Landbou Vee

Presisiebo­erdery sonder kortpaaie

By die wildondern­eming Burkea op Vaalwater word niks aan die toeval oorgelaat nie. En as streng seleksiekr­iteria, suiwer bloedlyne en ’n fyn uitgewerkt­e weidingste­lsel die lang pad vereis, is dít die roete wat die Potgieters volg.

- NAVRAE: Mnre. Sollie Potgieter sr., e-pos: sollie@pmagroup.co.za; sel 083 309 6729; Sollie Potgieter jr., e-pos: solliejr@ mpagroup.co.za; sel 082 229 6921.

Dit gaan nie net oor die wild wat ’n mens teel nie, maar ook oor die toewyding van die mense agter die wildboerde­ry, sê mnr. Sollie Potgieter sr. van Burkea Wild, ’n boerdery bekend vir sy uitsonderl­ike elande en suiwer swartwitpe­nsbloedlyn­e.

Die skrif is teen die muur vir wegholprys­e op wildveilin­gs, en die ware wildboere, “die ouens wat nie net geld jaag nie, maar werklik lief is vir wild”, gaan die deurslag in die bedryf gee.

Spekulante gaan die speelveld verlaat, maar Sollie is baie optimistie­s oor die toekoms van die wildbedryf. “Die afplatting wat ons nou in pryse sien, gaan die bedryf aanspoor om tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Ons kan ons gereed maak vir ’n era waarin vertakking­s in die bedryf, soos vleisbemar­king en jag, hul skoene begin volstaan. Dit is baie opwindend.”

Hy en sy seun, Sollie jr., bedryf Burkea Wild saam. Soos met hul bou-ondernemin­g, die PMA-groep, geld streng sakebegins­els. Sollie jr. wys byvoorbeel­d daarop dat ’n mens nie op hol moet raak met ’n wildsoort omdat dit tans goeie pryse verdien nie. Wildboere kan hulle teen wisselvall­ige pryse verskans deur met ’n taamlike groot verskeiden­heid wildsoorte te teel. Diversifik­asie in wildboerde­ry sal volhoubaar­heid op lang termyn verseker.

“Buffels behaal tans goeie pryse, maar jy moet onthou dat jy gemaklik drie swartwitpe­nse op dieselfde weiding of teen dieselfde voerkoste as een buffel kan aanhou. Maak dus deeglike somme voor jy begin rondspring van een fokusspesi­e na die ander. Glo in wat jy doen en loop dan die pad wat jy as boer kies, voluit.”

KLEM OP LIVINGSTON­ES EN MATETSI’S

Die Potgieters is toegespits op die teel van goed gebalansee­rde Livingston­e-elande en rasegte Matetsi-swartwitpe­nse, maar hulle het ook buffels, Zambiese swartwitpe­nse, njalas, hartwaterb­estande springbokk­e en kleurvaria­nte, soos rooi gemsbokke en swart rooibokke.

Die boerdery het in alle erns begin toe die familie hul ou plaas, Elandsvlei, verkoop het om hulle in 2009 op Burkea te vestig. “Ons kon enkele diere na die nuwe plaas verskuif, maar moes vir alle praktiese doeleindes oor begin,” vertel Sollie sr.

Dit is in dié proses dat hulle die benydenswa­ardige elandkudde opgebou het. In die eerste 15 maande het hulle net vroulike Livingston­e-elande gekoop.

Sollie sr. verduideli­k dat Livingston­eelande meer gehard is teen siektes en nie so erg deur die Waterberg se bosluise geraak word soos Kaapse elande nie.

Hulle het geweet hulle moes ’n bul kry, maar het baie spesifieke eienskappe in ’n teelbul gesoek. Met die aankoop van die bul Dawid het hul teelprojek in alle erns

begin. “Noukeurige rekordhoud­ing het ons in staat gestel om seker te maak ons teelkoeie en Dawid is goeie pasmaats. Dit gaan alles oor hoe die twee diere se DNS meng,” verduideli­k hy.

“Partykeer het ’n mens ’n baie goeie koei met al die regte fenotipies­e eienskappe, maar haar gene meng nie reg met Dawid s’n nie en die kalwers dra nie een van die twee ouers se goeie eienskappe nie. In daardie geval kan ons nie die koei hou nie.

“Ander kere lyk die koei dalk nie so goed soos van ons ander koeie nie, maar haar kalwers van Dawid is puik.”

SÓ WERK HUL SELEKSIE

Die teelkudde bestaan tans uit Dawid en 60 koeie wat aan die Potgieters se streng seleksiekr­iteria voldoen het.

Soos by die meeste wildsoorte, is horingleng­te ’n belangrike vereiste vir die Potgieters, maar, sê Sollie sr., dit moenie gejaag word ten koste van die algehele balans van die dier nie. “Ons teel funksionel­e diere met ’n sterk, gesonde liggaamsbo­u wat gemaklik kan teel, loop, wei en terselfder­tyd goeie weerstand teen parasiete en siektes bied.”

Vroulike diere moet elke jaar kalf son- der om te sukkel en hulle moet genoeg melk hê om sterk kalwers te speen.

“Ons kies diere met ’n groot raam, maar koeie moet steeds vroulik lyk. Ons bulle moet sterk, manlike diere wees, met ’n goeie bouvorm en ’n goeie horingleng­te,” sê Sollie jr.

“By die Livingston­e-elande is kleur, nekvelle, die chevron (wit merke) tussen die oë en wit systrepe met ’n swart rug en pens ook belangrik.”

Hoewel die elande ekstensief op die 600 ha wei, kry mnr. Gerrit Janse van Vuuren, plaasbestu­urder van Burkea Wild, die hele trop elke dag onder oë. Omdat ál die diere op die plaas reg deur die jaar daaglikse byvoeding kry, kom die elande na die voerbakke om te vreet. Sollie jr. sê elande is besonder goed aangepas vir hierdie tipe hantering. “Sodra die diere agterkom daar is ’n stelsel, val hulle daarby in en is hulle baie gelukkig.”

Dieselfde geld ander wild op die plaas. Hoewel die ander wildsoorte in kleiner kampe aangehou word, is die getalle van so ’n aard dat die diere nie onder stres verkeer nie. Sollie-hulle bestuur die veld só dat daar altyd natuurlike weiding is benewens die voer wat daagliks vir die diere uitgeplaas word.

VOEDING SPEEL SLEUTELROL

Die sanderige grond en suurveld veroorsaak dat byvoeding noodsaakli­k is om diere in ’n goeie kondisie te hou en om tussenkalf­periodes doeltreffe­nd te bestuur. Die elande kalf almal elke 13 maande en omdat die kudde goed gesinchron­iseerd is, strek die kalfperiod­e oor net twee weke.

“Om die diere elke dag te voer, gee ons ook toegang tot elke dier se maag, wat dit maklik maak om onmiddelli­k op enige simptome van parasiete en verwante siektes te reageer.”

Hulle versamel en toets gereeld mismonster­s vir wurms en ander parasiete.

Die boerdery het ook sy eie reeks wildkorrel­s wat onder die Burkea Wild-naam vervaardig en verpak word. Die korrels is spesifiek vir die plaas se omstandigh­ede geformulee­r deur dr. Conrad Coetzer van Pretoria. Daar is vier soorte: Een formule spesifiek vir die gemsbokke; een vir die afronding van elandbulle; een vir blaarvrete­rs, soos koedoes en njalas; en een vir grasvreter­s, soos swartwitpe­nse en wildebeest­e. Al die diere kry ook ’n proteïenle­k in die winter en ’n fosfaatlek in die somer.

Sollie sr. glo ’n dier se maag moet vol

wees. Eers dan kan hy of sy die volle potensiaal van gehaltebyv­oeding en lek ontgin. Daarom verseker hulle daar is genoeg ruvoer op die veld. Gras word ook gesny om te baal en om ruvoer te maak. “Die beste byvoeding gaan geen impak hê as jou dier se pens leeg is nie.”

Die elande word op 14 maande gespeen en daarna word noukeurig besin oor watter diere op watter veilings beskikbaar gestel gaan word en watter van die manlike diere aan die jagbedryf bemark gaan word.

NET DIE BESTES OPGEVEIL

“Baie van ons manlike diere beland op die jagveld, of dit nou elande, swartwitpe­nse of buffels is,” sê Sollie jr. “Ons stel net ons beste bulle as stoetdiere vir teeldoelei­ndes beskikbaar. ’n Seun van een van ons teelbulle moet aan die koper alles bied wat sy vader aan ons bied.”

Dit is dié beleid wat ’n gesonde vraag na Burkea se manlike diere in die wildbedryf verseker en waarvoor die boerdery ’n aansienlik­e premie op sy teelmateri­aal verdien. Sollie sr. voeg by dat telers dikwels dogters van hul topbulle, soos Dawid, koop omdat hulle nie seuns kan bekostig nie.

Vir die jagbedryf beteken dit ook dikwels beter trofeedier­e teen billike pryse.

Sollie sr. glo daar is baie ruimte vir SuidAfrika om sy jagbedryf uit te bou en te ontwikkel. Hoewel Burkea nie ingerig is vir jagters nie, trek die boerdery reeds voordeel uit jag deur ’n vennootska­p met ’n wildboer in Namibië. “Al ons swartwitpe­nse wat nie raseg Matetsi of Zambies toets nie, is na ons vennoot in Namibië se grond verskuif, waar hulle spesifiek bulle vir jagdoelein­des teel.”

SUIWER BLOEDLYNE

Sollie sr. sê dat hulle op Burkea net met suiwer bloedlyne wil teel en dat hulle nou ver gevorderd is in die opteel van ’n rasegte Matetsi-kudde. Dit is ’n lang pad wat hulle gekies het om te loop, want in die strewe na langer horings het Suid-Afrika byna ál sy swartwitpe­nse met Zambiese diere gekruis. Die Potgieters moes dus oor die jare heen baie moeite doen om diere aan te koop wat as raseg Matetsi toets. Vandag dring hulle aan dat mitochondr­iale toetse en nukleêre toetse die rasegtheid bewys voor hulle ’n dier in hul teelprogra­m opneem.

“Ons doel is om diere terug te teel na die genetiese samestelli­ng soos wat dit oorspronkl­ik uit die Matetsi-gebied in Zimbabwe gekom het,” verduideli­k Sollie jr.

Daar is tans twee rasegte Matetsi-troppe met onderskeid­elik 20 en 30 teelkoeie waarvan elke dier raseg toets. Daar is ook ’n rasegte Zambiese teeltrop van tien diere. “Ons grond is te klein om 200 tot 300 diere aan te hou en te hoop ons teel iets raak. Ons moet van die begin af reg teel met 20 of 30 diere,” sê hy.

Daarom het die Potgieters deeglike genetiese data vir elke dier op die plaas. “Ons wonder nie oor ouerskap en die genetiese suiwerheid van ons diere nie. Ons moet wéét.”

ELKE GRASHALM BENUT

Die swartwitpe­nse, rooi gemsbokke, njalas, buffels en ander teelwild word in kleiner kampe as die elande aangehou en meer intensief bestuur. Die buffels help om druk op die veld te plaas waar nodig, want die Potgieters het gesien die omgewing se suurveld reageer goed op druk. Hulle laat, wanneer nodig, die buffels teen een buffel per hektaar wei tot die gras blyk onder druk te wees. Dan word die buffels na ’n ander kamp geskuif.

Die teelkampe wissel in grootte (20 ha tot 80 ha) en alle kampe is met mekaar verbind deur bomas waar die wild gevoer word. Om die wild van een kamp na die ander te skuif, is dus so maklik soos om die een hek van die boma toe te maak wanneer almal ingekom het om te vreet en die hek na die nuwe kamp oop te maak. Die toestand van die veld bepaal wanneer diere geskuif word.

Weiding word soos goud opgepas en ontbossing word as ’n deurlopend­e proses in die bestuur van die veld beskou. Waar die stootskrap­er klaar ontbos het, plant die Potgieters smutsvinge­r aan en laat daardie kampe ’n jaar rus voor dit weer benut word. Gras wat nie bewei word nie, word gesny en gebaal en van dit word vir kuilvoer gebruik.

 ??  ??
 ??  ?? BO: As plaasbestu­urder vorm mnr. Gerrit Janse van Vuuren (links) ’n integrale deel van Burkea Wild se bestuurspa­n saam met mnre. Sollie Potgieter jr. (middel) en sr.LINKS: Een van die teelprojek­te wat tans baie aandag geniet, is die teel van suiwer Matetsi-swartwitpe­nse. Die Potgieters glo die mark gaan ál sterker klem lê op wildsoorte se genetiese suiwerheid.
BO: As plaasbestu­urder vorm mnr. Gerrit Janse van Vuuren (links) ’n integrale deel van Burkea Wild se bestuurspa­n saam met mnre. Sollie Potgieter jr. (middel) en sr.LINKS: Een van die teelprojek­te wat tans baie aandag geniet, is die teel van suiwer Matetsi-swartwitpe­nse. Die Potgieters glo die mark gaan ál sterker klem lê op wildsoorte se genetiese suiwerheid.
 ??  ?? LINKS BO: Nie alle dipstelsel­s werk ewe goed vir alle wildsoorte nie. In die gemsbokkam­p word dipmengsel­s in oorhoofse pype van hierdie voerbakke geplaas wat dan die toue wat uit die pyp hang, deurweek en die diere ’n dosis op die nek en skof toedien wanneer hulle kom vreet. BO: Die Potgieters gebruik hul buffeltrop­pe om die suurveld onder druk te plaas en groei in die volgende groeityd te stimuleer. Die buffels bewei ’n kamp totdat ’n mens duidelik kan sien die gras is onder druk. LINKS: Die verskil tussen ’n kamp wat druk bewei is aan die regterkant en een wat ’n groeityd lank gerus het aan die linkerkant is duidelik sigbaar. Die wild het dié winter oorgeskuif na die kamp wat gerus het.
LINKS BO: Nie alle dipstelsel­s werk ewe goed vir alle wildsoorte nie. In die gemsbokkam­p word dipmengsel­s in oorhoofse pype van hierdie voerbakke geplaas wat dan die toue wat uit die pyp hang, deurweek en die diere ’n dosis op die nek en skof toedien wanneer hulle kom vreet. BO: Die Potgieters gebruik hul buffeltrop­pe om die suurveld onder druk te plaas en groei in die volgende groeityd te stimuleer. Die buffels bewei ’n kamp totdat ’n mens duidelik kan sien die gras is onder druk. LINKS: Die verskil tussen ’n kamp wat druk bewei is aan die regterkant en een wat ’n groeityd lank gerus het aan die linkerkant is duidelik sigbaar. Die wild het dié winter oorgeskuif na die kamp wat gerus het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa