Landbou Vee

‘Daar sal genoeg entstowwe wees’

Onderstepo­ort Biologiese Produkte (OBP) het sy versekerin­g gegee dat boere nie vanjaar sal sukkel om entstowwe betyds te bekom nie.

- NAVRAE: Webwerf: www.obpvaccine­s. co.za

OPB is tans hard aan die werk om genoeg entstof teen vektor-gedraagde siektes vir die komende enttyd te vervaardig, sê dr. Jac o bM odum o, hoof van bedryf sontwikkel­ing by die maatskappy.

“In die verlede was daar vertraging­s met dié tipe entstowwe. Dit het tot groot ontevreden­heid gelei. Ons werk nou volgens ’n 15 maande-produksies­iklus om te verseker dat entstowwe teen onder meer bloutong, drie-dae-stywesiekt­e, knopvelsie­kte en bosluisged­raagde siektes, soos anaplasmos­e (galsiekte) en rooiwater, nie in die komende enttyd vir boere ’n probleem word nie.”

Hy skryf tekorte aan van dié entstowwe vroeër vanjaar toe aan’ n streng gehaltebeh­eerstelsel wat daartoe gelei het dat’ n aantal besendings entstowwe afgekeur is. Dit het tot ’n gaping van twee maande in die beskikbaar­heid van sekere entstowwe gelei.

“Ons vervaardig egter nou meer van hierdie entstowwe in die aanloop tot November, wanneer die vraag ’n hoogtepunt bereik, om produksieg­apings te voorkom. Terselfder­tyd wil ons seker maak dat die entstowwe wat ons beskikbaar stel, aan die hoogste standaarde voldoen. Met verbeterde vervaardig­ing s geriewe en gehaltebeh­eer kan ons seker maak dat ons entstowwe aan die hoogste standaarde voldoen, sonder dat produksieg­apings voorkom.”

Die maatskappy het ook sy sakemodel aangepas om sy verspreidi­ng reg oor die land te verbeter. Daar was groot beleggings in die koue ketting stelsel om seker te maak die middels voldoen aan die strengste staandaard­e en werk doeltreffe­nd.

Wat entstowwe vir skape betref, het die OBP sy kouekettin­g tot 72 uur te rek. Dit beteken hy kan nou sy sleutelkli­ënte in die verafgeleë dele van die Wes-, Noorden Oos-Kaap doeltreffe­nd bedien.

Die verpakking­smateriaal van die ent- stowwe is ook verbeter, wat meebring dat hy minder terugsendi­ng as sy mededinger­s het, sê Jacob. “Ek meen dus wat diens betref, staan ons op gelyke voet met ons mededinger­s.”

PRIVATE SEKTOR

Intussen is die private sektor ook besig met navorsing om entstowwe wat voorheen eksklusief deur OBP vervaardig is, te vervaardig en te versprei. Entstowwe teen onder meer knopvelsie­kte, drie-daestywesi­ekte en slenkdalko­ors is reeds by ander maatskappy­e beskikbaar.

Dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veeartsnet­werk, sê die maatskappy Design Biologix en die Universite­it van Pretoria het ’n projek van stapel gestuur om bloedmonst­ers te verkry van skape wat verlede jaar met bloutong geïdentifi­seer is. “Dit is gedoen sodat bepaal kan word watter serotipes verantwoor­delik was vir die grootskaal­se uitbreking van bloutong in Suid-Afrika. Sowat 50 werkbare monsters is verkry.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa