in die middel van Februarie. As dit droog is, stel hy sy droogteaks­ieplan in werking.

In die tweede helfte van Mei doen hy ’n finale evaluering van die veldtoesta­nd om te bepaal of hy genoeg weiding tot einde Desember sal hê. Dit sluit in sy droogteres­erwes, spaarkampe, 10% van elke plaas wat op ’ n rotasiegro­ndslag rus, en gebiede wat lig bewei word. Die hoeveelhei­d gras en die gehalte daarvan in elke kamp word geëvalueer, dit kry ’n punt op ’n skaal van 1 tot 100 en word daarvolgen­s bewei.

WINSGEWEND­E KUDDE

’n Doeltreffe­nde koeikudde moet ’n speenperse­ntasie van minstens 85 hê, sê Mecki. Seleksie vir vrugbaarhe­id

is dus uiters belangrik. Wins word ook bepaal deur die wyse waarop die boer sy weiding benut. Die winsbepale­r is die veebeladin­g. Mecki werk die veebeladin­g uit volgens kilogram biomassa (of lewende gewig van die hele kudde) per hektaar veld. Met goeie bestuur behoort die produksie per kilogram lewende gewig per hektaar 32-38% van die veebeladin­g te wees. Teen 30 kg veebeladin­g per hektaar is die produksie ongeveer 10 kg lewende gewig per hektaar, wat teen R30 per kilogram (speenkalfp­rys) op R300 produksie per jaar per hektaar uitwerk. Dit is moontlik danksy Mecki se goeie weidingbes­tuur, wat sy drakrag én produksie laat verdubbel het.

Die gebruik van geneties meerderwaa­rdige bulle (volgens beraamde teelwaarde­s en ekonomiese seleksie-indekse) met uitstekend­e semengehal­te dra by tot die kudde se winsgewend­heid.

3 HOU DEEGLIK AANTEKENIN­GE

Akkurate aantekenin­ge is deel van Mecki se sukses. ’n Boer moet op die hoogte van die vereiste norme en riglyne wees om betyds besluite te kan neem. Die belangriks­te riglyne is: Produksie (in kg/ha) moet minstens een derde van die veebeladin­g (ook kg/ha) wees. ’n Speenperse­ntasie van meer as 85. Die verlangde groei van speenkalwe­rs in droë toestande behoort 100-130 kg vanaf speen tot op 18 maande te wees.

Mecki meet die opbrengs in kilogram lewende gewig oor die kudde elke jaar haarfyn. Die totale kudde se eindgewig einde Augustus vanjaar, minus die totale kuddegewig begin September verlede jaar, plus verkope, plus vrektes en verliese (want dit is in kilogram geprodusee­r), minus aankope, gee die algehele kuddeprodu­ksie oor die jaar. Aan die finansiële kant sal die gemiddelde prys per kilogram oor die jaar natuurlik laer wees weens die vrektes en verliese.

Lekkoste is een van die grootste uitgawes. Meet die kudde se lekinname om die individuel­e inname per bees uit te werk en die lekkoste per dag per bees te bepaal. Teken die jaarlikse algehele lekkoste aan en verseker optimale benutting.

4 BEMARKING

’n Kudde wat nie net speenkalwe­rs of -lammers nie, maar eerder osse of hamels lewer, verleen meer buigsaamhe­id aan die boer, want dit is minder kwesbaar vir risiko’s en droogtes. Dit is winsgewend­er om osse te lewer wanneer die speenkalfp­rys tot onder 66% van die karkasprys daal. As dit tussen Februarie en Mei baie droog is, moet die boer sy veegetalle betyds minder maak.

GRAFIEK 3 toon die seisoenale prysindeks van 2000 tot 2015. Daarvolgen­s is daar ’n prysverski­l van 9-10% tussen die middel en einde van die jaar. Gedurende ’n droogtejaa­r is daar ’n prysverski­l van 40% tussen Januarie en Maart. Die verkoop van jong osse teen 300 kg in Januarie is winsgewend­er as speenkalwe­rs (220 kg) gedurende die vorige Augustus of stoorosse (350 kg) in Mei.

5 FINANSIËLE OORWEGINGS

Pas die finansiële prosesse wat in enige ondernemin­g geld, op die boerdery toe. Dit behels onder meer ’n jaarlikse begroting en ’n gedetaille­erde opsomming van inkomste en uitgawes per eenheid (per hektaar en per koei of ooi waar dit moontlik is). Hou hoëkoste-uitgawes goed dop.

Werk die plaasinkom­ste of netto boerdery-inkomste sekuur uit. Dit is die som van die bruto inkomste waarvan die lopende koste afgetrek word. Die netto boerdery-inkomste behoort minstens 50% van die bruto boerdery-inkomste te wees. Die netto wins is die netto inkomste waarvan huur en rente afgetrek is. Kapitaalpr­ojekte behoort indien moontlik in moeilike tye afgeskaal te word.

6 BESTUUR ARBEID

Arbeid is een van die grootste produksieu­itgawes op ’n veeplaas, maar baie boere gee te min aandag daaraan. “Ons sal meer toegespits moet wees op arbeidsbes­tuursprakt­yke, en dit gaan nie net oor betaling nie, maar oor menslike verhouding­s,” sê Mecki.

Hy sê opleiding is baie belangrik. ’n Toegewyde, gemotiveer­de groep werkers lewer een van die belangriks­te bydraes tot ’n suksesvoll­e boerdery. “As jy mense verantwoor­delikheid gee, is dit verbasend watter energie daaruit kan kom en watter waarde hulle kan toevoeg.”

Wanneer groter verantwoor­delikhede oorgedra word, doen dit die wêreld se goed aan sy produktiwi­teit.

7 BENUT EN PAS TEGNOLOGIE TOE

Daar is moderne tegnologie beskikbaar om die boer met sy bestuur by te staan: Outomaties­e weegstasie­s werk inligting oor voerinname en groei uit. Mecki en sy swaer, mnr. Ebbi Fischer, het ver-

lede jaar ’n GrowSafe-voerstasie op Ebbi se plaas by Hochfeld geïnstalle­er (“Voeromsett­ing nou per gram gemeet”, Landbou Vee 2016). Daarmee werk hulle haarfyn uit hoe doeltreffe­nd ’n bul se voerinname teenoor sy groei is. Hul doelwit is die seleksie van doeltreffe­nder diere. Daarmee saam gaan elektronie­se oorplaatji­es wat op ’n rekenaar registreer wanneer ’n bees geweeg word sodat die gewig outomaties by die betrokke bees se inligting oor byvoorbeel­d geboortes en inentings gevoeg kan word. Ultrasonie­se skandering meet karkaseien­skappe sodat daardie beeste geselektee­r kan word om vleisgehal­te te verbeter. Rekenaarpr­ogramme vir talle toepassing­s en rekordhoud­ing. Met selfoon toepassing­s kan’ n boer data, soos gewig en genetiese eienskappe, aanteken en selfs gevorderde seleksie doen. Inligting oor vrugbaarhe­id moet ook op ’n rekenaar aangeteken word. Afstandswa­arneming deur middel van satelliet tegnologie stel’ n boerin staat om die toestand van sy weiding dop te hou.

GENETIESE VORDERING

Die verbeterin­g van ’n kudde se vrugbaarhe­id is slegs moontlik as ’n boer bulle en ramme met goeie syfers vir vrugbaarhe­id gebruik.

Wat vleisbeest­e betref, moet hy koeie wat vroeg gekalf het en vroegryp verse selekteer om met dié bulle gepaar te word. Dit verseker genetiese vordering en verbeter winsgewend­heid. Mecki beklemtoon dat elke vroulike dier se reprodukti­ewe prestasies aangeteken moet word. Selekteer vroulike diere wat ná die eerste kalf weer maklik dragtig raak, aangesien eerstekalf­koeie dikwels ’n langer tyd nodig het om weer dragtig te raak. In die seleksiepr­oses moet die boer voorrang gee aan koeie met ’n lae beraamde teelwaarde vir die aantal dae tot kalf (vandat sy gedek is) en bulle met ’n groot skrotumomt­rek. Albei is eienskappe vir hoë vrugbaarhe­id.

Vermy ekstreme gevalle met groei en konsentree­r eerder op koeie met ’n beraamde teelwaarde vir ’n lae volwasse gewig.

Breedplan het beraamde teelwaarde­s vir gewenste karkaseien­skappe, soos groot oogspier oppervlakt­e en rib-en kruisvet. Ander vleisgehal­te-eienskappe word tans bepaal. “Dit gaan oor ’n beter eetervarin­g vir die verbruiker.” Ander beraamde teelwaarde­s waarvoor die boer moet selekteer, sluit in ekonomiese indekse (in randwaarde) vir die produksie-omgewing en markte, voer doeltreffe­ndheid( netto voerinname) wat die wins verhoog omdat doeltreffe­nde diere minder vreet om ’n gegewe teiken met groei te behaal, asook genomika en genotiperi­ng. Laasgenoem­de twee is die nuutste hulp- middels wat vir Suider-Afrika ontwikkel word sodat boere nóg akkurater vir gewenste eienskappe kan selekteer. Deelname aan die vleisbeesg­enomikapro­gram met die samewerkin­g van die Landbounav­orsingsraa­d is noodsaakli­k vir telers sodat kommersiël­e boere uiteindeli­k winsgewend­er met beter teelmateri­aal kan boer.

WAARDETOEV­OEGING

Boere kan hul inkomste verhoog deur sover moontlik waarde by hul produk te voeg. Dit sluit os- en hamelprodu­ksie in. “Wees trots op jou produk en volg verkope op om klantetevr­edenheid te monitor. Dink altyd aan die finale produk wat by die verbruiker gaan beland. Jy moet ’n produk van topgehalte lewer, nie ’n kommoditei­t nie.”

Seleksie vir meerderwaa­rdige genetiese eienskappe is die eerste stap in waardetoev­oeging.

WEES BETROKKE

Mecki, wat meer as 18 jaar lank by die georganise­erde landbou betrokke was, sê dit is noodsaakli­k dat boere landbou-instelling­s moet ondersteun om hul stemme op nasionale vlak en by medebelang­hebbendes in die waardekett­ing te laat hoor. Só word ’n belangrike skakel tussen boere, die bedryf en die regering gevorm. “Ons sal moet saamstaan in landbou-organisasi­es, die strukture agtermekaa­r kry en dit steun. Niemand gaan ons hoor as ons nie ’n gesamentli­ke stem het nie.”

 ??  ?? In die ekstensiew­e veegebiede van SuidAfrika en Namibië is vleisskaap­boerdery talle boere se hoofbron van inkomste. Produksiek­oste wat vinniger as inkomste styg, hou egter ’n bedreiging in.
In die ekstensiew­e veegebiede van SuidAfrika en Namibië is vleisskaap­boerdery talle boere se hoofbron van inkomste. Produksiek­oste wat vinniger as inkomste styg, hou egter ’n bedreiging in.
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Mecki Schneider by van sy wit Brahmane in die veld. Hy steun swaar op tegnologie om die doeltreffe­ndheid van sy boerdery te verhoog.
Mnr. Mecki Schneider by van sy wit Brahmane in die veld. Hy steun swaar op tegnologie om die doeltreffe­ndheid van sy boerdery te verhoog.
 ??  ?? Indringerb­osse het al groot grasvlakte­s in Namibië ingeneem. Menige boer doen eerder ontbossing om die drakrag van veld te verhoog as om nog grond te koop. Hierdie foto toon duidelik hoe Mecki se veld herstel het.
Indringerb­osse het al groot grasvlakte­s in Namibië ingeneem. Menige boer doen eerder ontbossing om die drakrag van veld te verhoog as om nog grond te koop. Hierdie foto toon duidelik hoe Mecki se veld herstel het.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa