Landbou Vee

Bloktoets wys boere kan meer wins maak

’n Uitslagper­sentasie van byna 62 vir ’n klas C-koei? ’n Beesboer het met ’n bloktoets op ’n Chianinako­ei, die grootste beesras ter wêreld, gewys dit is moontlik. Dié beeste hou groot voordele vir kruistelin­g in.

-

Toe mnr. Christiaan de Jager ( inlas bo) van Badplaas onlangs ’n 12-jarige Chianinako­ei laat slag en sy ’n uitslagper­sentasie van byna 62 behaal, het dit bevestig wat hy lankal in die buiteland gehoor en self vermoed het: Daar is nog onontginde moontlikhe­de vir SuiderAfri­ka se boere om meer wins te maak en hul volhoubaar­heid te verhoog.

Dit gaan tans nie sleg met veeboere nie omdat hulle nou hoë pryse vir hul slagvee kry. Almal is besig met kuddebou ná die droogte en slaggoed wat op die mark kom, is skaars. As dié geil tye verby is, gaan boere egter weer minder vir hul slagdiere kry. Dit is dus raadsaam om nou al nuwe planne te beraam.

Christiaan het lank by Roedtan geboer, maar is besig om sy plase daar te verkoop en het hom en sy O-La-La Chianina-stoetery reeds by Badplaas gevestig. Die reënval is hoër daar en hy is nader aan sy boerdery in Mosambiek, waar hy ook met Chianinas boer. Hy boer ook in Italië, waar die Chianina oorspronkl­ik vandaan kom.

KOEI GEVOER

Die Chianinako­ei met die reuse-uitslagper­sentasie is by die Klipeiland-abattoir op Bronkhorst­spruit geslag. Die karkas is onder toesig van mnre. Arnold Durr en Dave Harris van BKB geweeg en het 814 kg geweeg.

Toe het Christiaan ’n bloktoets by Uitkyk Vleismark in Pretoria laat doen. LBW Vee was daar toe die personeel in ongeloof aankondig het dat die koei 61,56% uitgeslag het.

Christiaan meen dit maak nuwe deure vir boere oop, “ook vir kommersiël­e telers. ’n Hoë uitslagper­sentasie beteken daar kom ’n groter karkas uit die geslagte bees, wat vir almal voordelig is.”

Byna ’n derde van alle vleis wat in Suid-Afrika gelewer word, kom van klas C-koeie wat ná hul produksiel­eeftyd geslag word.

Die algemene benadering is dat klas Ckoeie 50% uitslag. In ongewone gevalle, as hulle baie vet is en ’n uitsonderl­ike liggaamsbo­u het, kan hulle tot 54% uitslag.

Die TABEL toon die uitslag van die bloktoets. Die koue gewig was 501,15 kg. “Die uitslagper­sentasie is baie be- langrik. As dié koei (wat 814 kg geweeg het) net 50%, soos die norm is, sou uitslag, sou haar karkas 407 kg geweeg het. Haar beter uitslagper­sentasie beteken sy het ’n karkas van 501,15 kg gelewer. Dit is ’n verskil van 94,15 kg by dieselfde bees. Teen R38/kg maak dit ’n wesenlike verskil aan die bedrag wat ’n boer vir sy geslagte bees kry (R3 577).

“Die ras het ’n goeie been-tot-vleis-verhouding weens sy fyn beenstrukt­uur, en min harde vet, wat die waarde wat die slagter kry, ook vir hom aanloklik maak,” sê Christiaan.

Mnr. Martin Seyfferdt, bekende SuidAfrika­anse beoordelaa­r en beeskenner, verwys dikwels na die korrelasie tussen karkasleng­te en uitslagper­sentasie. Christiaan se raad is dan ook: Teel jou diere langer. Vleisprodu­ksie word beïnvloed deur lengte, nie deur die dikte van ’n bees nie.

MIN VET EN BENE

Die tabel toon dat dié koei net 4,17% afvalbene gehad het, veel minder as die gemiddelde van 9,57% van die standaardk­arkasse wat by Uitkyk beland. Die Chianina het ook net 7,84% harde vet gehad, teenoor ’n algemene karkas se 9,68%. Dié bene en vet word teen ’n verlies verkoop. Nog goeie nuus is die hoër persentasi­e keursnitte, naamlik kruisskyf, klubskyf en filet.

“Dis mos die goeie nuus waarna ons boere smag. As hulle sulke karkasse kan lewer, sal hulle nooit sukkel om dit teen ’n goeie prys te verkoop nie.”

Die bloktoets dien sommer ’ n ander mite die nekslag toe, naamlik dat die Chianina “te groot” is. “Wins by beesboerde­ry begin by ’n hoë kalfpersen­tasie (gemiddeld 86,23), wat ook ’n eienskap van die Chianina is, maar vir die voerkraal gaan dit oor die voeromsett­ingsverhou­ding en uitslagper­sentasie. Dís waar hul wins lê,” sê Christiaan.

Hy het van 2000 tot 2010 aan fase Cprestasie­toetsing deelgeneem. Gemiddeld behaal sy rasegte bulle ’n voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) van 5,01; met ander woorde hulle vreet 5,01 kg voer om 1 kg gewig aan te sit. Kruisings vaar selfs beter (lees die kassie hierbo).

Vyf semenstroo­itjies van die top- Italiaanse Chianinabu­l Lio di Maria Bianca is onlangs op Christaan se produksiev­eiling vir R16 000 elk verkoop, en ’n embrio het R50 000 behaal. NAVRAE: Mnr. Christiaan de Jager, sel 082 569 3359.

 ??  ?? Christiaan het sy boerderyna Badplaas geskuif, waar die reënval hoër is en hy nader aan sy boerdery in Mosambiek is.
Christiaan het sy boerderyna Badplaas geskuif, waar die reënval hoër is en hy nader aan sy boerdery in Mosambiek is.
 ??  ??
 ?? FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER ?? Die karkas word geweeg nadat dit by die Klipeiland-abattoir op Bronkhorst­spruit geslag is. Die koei het lewend 814 kg geweeg. As 12-jarige koei het sy 61,56% uitgeslag.
FOTO: CHRISTIAAN DE JAGER Die karkas word geweeg nadat dit by die Klipeiland-abattoir op Bronkhorst­spruit geslag is. Die koei het lewend 814 kg geweeg. As 12-jarige koei het sy 61,56% uitgeslag.
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Dolf Kuhn van Uitkyk Vleismark besig om ’n bloktoets op die Chianinaka­rkas te doen.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Dolf Kuhn van Uitkyk Vleismark besig om ’n bloktoets op die Chianinaka­rkas te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa