Landbou Vee

Werk versigtig met gebrande veld

Die halfdroë grasveldge­biede van Suid-Afrika loop gereeld in die winter onder brande deur. Veld wat gebrand het, benodig veel langer rus as wat die meeste boere dink. Hier is raad oor hoe om sulke veld te bestuur.

- Prof. Hennie Snyman is verbonde aan die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de van die Universite­it van die Vrystaat en dr. Mias van der Westhuizen is verbonde aan die Vrystaatse departemen­t van landbou op Glen. NAVRAE: Dr. Mias van der Westhuizen, e-pos

Die probleem van wegholveld­brande raak onverklaar­baar jaarliks al hoe erger. Veeboere sit gewoonlik met hul hande in hul hare omdat sulke brande grootskaal­se weidingsve­rliese en gevolglik ingewikkel­de voervloeib­epanning veroorsaak.

Heelwat navorsing oor brande is die afgelope sowat tien jaar in die halfdroë grasveldge­biede gedoen ( TABEL op bl. 59). Hierdie inligting kan as riglyne dien vir veldherste­l ná so ’n brand in dié gebiede.

UITWERKING OP PLANTE, GROND

Die pynlike gevoel wat die veeboer tydens ’n veldbrand beetpak, behoort ook ondervind te word wanneer hy of sy gebrande veld te gou bewei. Ekologies gesproke is dit sekerlik dié verkeerdst­e ding om in die droë en halfdroë gebiede van Suid-Afrika te doen. Dit skuif jou weiveldpro­bleme net aan en kan dit selfs vererger. Die veeboer in hierdie gebiede moet besef dat die weiplant ernstig bena- deel is deur die vuur, wat ’n drastiese ontblaring­smetode is. Daarom het die plant goeie behandelin­g nodig.

Daar is duidelik getoon dat ’n geweldige afname (soveel as 40%) in basale bedekking een jaar ná ’n brand voorkom. Selfs ná twee jaar van onttrekkin­g van beweiding was die bedekking in sekere dele steeds 16% tot 18% laer as by ongebrande veld.

Die belangriks­te rede vir die laer basale bedekking is omdat dele van die graspol (lote of die groeipunt) totaal doodgebran­d is deur die vuur. Dit is gewoonlik die kern van die graspol wat die grootste brandskade ondervind, want dit is waar die vuur se intensitei­t die hoogste is.

Hierdie laer bedekking verlaag nie net die plantprodu­ksie nie, maar bring ook mee dat waterafloo­p toeneem en die hele waterbalan­s in die grond nadelig geraak word. Gronderosi­e kan ook voorkom. Verder is die verdamping­stempo vanaf gebrande veld hoog en goeie beskerming van die grondopper­vlak is noodsaakli­k.

Dit is gewoonlik die groot graspolle wat die meeste weens brandskade afsterf. Dié groot polle is gewoonlik ongelukkig die klimaksgra­sse, soos rooigras ( Themeda triandra), vingergras ( Digitaria eriantha) en terpentyng­ras ( Cymbopogon pospischil­ii) wat ’n belangrike rol in die dier se voeding speel en gunstig vir die veldtoesta­nd is.

Dit was ook opvallend dat pioniergra­sse, soos elsgras ( Micochloa caffra), kruipworte­lsaadgras ( Tragus koelerioid­es), en eenjarige kruide weens die brand ingekom het. Die subklimaks­gras kleinvinge­r ( Digitaria argyrograp­ta) vermeerder ook ná ’n brand ten koste van rooigras. Hierdie veranderin­gs in spesiesame­stelling verlaag die veldtoesta­nd en weidingkap­asiteit aansienlik.

Die vuurbestan­dheid van soet- en suurveld moenie met mekaar verwar word nie. In die suurveld, waar reënval nie die beperkende faktor is wat plantprodu­ksie bepaal of beïnvloed nie, word ’n digter grasbedekk­ing met kleiner en korter graspolle (hoër basale bedekking en digtheid) aangetref, teenoor die yler, enkelstand­ige graspolle wat hoër groei in die droër dele. Dit is kalsium in die grond wat grootliks vir planthoogt­e verantwoor­delik is en in ’n groot mate weens die hoër reënval in die suurveldde­le uit die grond geloog is.

Hierdie groter alleenstaa­nde en hoër

graspolle in droër weivelddel­e veroor- saak ’n meer gekonsentr­eerde vuur per graspol, wat tot die grootskaal­se afsterwing van die groeipunte van polle lei.

Daarteenoo­r is die brandskade aan grasse in suurveldde­le nie so intens per graspol nie. Brande kan dié weiveld se gehalte self verbeter deurdat van onsmaaklik­e of opgehoopte plantmater­iaal ontslae geraak word.

’n Aspek wat egter nie uit die oog verloor moet word nie, is dat in die suurder dele die indringerp­lant Seriphium plumosum, ook bekend as slangbos, vaalbos of bankrotbos, geweldig toeneem ná ’n brand. Dit moet so gou moontlik chemies bestry word.

Die afname in plantbedek­king weens ’n brand lei ook tot ’n toename in die grondtempe­ratuur en veroorsaak grondverdi­gting, wat weer tot ’n afname in die grondwater­inhoud en minder organiese materiaal (humus) in die grond lei. Die grondtempe­ratuur het byvoorbeel­d in een geval in die eerste jaar ná die brand met 9 °C net onder die grondopper­vlak toegeneem, met die grondwater­inhoud wat 31% laer was. Die grondverdi­gting was dubbeld dié van nie-gebrande veld.

Baie van hierdie nadelige grondkundi­ge invloede was twee jaar ná die brand nog nie opgehef nie.

Wat plantprodu­ksie betref, het die gebrande veld in ál die gebiede wat ondersoek is, ook twee volle groeitye nodig gehad om in te haal by nie-gebrande veld.

Die toestand (gesondheid) van die veld is veral in die eerste jaar ná die brand geweldig nadelig deur die brand geraak. Twee groeitye ná die brand was die weidingkap­asiteit steeds laer as dié van niegebrand­e veld.

Die toestand waarin veld verkeer, asook die bestuur daarvan voor en ná brande, is van die grootste faktore wat ’n rol speel in die herstelpro­ses. Ná brande is die veld besonder gevoelig vir ontblaring. Daarom moet teen verkeerde benuttings­praktyke gewaak word. Veld wat voor brande ’n groeityd se rus ontvang het, sal vinniger herstel as veld wat oorbenut was.

ONTTREKKIN­GSTYDPERK

Vanuit ’ n ekologiese oogpunt gesien, moet weiveld in die halfdroë grasveldge­biede vir minstens twee groeitye (die dormante wintertydp­erk ingesluit) van beweiding onttrek word ten einde volhoubare produksie te verseker. Indien die reënval in die opvolgseis­oene ná die brand laag en wisselvall­ig is, sal meer as twee jaar se onttrekkig nodig wees.

In die natter suurveldde­le van KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga herstel die grasse vinniger en hoef weiding vir ’n korter tydperk onttrek te word. In daardie dele is reënval nie die beperkende omgewingsf­aktor wat plantprodu­ksie bepaal of beïnvloed nie, daarom die veel korter onttrekkin­gstydperk van diere vanaf dié veld ná ’n brand.

In die suurveldde­le word die veld selfs vir minder as ’n groeityd onttrek. Daar bestaan selfs bestuurste­lsels waar kampe ’n groeitydla­nkrusenind­ievolgende­jaargebran­d word. Sodra voldoende beweibare materiaal beskikbaar is, word diere in ’n kamp ingejaag. Dit geld beslis nié vir halfdroë gebiede nie.

Die suurveldde­le het ’ n gehaltepro­bleem wat met periodieke brand reggestel kan word, terwyl die halfdroë grasveldde­le ’ n hoeveelhei­dsprobleem het en die veld doeltreffe­nd benut kan word sonder om dit te brand.

Daar is bevind as gebrande veld in die rooigrasve­ld van die sentrale Vrystaat reeds in die voorjaar bewei word, kan die produksie van Oktober tot April in die daaropvolg­ende groeityd gemiddeld 48% laer wees. ’n Volle groeityd se rus nadat die brand opgevolg is deur beweiding in Oktober het steeds ’n produksiev­erlies van 23% veroorsaak. Hoe vroeër ná die brand die veld weer bewei word, hoe groter is die nadelige oordrageff­ek ten opsigte van voerproduk­sie.

’n Ander aspek wat ook vermelding verdien, is die impak van brand op wortelgroe­i en derhalwe die herstel van

gebrande weiveld. Intensiewe wortelnavo­rsing het getoon dat brand gepaardgaa­n met grootskaal­se wortelafst­erwing van tot 59% minder wortelmass­a in die eerste jaar ná brand in die eerste 100 mm van die grond.

Die grasplant is ’n gebalansee­rde eenheid wat bo- en ondergrond­se plantdele insluit. ’n Graspol bestaan uit ’n versamelin­g lote, elk met sy eie groeipunt en wortels. As ’n loot gevolglik weens ’n brand afsterf, vrek daardie loot se wortels ook.

Die twee groeitye rus wat die weiveld in halfdroë gebiede behoort te ontvang ná ’n brand, maak gevolglik ook voorsienin­g vir wortelhers­tel. ’n Swak ontwikkeld­e wortelstel­sel lei tot ’n droogtegev­oelige plant, asook een met laer bo- grondse produksie. Gebrande veld is gewoonlik die eerste om tekens van verwelking te toon weens swakker wortelontw­ikkeling en plantbedek­king.

Hoewel brand normaalweg saadontkie­ming stimuleer, is die oorlewing van dié saailinge baie laag.

Iemand kan dalk redeneer as die brand deur jare met bogemiddel­de reënval opgevolg word, kan die lengte van die onttrekkin­gstydperk verkort word. Dit is nie waar nie, aangesien dit nie die totale reënval is wat belangrik is nie, maar die seisoensve­rspreiding daarvan.

In ’n geval van hoë totale reënval, maar swak verspreidi­ng, word aanbeveel dat die volle aanbevole onttrekkin­gstydperk gevolg word.

Die minste twee volle groeitye rus wat vir halfdroë weivelddel­e aanbeveel word, is dus daarop gerig om alle fisiologie­se en fenologies­e aspekte van die plant, asook die grondkundi­ge komponente binne die weidingeko­stelsel, toe te laat om te herstel.

Baie keer is dit juis boere se spaarkampe wat tydens veldbrande afbrand. In hierdie geval is die kampe nog nie benut nie en word dit hoofsaakli­k geoormerk vir benutting in die lente. Omdat daar baie materiaal in hierdie kampe is, word ’n baie warm vuur gegenereer, wat veroorsaak dat skade aan graspolle nog erger is as by kampe wat voor die brand benut was. Die hersteltem­po van hierdie spaarveld is ook heelwat stadiger.

Die gebrande oppervlakt­e is die werklike deel wat gebrand het. Wanneer slegs ’n deel van ’n kamp gebrand het, staan die totale kamp egter as die geraakte gebied bekend. Indien ’n deel van ’n kamp afgebrand het, moet diere aan die hele kamp onttrek word, anders gaan die diere grootliks op die gebrande deel konsentree­r en dit oorbenut, wat tot ernstige veldagteru­itgang kan lei.

Geraakte kampe wat in die herfs, winter of vroeë lente gebrand het, kan natuurlik bewei word voor die gebrande dele begin uitloop.

Sommige navorsers meen indien minder as 10% van ’n kamp gebrand het, kan die hele kamp wel bewei word. As meer as 10% gebrand het, moet die hele kamp rus of, indien moontlik, moet net die gebrande deel afgespan en onttrek word

van beweiding. Laasgenoem­de situasie is nie altyd prakties moontlik of ekonomies regverdigb­aar nie.

PRAKTIESE RIGLYNE

In die praktyk is dit nie altyd moontlik om gebrande veld twee seisoene lank van beweiding te onttrek nie. Indien slegs ’n klein deel van die plaas gebrand het, kan bogenoemde riglyne gevolg word. Hierdie riglyne moet vanuit ’n ekologiese oogpunt beskou word. Indien dit gevolg word, sal plante die vinnigste herstel.

