Ver­be­ter be­set­ting dras­ties met min­der uit­ga­wes

Mnr. Arthur de Vil­liers ( links), Bons­ma­ra­boer van die plaas Ar­ca­dia by Vre­de, sê dit maak sin om koeie la­ter in die jaar te laat kalf wan­neer daar be­ter weiding is. Die re­de? Koeie wat in ’n goeie kon­di­sie is wan­neer hul­le kalf p­leks van wan­neer die bull

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Arthur de Vil­liers, e-pos: am­dev@zipp­north. co.za

Baie boe­re frons en won­der hoe­kom ons op Ar­ca­dia ons bul­le so­veel la­ter as die ge­mid­del­de Ho­ë­veld-boer by ons koeie sit. Se­ke­re boe­re sit al op 1 Sep­tem­ber die bul­le by, an­der op 1 Ok­to­ber en die mees­te op 1 No­vem­ber.

Ons be­gin ons dek­tyd die af­ge­lo­pe vyf jaar op 15 De­sem­ber – dus heel­wat la­ter as ons me­de­boe­re. Ons het ook aan­vank­lik op 1 No­vem­ber die bul­le by­ge­sit, maar ná 15 jaar op die Ho­ë­veld (ons is nou 27 jaar hier) het ons stel­sel­ma­tig al hoe la­ter be­gin dek, son­der om ons “uit­haal­da­tum” aan te skuif.

Dit was nie ’n mak­li­ke be­sluit nie. Een van die groot­ste be­kom­mer­nis­se is ’n la­er speen­ge­wig. Vir el­ke maand wat ’n kalf vroe­ër in die kalf­tyd ge­bo­re word, weeg hy of sy 25-30 kg meer, maar teen wat­ter kos­te word hier­die speen­ge­wig ver­kry? In die mees­te ge­val­le ruil jy net ran­de vir ran­de.

Ná baie op­lees, deel­neem aan ’n be­spre­kings­groep en eie waar­ne­ming van die voor­de­le van “la­ter in die len­te be­gin kalf”, is ons dek­da­tum dus nou 15 De­sem­ber. Ons be­hoort op pa­pier eint­lik nog twee we­ke la­ter te be­gin dek, maar met al die va­kan­sie dae tot en met 2 Ja­nu­a­rie werk “van­af 15 De­sem­ber” vir ons goed.

Ons kalf­da­tum is dus van­af die laas­te week in Sep­tem­ber.

Ons al­mal weet hoe be­lang­rik vrug-

baar­heid vir ons vleis­bees­boe­re se fi­nan­si­ë­le oor­le­wing is. Hoe meer kal­wers teen die laag­ste moont­li­ke kos­te aan­kom, hoe meer kan ons ver­koop, hoe be­ter kan ons se­lek­teer en hoe be­ter kan ons boer­de­rye oor­leef.

KON­DI­SIE IS BE­PA­LEND

Ek wil graag ’n kon­sep be­spreek wat jou kud­de se be­set­ting­sy­fer dra­ma­ties kan ver­hoog en ter­self­der­tyd jou kos­te gaan ver­laag. Dit is heel­te­mal na­tuur­lik en gee jou die bes­te van twee wê­rel­de.

Hier­die kon­sep be­rus op die koei se lig­gaams­vet (kon­di­sie) met kalf­tyd en net voor sy kalf.

Dit is al­ge­me­ne ken­nis dat ’n brand­ma­er koei (’n kon­di­sie­tel­ling van 1-1,5 uit 5) gaan suk­kel om be­set te raak. (Vir ’n koei om bin­ne 365 dae te kalf, het sy 82 dae tyd om be­set te raak na­dat sy ge­kalf het as die drag­tig­heids­tyd­perk op 283 dae ge­neem word.) So ’n ma­er koei kan tot 180 dae no­dig hê om weer be­set te raak. Lig­gaams­vet met kalf­tyd het ’n gro­ter uit­wer­king op her­be­set­ting as lig­gaams­vet met dek­tyd.

Dit is ook in­te­res­sant dat klein ver­skil­le in lig­gaams­vet ’n groot ver­skil kan maak aan be­set­ting­sy­fers. Daar is dus ’n groot kor­re­la­sie tus­sen lig­gaams­vet met kalf­tyd en vrug­baar­heid teen dek­tyd.

Soos boe­re weet, is ’n koei nie da­de­lik na­dat sy ge­kalf het, ge­reed om weer “bul te vat” nie. Ná kalf is daar ’n on­vrug­ba­re tyd­perk waar­in die koei moet her­stel van die kalf­pro­ses. In hier­die tyd moet die baar­moe­der her­stel en te­rug­krimp tot nor­maal. Daar is ook hor­mo­na­le af­skei­dings wat moet ver­an­der van voor kalf­tyd tot by haar eer­ste hit­te­si­klus. Die leng­te (aan­tal dae) van hier­die on­vrug­ba­re tyd­perk hang af van hoe vet die koei was toe sy ge­kalf het (sien TA­BEL 1 ).

Die mees­te boe­re glo ver­keer­de­lik dat vrug­baar­heid en ’ n ver­be­te­ring in kon­di­sie ty­dens die dek­tyd die groot­ste fak­tor is as dit by goeie be­set­ting kom. Dit speel wel ’n rol, maar hoe­veel vet die koei op­ge­bou het voor en met kalf­tyd, is baie be­lang­ri­ker.

Daar is ook be­wys dat die eer­ste hit­te­si­klus ná kalf­tyd wel vrug­baar kan wees, maar dat die twee­de si­klus – 21 dae la­ter – die bes­te si­klus en kans vir be­set­ting is. Die aan­be­ve­ling is dus dat jou dek­tyd ná die on­vrug­ba­re tyd­perk plus een si­klus moet be­gin.

In die per­fek­te wê­reld – waar­in nie­mand van ons is nie – word ’n dek­tyd van 42 dae aan­be­veel. (Dit be­te­ken nie dat ’n mens nie daar­na kan stre­we nie!) Dit kom daar­op neer dat jou koeie so vroeg moont­lik bin­ne die dek­tyd bul moet vat. Die koeie wat la­ter kalf, het dood­ge­woon nie ge­noeg tyd om be­set te raak nie. Met ’n dek­tyd van 60 dae of 90 dae geld die­self­de be­gin­sel.

TA­BEL 2 toon die per­sen­ta­sie koeie wat 90 dae ná kalf her­be­set was ver­ge­le­ke met hul kon­di­sie­tel­ling. So­dra die kon­di­sie­tel­ling 4,5 en 5 was (baie vet) teen kalf­tyd, het die be­set­ting­sy­fer weer af­ge­neem tot 75% van die koeie. Té vet is dus ook ver­keerd.

Dit is nie die ein­de van die sto­rie nie. Om bo­ge­noem­de re­sul­ta­te te ver­kry, moet koeie ook ge­wig op­tel net voor hul­le kalf. ’n Koei wat in ’n goeie kon­di­sie voor kal­tyd is, be­hoort nie ge­wig te ver­loor in die dae voor en met kalf­tyd nie om­dat sy in hier­die deur­slag­ge­wen­de tyd baie meer e­ner­gie no­dig het. As sy net van haar op­ge­berg­de vet af­hank­lik is, gaan sy steeds meer tyd no­dig hê om haar eer­ste hit­te­si­klus te be­reik. Lig­gaams­vet is ’n fan­tas- tie­se bron om te ver­se­ker dat die koei ge­noeg e­ner­gie­re­ser­wes het om haar­self te laat her­stel, vir haar kalf te sorg en weer drag­tig te raak. As sy nou ge­wig ver­loor, gaan haar in­stink in­tree en sy gaan eer­der vir haar en haar kalf sorg voor sy weer op hit­te kom.

Ons dink baie keer dat ons kan “reg­maak” deur skraal koeie goed ge­wig te laat op­tel voor die dek­tyd. Dit werk, maar nie so goed nie. Ont­hou, die hor­lo­sie be­gin tik as die kalf ge­bo­re word. Jy kan nie die hor­lo­sie te­rug­draai nie. Die pro­bleem is dat die koei die ma­nier hoe sy vet as e­ner­gie ge­bruik, pri­o­ri­ti­seer. Sy ge­bruik eers e­ner­gie vir haar eie on­der­houd en baar­moe­de­r­in­vo­lu­sie, en dan ge­bruik sy ge­wel­dig baie e­ner­gie om ge­noeg melk vir haar kalf te le­wer en ’n goeie ma te wees. Eers as in hier­die e­ner­gie­be­hoef­tes voor­sien is, sal sy be­gin ge­wig op­tel.

Ter­wyl die koei drag­tig is, is dit taam­lik mak­lik vir haar om ge­wig op te tel. Drag­tig­heid ge­bruik e­ner­gie, maar nie so­veel dat daar nie ge­noeg oor is vir haar om in kon­di­sie te ver­be­ter nie. As die koei eers ge­kalf het, ver­an­der haar e­ner­gie­ba­lans dras­ties. Dan is dit by­na on­moont­lik vir haar om ge­noeg ka­lo­rieë in te neem om melk te le­wer en ge­wig op te tel.

Om uit ’n sak in hier­die be­hoef­tes van haar te voor­sien, is glad nie wins­ge­wend nie. Dink maar hoe­veel e­ner­gie- of pro­duk­sie­lek gee jy vir die koeie wat voor die len­te of in die vroeë len­te kalf (voor die gras be­gin groei het). Dit vreet aan jou

wins. Dit is moei­lik om die ba­lans te vind tus­sen vroeg kalf in ’n goeie kon­di­sie en steeds ge­wig op­tel ná kalf­tyd.

Hier dink ek aan boe­re wat oes­res­te het. Die koeie kalf wel in ’n goeie kon­di­sie, maar ont­hou die res van die sto­rie ná kalf. Dit werk, maar dit is nie ’n re­sep vir ’n la­e­kos­te-koei-kalf­stel­sel nie. Ná kalf­tyd, as die res­te op is, be­gin die pro­bleem van kos­te aan die een kant en die “ba­klei” teen die na­tuur om die koeie in ’n goeie kon­di­sie te hou (ver­kies­lik ge­wig te laat toe­neem) aan die an­der kant.

LAAT KALF WAN­NEER WEIDING GROEI

Daar is ’n an­der stra­te­gie om oor­win­te­rings­kos­te te be­snoei, koeie goed­koop te laat ge­wig op­tel voor hul­le kalf, al die ka­lo­rieë te voor­sien wat be­no­dig word vir lak­ta­sie en om vrug­baar­heid en be­set­ting te ver­hoog son­der dat dit jou e­nig­iets meer gaan kos aan ek­stra voer of lekke. In­teen­deel, dit gaan jou min­der kos. Dié stra­te­gie is: Laat jou koeie kalf ty­dens die groei­tyd van die gras

Kom ons kyk wat ge­beur as jy die kalf­tyd ’n bie­tjie aan­skuif. As jou koeie vier tot ses we­ke ná die be­gin van die groei­tyd van die weiding be­gin kalf, is hul­le in ’n to­taal an­der si­tu­a­sie as die koeie wat voor die groei­tyd kalf. Hier­die koeie wat la­ter kalf, het min­stens ses we­ke van goeie, we­li­ge en goed­koop weiding be­skik­baar voor hul­le kalf. Om­dat hul­le nie lak­teer nie – selfs al kom hul­le skraal uit die win­ter uit – het hul­le ge­noeg tyd en nie so­veel e­ner­gie no­dig om ’n kon­di­sie­punt van 3,5 of 4 te be­reik voor hul­le kalf nie.

’n Kon­di­sie­punt van 3,5 tot 4 be­te­ken ’n kor­ter on­vrug­ba­re tyd­perk. Be­set­ting sal daar­om baie be­ter wees en jy sal nie ’n for­tuin be­stee aan win­ter­voer om hier­die hoë be­set­ting te be­reik nie.

Daar is dus ’n groot voor­deel met be­trek­king tot vrug­baar­heid as jy jou kalf­tyd aan­skuif tot in die groei­tyd van die weiding. Die mees­te van jou koeie gaan 30-60 dae ná kalf be­set raak. Jy kan ’n een­vor­mi­ge kalf­groep ver­wag om­dat die mees­te kal­wers bin­ne twee maan­de van me­kaar ge­bo­re word. Be­ter be­stuur ten op­sig­te van on­der meer waar­ne­ming, ont­hoor­ning, kas­tra­sie, in­en­tings en be­mar­king is dus moont­lik.

Soos vroe­ër ge­noem, be­ter be­set­ting be­te­ken be­ter se­lek­sie en min­der uit­skot van on­be­set­te koeie. Meer kal­wers be­te­ken jy kan jou bes­te ver­se hou en kal­wers teen ’n la­er kos­te le­wer, wat jou net­to in­kom­ste ver­hoog. Dit is ál wat vleis­bees­boe­re sal laat oor­leef.

Melk­pro­duk­sie gaan nie erns­tig be­na­deel word as jy die kalf­tyd aan­skuif nie, want jy het nog die groot­ste deel van die so­mer oor. Kal­wers wat op we­li­ge veld ge­bo­re word, is baie ge­son­der as kal­wers wat ge­bo­re word in klein kam­pies waar hooi­ba­le ge­voer word. Mod­der, koeie wat om ba­le saam­drom en laat kou­e­fron­te is sleg vir ’n jong kalf.

Meer lig­gaams­vet by koeie be­te­ken meer bies­melk. Daar­om is kal­wers wat la­ter ge­bo­re word, dik­wels ge­son­der as vroeë kal­wers. Om­dat die koeie in ’n goeie kon­di­sie ge­kalf het, le­wer hul­le ook meer melk in die vol­gen­de vier maan­de. Jou kal­wers groei vin­ni­ger om­dat jou koeie vet­ter is.

Ek moet by­voeg dat ons kal­wers baie maag­wer­kings het. Dit is ge­woon­lik ro­ta­vi­rus of coro­na­vi­rus. Dié pro­bleem het dalk te doen met ons boe­re se ob­ses­sie om vir te veel melk te se­lek­teer. Vroe­ër kal­wers in ’n la­ter kalf­tyd bly die bes­te.

Die ge­boor­te­ge­wig van ons kal­wers is ook ho­ër, maar steeds aan­vaar­baar met die mi­ni­mum kalf­pro­ble­me. Ek dink wel jou ver­se kan vroe­ër kalf – voor die gras groen is – om kalf­pro­ble­me by dié groep te be­perk. Hul­le sal ge­noeg tyd hê om ge­wig op te tel voor hul­le vir die twee­de keer ge­dek word.

Om­dat jou koeie tyd het om in kon­di­sie te ver­be­ter voor hul­le kalf, is jou oor­win­te­rings­kos­te la­er. Ons koeie kom deur die win­ter son­der ’n en­ke­le baal voer (op die koue Ho­ë­veld waar voer­maak aan die or­de van die dag is). Ons kry dit al ja­re

lank reg dank­sy spaar­veld wat ons van­af ein­de Ja­nu­a­rie laat rus. Om die bul­le net 14 dae la­ter by te sit, maak ’n groot ver­skil. Koeie kan tot 20% van hul kon­di­sie ver­loor ter­wyl hul­le drag­tig deur die win­ter gaan. Dan moet jy weet waar en wat­ter kam­pe hul­le gaan vreet om daar­die ge­wig weer op te tel voor hul­le kalf.

Ons het wel be­perk­te hoe­veel­he­de oes­res­te be­skik­baar.

Die­re wat vir ’n kort tyd­perk (drie tot vier maan­de) ge­wig ver­loor het, ge­bruik voe­ding­stow­we baie doel­tref­fend om vir die ver­lies te ver­goed, en hul kon­di­sie kan ná ses we­ke van goeie, groen, vars weiding dra­ma­ties ver­be­ter. Ons sal as ons ’n erns­ti­ge koue front of sneeu sien aan­kom, op Ar­ca­dia ba­le uit­sit, maar op ons an­der pla­se het ons nie eens een baal hooi nie. As die front ver­by is, word daar nie weer ba­le uit­ge­sit nie.

SPEEN- EN DEKBELEID

As jou koeie in die weiding se groei­tyd kalf, kan jy kal­wers la­ter speen as met die tra­di­si­o­ne­le me­to­de. Soos ge­noem, die koeie kan maar ge­wig ver­loor, want hul­le gaan dit weer in die so­mer op­tel voor hul­le kalf.

Ons het ook be­gin om nie meer ons kal­wers te speen nie (ons weeg hul­le wel op die reg­te speen­da­tum, maar jaag hul­le dan weer by die koeie in). Soos wat die weiding se ge­hal­te af­neem, sal die drag­ti­ge koeie hul kal­wers self speen. Ons doen dít ook reeds ’n paar jaar lank, en dit werk. Daar is geen speen­skok nie, geen dra­de word ge­breek nie en daar is geen stres op die ma of die kalf nie.

Die koeie met bul­kal­wers moet wel ge­skei word van die koeie met ver­skal­wers (saam met hul kal­wers), an­ders be­gin die bul­le­tjies die ver­se dek.

Soos mnr. Kit P­ha­ro, groot vleis­bees­boer van Bur­ling­ton in Co­lo­ra­do, A­me­ri­ka, vir ons ge­vra het: “Who we­ans the ku­du calf?”

Ons het al só laat ge­speen (ons het nie ge­weet waar om met die speen­kal­wers heen te gaan nie) dat koeie al weer ge­kalf het ter­wyl hul vo­ri­ge kalf nog by hul­le ge­loop het. Dié koeie se kalf­tyd het met ge­mid­deld 30 dae te­rug­ge­skuif. Ek het self ge­kyk en laat kyk of die ou­er kalf saam met die nu­we kal­fie suip, en ons het dit nog nie een keer ge­sien nie.

Hier­die “te­rug­skuif” ge­beur meest­al by ons koeie wat in die herfs kalf – in ’n baie goeie kon­di­sie. Ons be­leid op Ar­ca­dia is “half a skip a li­fe­ti­me”. ’n Koei kan een maal in haar le­we oor­gaan van die so­mer na die win­ter of van die win­ter na die so­mer, maar nooit weer nie, an­ders word sy uit­ge­skot.

Ons stel ons koeie vir 73 dae (15 De­sem­ber tot 28 Fe­bru­a­rie) in die so­mer en 60 dae (1 Mei tot 1 Ju­nie) in die win­ter aan die bul­le bloot. Dit is dus 133 dae in to­taal.

Wat ek die af­ge­lo­pe twee jaar doen, is om die 133 dae aan me­kaar te ver­bind. Ek het ge­sien as ek die bul­le op 28 Fe­bru­a­rie uit­haal en op 1 Maart is daar ’n koei op hit­te, moet sy oor­staan tot 1 Mei voor sy weer bul kry. In ons wê­reld is Maart en A­pril nog goeie maan­de en dit maak nie vir my sin om in dié laat so­mer nie die bul­le by die koeie te hê nie.

Ons laat dek dus steeds net 133 dae lank, maar dit strek nou van 15 De­sem­ber tot 30 A­pril. As ’n koei nie in hier­die goeie maan­de be­set raak nie, het sy geen ver­sko­ning nie.

As jy la­ter speen, is jou kal­wers la­ter op die mark en kan hul­le vir die Kers­mark aan die voer­kraal ver­koop word – teen ’n be­ter prys.

In­dien jy ge­noeg weiding het, kan jy die kal­wers nóg la­ter speen. Speen hul­le wan­neer die koeie in daar­die won­der­li­ke, groen weiding in­gaan. Dan be­nut jy ook die kal­wers se kom­pen­se­ren­de groei en jy ver­koop die kal­wers dan as goed­koop groot­ge­maak­te long we­a­ners van 280-300 kg wat reeds voor­be­rei is vir die voer­kraal. As jy met ’n voer­kraal on­der­han­del, kan jy reeds die kal­wers vir hom ent en voor­be­rei en so­doen­de dalk ’n ek­stra pre­mie ver­dien. Hier­die be­stuurs­prak­ty­ke werk ver­se­ker vir Ar­ca­dia-Bons­ma­ras. Dit werk ver­al be­ter met vroe­gryp bees­te wat blits­vin­nig vet aan­sit so­dra die groen gras kom. Die reg­te gene speel dus ook ’n rol. Me­di­um­raam­bees­te met goeie ka­pa­si­teit, ma­ti­ge be­spie­ring, ’n goeie aan­pas­sings­ver­moë en wat vin­nig op die veld vet word, werk oor die he­le wê­reld heen uit­ste­kend in eks­ten­sie­we de­le.

Mnr. Arthur de Vil­liers van Vre­de is die ei­e­naar van die Ar­ca­dia-Bons­ma­ra­stoe­te­ry.

Hier­die koei het haar kalf­da­tum met 32 dae ver­vroeg om­dat sy in so ’n goeie kon­di­sie van die veld af ge­kalf het.

As ’n koei in so ’n kon­di­sie is as sy kalf, be­hoort sy mak­lik voor 82 dae ná kalf her­be­set te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.