In­ten­sie­we stel­sels verg skaal­e­ko­no­mie

Van­weë die be­hoef­te aan ver­ti­ka­le uit­brei­ding op skaap­pla­se raak die be­lang­stel­ling in in­ten­sie­we boer­de­ry ál gro­ter. Ver­snel­de lam­tye is eg­ter teen die na­tuur en verg uit­ste­ken­de be­stuur. ’n Ken­ner ver­ge­lyk ’n in­ten­sie­we en eks­ten­sie­we stel­sel.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Dr. Philip T­heu­nis­sen, e-pos: philip@com­pu­tus.co.za

Skaap­boer­de­ry is ge­skoei op ’n stel­sel van na­tuur­li­ke kud­de­be­stuur se­dert ska­pe so­wat 12 000 jaar ge­le­de vir die eer­ste keer mak­ge­maak is. Dié tra­di­si­o­ne­le stel­sel maak ge­bruik van ’n ooi se na­tuur­li­ke nei­ging om in die herfs drag­tig te raak en dan in die len­te, wan­neer na­tuur­li­ke weiding vol­op is, te lam.

Se­dert­dien is baie skaap­ras­se eg­ter al ge­se­lek­teer om in die len­te ge­dek te word en in die herfs te lam wan­neer an­der ti­pes voed­sel, soos oes­res­te, vol­op is.

Meer lam­mers be­te­ken meer in­kom­ste. Ge­volg­lik eks­pe­ri­men­teer ver­skeie boe­re en na­vor­sings­in­stel­lings nou al de­ka­des lank om die aan­tal lam­mers wat ’n ooi per jaar kan le­wer, te ver­hoog deur die ooi óf meer lam­mers per keer te laat kry óf meer ge­reeld as een keer per jaar te laat lam.

Die stel­sel wat skyn­baar die bes­te werk, is die ster­stel­sel van die Cor­nell-u­ni­ver­si­teit in New York, A­me­ri­ka, waar ’n ooi vyf keer in drie jaar lam. In we­se be­hels dit dat ’n ooi net meer as vyf maan­de lank drag­tig is, dat die lam­mers op die ou­der­dom van agt we­ke ge­speen word, dat die ooi vier we­ke her­stel­kans kry en dan weer vir ’n vol­gen­de lam­si­klus ge­dek word. Só lam sy el­ke agt maan­de. As sy boon­op meer­lin­ge kan kry, is ’n jaar­lik­se lam­per­sen­ta­sie van 180 moont­lik.

’n Mens wil eg­ter on­wil­le­keu­rig vra hoe ver­snel­de lam­stel­sels eer­stens met me­kaar ver­ge­lyk en dan hoe dit teen­oor eks­ten­sie­we, jaar­lik­se lam­stel­sels vaar.

TEEN DIE NA­TUUR

Ver­snel­de lam­tye trek voor­deel uit die vrug­baar­heid en kort drag­tig­heids­pe­ri­o­de van ska­pe. Daar­om maak sul­ke lam­stel­sels op die vol­gen­de s­taat: Ooie moet met meer ge­reel­de in­ter­val­le lam­mers kry. Die duur van die lam­tyd moet ver­kort word. Die mees­te ooie moet meer­lin­ge kry. Ooie moet vin­ni­ger ná die lam­tyd weer dek­baar wees. Vrek­tes, ver­al by meer­lin­ge, moet tot die mi­ni­mum be­perk word. Die ooie se melk­pro­duk­sie moet hoog wees om meer­lin­ge te kan groot­maak. Groot hoe­veel­he­de voer moet on­be­perk be­skik­baar wees. Kortom, ver­snel­de lam­tye is teen die na­tuur van die ooi én die na­tuur­li­ke be­skik­baar­heid van voed­sel en ver­eis dus dras­tie­se in­gry­ping deur die boer. Ge­volg­lik gaan sul­ke stel­sels nood­wen­dig ge­paard met die kuns­ma­ti­ge aan­spo­ring van die ooi se es­trum, sin­chro­ni­sa­sie van ’n kud­de se es­trum, in som­mi­ge ge­val­le die ge­lyk­ty­di­ge kuns­ma­ti­ge be­vrug­ting van die kud­de deur mid­del van la­pa­ro- sko­pie en ook die ver­skaf­fing van vol­voer­rant­soe­ne aan ooie én lam­mers, meest­al in lam­hok­kies. Die som­to­taal daar­van is dat ’n ver­snel­de lam­tyd­stel­sel aan­sien­lik meer uit­ga­wes tot ge­volg het en dus ’n baie gro­ter ma­te van be­stuur verg.

VERGELYKENDE SY­FERS

TA­BEL 1 be­vat vergelykende sy­fers van ver­skil­len­de lam­stel­sels. Die vol­gen­de aan­na­mes is van toe­pas­sing: Die ef­fek­tie­we speen­per­sen­ta­sie is be­re­ken van­af die ooie wat ge­dek is en sluit in ooie wat nie drag­tig was nie, ooie wat drag­tig was, maar nie ge­lam het nie en lam­mers wat ge­vrek het. Hoe kor­ter die la­min­ter­val, hoe lig­ter is die lam­mers se speen­ge­wig om­dat die ooi nie tyd ge­gun word om self die lam tot by ’n swaar­der ge­wig te voed nie. Lig­ter lam­mers het ’n pre­mie van R2/kg bo die nor­ma­le prys dank­sy die aan­vraag daar­voor deur voer­kra­le. Vol­gens TA­BEL 1 le­wer die in­ten­sie­we stel­sel met ’n lam­tyd el­ke ne­ge maan­de die hoog­ste in­kom­ste, naam­lik R1 960/ ooi/jaar. Dit word be­haal met 1,6 lam­mers per ooi per jaar wat ge­mid­deld 34 kg weeg en teen R32/kg ver­koop word. Die in­kom­ste sluit R200 se wol­ver­ko­pe in.

Ta­bel 1 toon dat die to­ta­le uit­ga­wes van die eks­ten­sie­we stel­sel, wat van na­tuur­li­ke weiding in die so­mer en oes­res­te in die win­ter ge­bruik maak, die laag­ste is, naam­lik R475/ooi/jaar.

Die to­ta­le uit­ga­wes van die in­ten­sie­we stel­sel waar daar el­ke agt maan­de ge­lam word, is die hoog­ste, naam­lik R1 579/ ooi/jaar. Ge­volg­lik is hier­die stel­sel se wins van R238/ooi/jaar ook die laag­ste.

Die wins van die eks­ten­sie­we stel­sel, wat na­tuur­li­ke weiding in die so­mer en groen­voer in die win­ter ge­bruik, is die hoog­ste, naam­lik R1 004/ooi/jaar.

SKAALVOORDELE

Daar is wel skaalvoordele be­trok­ke om

in­ten­sief met ska­pe te boer. TA­BEL 2 toon die re­sul­ta­te wan­neer die boer­de­ry se pro­duk­sie-een­he­de meer word. Die aan­na­me is dat eks­ten­sie­we skaap­boer­de­rye nie so mak­lik soos in­ten­sie­we boer­de­rye uit­ge­brei kan word nie om­dat dit be­te­ken nog grond moet by­ge­koop word.

Hoe­wel eks­ten­sie­we skaap­boer­de­ry met groen­voer se wins per ooi die hoog­ste is, toon die ta­bel dat die wins per boer­de­ry met 100 ooie R100 405 sal be­loop en daar sal bly om­dat uit­brei­ding be­perk is.

Daar­teen­oor kan die in­ten­sie­we stel­sel waar­in ooie el­ke 12 maan­de lam, se wins per boer­de­ry tot R246 671 ver­hoog word in­dien daar 500 ooie in pro­duk­sie is.

Skaalvoordele maak dus ’n ver­skil wan­neer die on­der­skeie stel­sels se wins­ge­wend­heid met me­kaar ver­ge­lyk word.

HULPBRONBENUTTING

E­ni­ge boer­de­ry­stel­sel moet uit­ein­de­lik oor die op­ti­ma­le be­nut­ting van be­skik­ba­re hulp­bron­ne gaan. Die ba­sie­se be­gin­sel is dat die boer self moet be­sluit hoe­veel hy van ’n pro­duk kan le­wer met die hoe­veel­heid ar­beid, grond­stof en ka­pi­taal wat tot sy be­skik­king is. Daar is eer­stens ’n fi­sie­ke ver­want­skap, by­voor­beeld die ver­want­skap tus­sen die hoe­veel­heid voer om ’n hoe­veel­heid vleis te le­wer. Die fi­sie­ke hoe­veel­he­de word dan t­wee­dens in ’n fi­nan­si­ë­le ver­want­skap uit­ge­druk, naam­lik die uit­ga­we aan ’n ki­lo­gram voer teen­oor die in­kom­ste uit ’n ki­lo­gram vleis.

Waar een van die kom­po­nen­te bin­ne dié ver­want­skap ’n be­dui­den­de im­pak op die an­der een het, soos voer­kos­te op v­leis­pro­duk­sie, raak dit al hoe be­lang­ri­ker om die op­ti­ma­le punt van pro­duk­sie te vind én te hand­haaf.

In­ten­sie­we lam­stel­sels met vol­voer­rant­soe­ne laat min ruim­te om van dié op­ti­ma­le punt af te wyk.Ty­dens ’n droog­te is voer­rant­soe­ne baie duur. Dit sal in ’n droog­te dus maak dat in­ten­sie­we skaap­boer­de­ry min­der wins­ge­wend is, ter­wyl vleis­pry­se aan­vank­lik la­er sal neig soos vee ver­koop word. Dr. Philip T­heu­nis­sen is ’n re­ken­mees­ter en land­bou-e­ko­noom van Beth­le­hem. Die bron­ne van die in­lig­ting in die ta­bel­le is by hom be­skik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.