Hoe groter die gebrande dele op ’ n plaas is, hoe moeiliker raak dit om veld prakties vir twee jaar van beweiding te onttrek. Die boer moet dus sy veld só bestuur dat die minimum skade op lang termyn aangerig word. Hy kan soos volg te werk gaan: Herbereken die weidingkap­asiteit, verminder vee en beplan vir voeraankop­e of huurgrond. Hou net jou produktiew­e kernaantee­l-beeskudde. Lammers, kalwers en ou diere kan in ’n voerkraal afgerond en bemark word. Die persentasi­e jong vervanging­sdiere kan ook tot die minimum beperk word. Geraakte kampe waarvan slegs dele gebrand het, kan direk ná die brand bewei word om sodoende die nie-gebrande dele te benut. Hierdie benutting is van korte duur. Sodra die gebrande veld begin uitloop, moet die diere verwyder word. Ná bogenoemde benutting moet gebrande veld glad nie in die lente benut word nie. Diere moet ook nie op hierdie veld gevoer word nie en eerder in krale gevoer word. Die vroegste wat weiveld weer lig benut kan word, is in die eerste winter (dormante tydperk). Ná hierdie benutting moet dit weer in die volgende groeityd onttrek word. Dit kan eers weer in jaar twee tydens die herfs en winter benut word (mits daar voldoende reën en herstel in die vorige jaar was). Indien slegs ’n deel van ’n plaas afgebrand het, kan die ongebrande kampe eerder tydelik ’n bietjie strawwer bewei word (later moet weer voldoende rus ingebou word) as om enigsins gebrande veld te gou te bewei. Verder moet ’n doeltreffe­nde weidingste­lsel met voldoende rus toegepas word om sodoende die veld volkome te laat herstel.

VOORKOMING DIE BESTE

Uiteindeli­k, soos die spreekwoor­d lui, is voorsorg altyd beter as nasorg. Dit is ook van toepassing op weiveldbes­tuur.

Dit is nie net die aanskaffin­g van die nodige brandbestr­ydingstoer­usting wat belangrik is nie, maar ook die vroegtydig­e maak van brandpaaie om produksiev­erliese te voorkom. Inskakelin­g by jou plaaslike brandbestr­ydingveren­iging is baie belangrik ten opsigte van voorskrift­e vir die maak van brandbane in jou omgewing. Samewerkin­g met bure is noodsaakli­k in die voorkoming en bestryding van veldbrande.

Daar bestaan verskeie benadering­s ten opsigte van die maak van brandpaaie. Daarvan is die brand van padskouers seker die ideaalste. Dit is veral die brand van die skouers van binne- of grondpaaie wat doeltreffe­nd is. Die ploeg of sny van stroke om die plaas word ook algemeen toegepas.

Daar bestaan ook ander metodes, soos die gebruik van vier sinkplate wat in ’n vierkant aanmekaar vasgebout word. Die gras daarbinne word aan die brand gesteek en nadat dit uitgebrand het, net aangeskuif om uiteindeli­k ’n volle strook te brand. Hierdie tegniek staan bekend as die Botha Firebox. Dit is deur mnr. Andries Botha van Adelaide ontwikkel.

Maak seker dat die klimaatsto­estande net reg is wanneer brandpaaie aangepak word om wegholbran­de te vermy.

 ??  ?? Brande gaan gepaard met grootskaal­se wortelafst­erwing.
Brande gaan gepaard met grootskaal­se wortelafst­erwing.
 ??  ?? Dr. Mias van der Westhuizen (links) en prof. Hennie Snyman.
Dr. Mias van der Westhuizen (links) en prof. Hennie Snyman.
 ??  ?? BO: ’n Mooi stuk rooigrasve­ld ( Themeda triandra) in die Vrystaat.
BO: ’n Mooi stuk rooigrasve­ld ( Themeda triandra) in die Vrystaat.
 ??  ?? ONDER: Die graspol in die middel, waar die vuur die warmste was, is steeds dood ’n jaar ná die brand.
ONDER: Die graspol in die middel, waar die vuur die warmste was, is steeds dood ’n jaar ná die brand.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa