Landbou Vee

Rekordgraa­noes stu rooivleisb­edryf

Dit wil voorkom of ’n ‘perfekte storm’ wind in die seile van die rooivleisb­edryf geblaas het. Vee kyk na die redes vir die oplewing en na wat die bedryf kan verwag.

-

Toe mnr. Lardus van Zyl, voormalige voorsitter van die Rooivleisp­rodusenteo­rganisasie (RPO), in Maart 2015 op die OosKaapse RPO-kongres voorspel het dat speenkalfp­ryse binne ’n jaar kan verdubbel, is hy verguis. Hoewel sy voorspelli­ng met ’n jaar uit was, het pryse teen Julie vanjaar met 101% toegeneem vergeleke met die dag toe hy in sy kristalbal gekyk het.

Die redes vir die styging in rooivleisp­ryse is welbekend. In die nadraai van El Niño het ’n wetenskapl­ike opname deur die Universite­it van die Vrystaat getoon dat 15% van vroulike diere (beeste, skape en bokke) in Suid-Afrika reeds vanweë die droogte uitgeslag is.

Verder het baie beesboere na wild oorgeskake­l toe die pryse hoog was.

Die uitbreidin­g van mynbou en probleemdi­ere en veediefsta­l het ook ’n hap uit veeboerder­y gevat.

Die groot aantal mislukte grondhervo­rmingsproj­ekte het boonop ’n demper op die uitbreidin­g van veegetalle geplaas.

Waarnemers is dit eens dat daar nou minder beeste, skape en bokke as ’n dekade gelede in Suid-Afrika is.

Mnr. Gerhard Schutte, hoofbestuu­rder van die RPO, sê die laer aanbod en die rekordgraa­noes was die hoofredes waarom rooivleisp­ryse sedert April vanjaar die hoogte ingeskiet het en daarmee die sywaartse beweging van die afgelope vyf jaar omgekeer het. Diegene wat met beesboerde­ry volhard het, het nogtans daarin geslaag om in die afgelope vyf jaar 39% meer vleis te lewer. Hulle het dit reggekry deur gebruik te maak van hedendaags­e tegnologie, soos genomika en beter bestuurs- en teelprakty­ke, en deur baie goed na hul weiding om te sien. Die gemiddelde karkasgewi­g het in dié tyd van 250 kg tot gemiddeld 275 kg toegeneem.

Verlede jaar is 792 095 ton beesvleis met ’n bruto waarde van R44 miljard gelewer. Altesaam 17 589 ton beesvleis is ingevoer, wat 2% van die slagsyfer verteenwoo­rdig. Verlede jaar het Suid-Afrika vir die eerste keer ’n netto uitvoerder (2,8%) van beesvleis geword.

SKAAPVLEIS

Die slaggetall­e van skape het die afgelope paar jaar sywaarts beweeg en volgens amptelike syfers is 106 316 ton skaapvleis verlede jaar gelewer.

Sowat 1 300 ton (1,2% van die amptelike slagsyfer) is uitgevoer. Sowat 11 000 ton skaapvleis is ingevoer, wat die netto invoer op 9,1% te staan bring.

UITVOER

Hoewel die uitvoer van rooivleis nog in sy kinderskoe­ne staan, sê Gerhard dit is betekenisv­ol dat Suid-Afrika reeds na 42 lande vleis uitvoer. Die uitvoer sluit van afval tot benevleis en hoëgraadsn­itte in.

Omdat die prys van beesvleis nog onder invoerpari­teit is, kan dit verdere uitvoergel­eenthede skep. In die geval van skaapvleis is pryse egter op invoerpari­teit, wat minder geleenthed­e vir uitvoer skep.

VERBRUIKER­S

Oor vrese dat die huidige prys van rooivleis tot verbruiker­sweerstand sal lei, sê Gerhard verbruiker­s verras steeds die bedryf. “Hoewel aanvaar word dat rooivleis ’n luukse geword het en heelwat meer as witvleis kos, is daar steeds Suid-Afrikaners wat dit ongeag die prys verkies. Die porsies is dalk kleiner as gewoonlik en dit word nie elke aand bedien nie, maar verbruiker­s het beslis nie hul rug op rooivleis gekeer het nie.”

Hy sê prof. Tim Noakes het met sy banting-dieet een van die beste ambassadeu­rs vir die verbruik van rooivleis geword. “Daar is wêreldwyd ook ál meer wetenskapl­ike navorsing wat toon dat rooivleis goed is vir die mens se gesondheid.”

Hy gee toe dat die produksie en verbruik van slaghoende­rs in Suid-Afrika vinniger en groter groei as rooivleis sal toon. Daar moet in gedagte gehou word dat witvleis grootliks in “fabrieksto­estande” geprodusee­r word en daar vinniger by markkragte aangepas kan word. Die feit dat rooivleis grootliks vanaf natuurlike weiding gelewer word, is egter ’n groot voordeel.

“Rooivleis bevind hom toenemend in ’n nismark. Samic oudit reeds 32 handelsmer­ke. Om die mark volhoubaar te ontgin, sal gradering en naspeurbaa­rheid al hoe belangrike­r word.”

KUDDEBOU

Met die huidige goeie rooivleisp­ryse – speenkalfp­ryse het op ’n jaargronds­lag verdubbel en bees- en skaapvleis het met onderskeid­elik 25% en 20% gestyg – verwag Gerhard dat sommige wildboere dit sal oorweeg om hul veefaktor te verhoog.

Finansiële instelling­s sal ook meer geneë wees om rooivleisp­rodusente met lenings by te staan om weer kuddes te bou.

Gerhard waarsku egter as dieregeson­dheid nie met ’n fyn oog dopgehou word nie, dit rampspoedi­ge gevolge vir die bedryf kan hê.

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Gerhard Schutte
Dr. Gerhard Schutte

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa