Groei en her­stel met ul­tra­trop­pe

Met ul­tra­druk­be­wei­ding het ’n bees­boer van Noord­wes sy dra­krag min­stens ver­drie­dub­bel, en nog is dit het ein­de niet. Twee Suid-Vry­staat­se boe­re wat by hom gaan kers op­steek het, sê die droog­te sou hul­le al lank­al ge­kel­der het as dit nie vir druk­be­wei­ding

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Gi­de­on Oost­hui­zen, e-pos: gi­de­o­no@tru­enw.co.za; sel 083 406 0840.

Te goed om waar te wees, is die ge­bruik­li­ke re­ak­sie as mnr. Gi­de­on Oost­hui­zen van die plaas De Beer­skraal by Rys­mier­bult bui­te Ven­ters­dorp ver­tel wat­ter om­me­keer hy in die af­ge­lo­pe paar jaar met ul­tra­druk­be­wei­ding op sy plaas be­werk­stel­lig het.

Daar­om ver­kies hy om men­se te gaan wys, so­dat hul­le met hul eie oë kan sien hoe sy trop­pe van 500 of meer bees­te elk ’n hek­taar per dag af­wei. Aan die ma­nier waar­op hul­le wei, is dit dui­de­lik dat dit die die­re glad nie pla om in sul­ke groot, dig­te trop­pe te be­weeg nie.

Kalf­tyd is geen pro­bleem in die groot trop­pe nie, sê Gi­de­on. In een trop is by­voor­beeld 530 ver­se met om­trent 400 kal­wers. Dit is op­val­lend hoe die kal­wers in groe­pe by me­kaar hou, en die ver­se beur­te maak om na die “kleu- ter­sko­le” om te sien. Die wer­kers hou die trop­pe in elk ge­val die he­le dag dop, en don­kies in el­ke trop help roofdiere weg­hou.

Die skep­ti­ci maak aan­mer­kings, soos dat Gi­de­on sy mi­ne­raal­reg­te laat weg­vreet, maar die ge­son­de en di­ver­se stand van sy veld en die kon­di­sie van sy bees­te ge­tuig an­ders.

T­wee­man-wer­ker­span­ne, wat die he­le dag saam met die bees­te in die veld is, skuif die trop­pe el­ke half­uur tot uur met op­rol­ba­re e­lek­trie­se draad­jies na nu­we weiding na­ma­te die die­re aan die stert­kant be­gin bulk om aan te dui dis tyd vir die spreek­woor­de­li­ke groe­ner wei­vel­de.

Gi­de­on vind die wer­kers is dood­te­vre­de met hier­die re­ë­ling. Hul­le leer vin­nig wan­neer die gras kort ge­noeg af­ge­vreet is so­dat vir die trop oop­ge­maak moet word om aan te skuif.

El­ke strook weiding rus min­stens ’n vol­le ka­len­der­jaar voor­dat dit weer be­wei word. Sy bin­ne­kam­pe, wat strook vir strook met die e­lek­trie­se draad­hei­nings be­wei word, is van 30 ha tot 60 ha groot. Een kamp word ten vol­le be­nut voor­dat na ’n vol­gen­de aan­be­weeg word, om be­stuur te ver­ge­mak­lik.

S­mid­dae om 12:00 stap die bees­te en wer­kers na ’n sen­tra­le, groot krip waar die die­re wa­ter drink en die wer­kers mid­dag­e­te nut­tig. Snags word die bees­te by die krip ge­kraal teen vee­die­we.

‘JY KAN EL­KE HOE­KIE BE­NUT’

Gi­de­on, wat in 1990 saam met sy pa, Piet, en oom De­on be­gin boer het, het die fa­mi­lie­boer­de­ry se voer­in­ten­sie­we mel­ke­ry tot in 2002 be­dryf. Hul­le het dié ver­tak­king toe ver­koop.

“Ek het al­tyd ge­weet daar móét ’n ma­nier wees om el­ke hoe­kie van jou plaas te be­nut.”

Teen 2004 het hy die druk­be­wei­ding­ken­ner mnr. Johann Zietsman van C­hin­hoyi, Zim­bab­we, ge­nooi om ’n kur­sus vir boe­re van die om­ge­wing by hul­le aan te bied. Gi­de­on het daar­na met kom­mer­si­ë­le vleis­bees­te met dié prak­tyk be­gin eks­pe­ri­men­teer.

Dit was ’n pro­ses van leer en ver­fyn om die stel­sel vir sy plaas en toe­stan­de te maak werk. Daar­mee is hy steeds be­sig.

Hy het aan­vank­lik met so­wat 150 koeie in ’n trop in baie klein kam­pe be­gin, maar met­ter­tyd die trop­pe al hoe gro­ter ge­maak en die ver­skuif­ba­re kam­pe tot ge­mid­deld so­wat 1 500 m2 ver­groot.

Sy vol­gen­de mik­punt is om so­wat 800 koeie op 1 200 ha vol­hou­baar deur te dra. Hy wil ook met­ter­tyd kal­wers op die veld be­gin af­rond met ul­tra­druk­be­wei­ding.

Die ge­bied se tra­di­si­o­ne­le dra­krag­norm is so­wat 6 ha per grootvee-een­heid, ter­wyl hy nou op ge­mid­deld 2 ha per grootvee-een­heid staan. Daar­van is die helf­te aan­ge­plan­te smuts­vin­ger­wei­dings en die res na­tuur­li­ke rooi- en ter­pen­tyn­gras­veld.

In De­sem­ber, toe Vee hom be­soek het, was die wei­tem­po van ’n trop van 580 ver­se op smuts­vin­ger­gras so­wat 1 ha per dag.

Ter­wyl hul­le in die af­ge­lo­pe drie jaar die erg­ste droog­te in men­se­heu­ge­nis ge­had het, was dit nie vir Gi­de­on no­dig om sy bees­te te ver­min­der nie. In­teen­deel, hy kon sy kud­de ver­groot. Dít met net so­wat 200 mm re­ën in die 2015-’16-groei­tyd en so­wat 300 mm in 2014-’15 (die ge­bied se ge­mid­del­de jaar­lik­se re­ën­val op lang ter­myn is so­wat 600 mm).

SÓ BE­GIN JY

Om te be­gin, het jy ’n e­ner­gie-een­heid no­dig vir ’n ver­skuif­ba­re e­lek­trie­se hei­ning­stel­sel, ge­woon­lik in een pak met ’n bat­te­ry, ’n son­pa­neel en ’n re­gu­leer­der. Gi­de­on se raad is dat dit ten min­ste 3 jou­le moet le­wer.

“Moe­nie te laag be­gin nie, want dan raak ’n mens net moe­de­loos as die

hei­ning nie goed ge­noeg werk nie. Dit is baie frus­tre­rend. Maak se­ker dis eer­der ’n ster­ker e­ner­gie-een­heid as te swak, ver­al as jy nie goeie ge­lei­ding het nie.”

Hy het van die be­gin af met net ’n en­kel­draad- e­lek­trie­se hei­ning ge­werk. Nu­we bees­te, wat nie e­lek­trie­se draad ken nie, word bin­ne mi­nu­te ge­leer deur die draad met me­las­se­stroop te smeer. Vin­nig-vin­nig kom hul­le dan in die ge­woon­te om ’n ent van die draad­jie af te wei, na­dat hul­le daar­aan wou lek.

Die draad kos hom so­wat R500/km. Dit word met i­so­leer­ders op ver­skuif­ba­re paal­tjies van 1-1,2 m lank ge­span.

Om vol­le­di­ger be­nut­ting van al­le plant­ma­te­ri­aal – ook die dro­ër en on­smaak­li­ke gras­se – te be­werk­stel­lig, voeg Gi­de­on die af­ge­lo­pe twee jaar die aan­vul­ler Brow­se Plus (reg.nr. V11013, Wet 36 van 1947) van Vi­r­bac, wat doel­tref­fen­der ver­te­ring aan­moe­dig, by die bees­te se lek. Sy aan­vank­li­ke proe­we het ge­wys dit werk baie be­ter in die lek as in hul drink­wa­ter.

Die die­re kry ’ n be­hoor­li­ke pro­duk­sie­lek (in die so­mer met su­per­fos­faat) en in die win­ter Voer­mol se Dun­dee-lek (reg. nr. V15414) wat met sout en mie­lie­gruis ge­meng word. Voorts hou hy deu­ren­tyd ’n voer­bank in stand. On­danks die ho­ë­druk­be­nut­ting le­wer die smuts­vin­ger ge­noeg om ook hooi daar­van te sny. Hy maak kuil­voer wat hy in die voer­kraal op die plaas ge­bruik om speen­kal­wers af te rond.

Die smuts­vin­ger­lan­de word al om die twee­de jaar met 100 kg stik­stof per hek­taar be­mes.

WEN­KE

Maak se­ker dat jou krip­pe groot ge­noeg is so­dat die trop­pe nie al­les leeg­drink en me­kaar be­gin rond­stoot as hul­le daar kom nie, is Gi­de­on se raad. Hy het groot sen­tra­le krip­pe waar­heen wa­ter ge­pomp word.

Jou han­te­rings­ge­rie­we sal die groot­te van jou trop­pe be­paal. Gi­de­on skei ou­der­doms­groe­pe in ver­skil­len­de trop­pe: Ou koeie met kal­wers, jon­ger koeie met kal­wers, ver­se met eer­ste kal­wers, en drag­ti­ge ver­se.

Van Maart tot Au­gus­tus laat vreet hy die trop­pe brand­ba­ne aan die bin­ne­kant van el­ke kamp reg rond­om die plaas.

Oor hoe ge­reeld ’n trop aan­ge­skuif moet word, is Gi­de­on se raad dat jy moet se­ker maak dis vin­nig ge­noeg. “So­dra ’n bees hon­ger word, gaan hy die draad­jie pro­beer breek.”

Hy voeg eg­ter by dat die wer­kers en bees­te gou self leer wan­neer dit tyd is om aan te be­weeg.

Uit­ein­de­lik sê hy el­ke boer moet ’n stel­sel ont­wik­kel wat in sy toe­stan­de werk. “Die stel­sel gaan van plaas tot plaas en selfs van kamp tot kamp ver­skil. Maar die ba­sie­se be­gin­sels bly die­self­de.

“My pro­bleem is dees­dae glad nie meer om ge­noeg kos vir my bees­te te kan voor­sien nie, net om al­tyd ge­noeg vars wa­ter o­ral te kan ver­skaf.”

DRUK­BE­WEI­DING RED

Twee bees­boe­re van De­wets­dorp in die Suid-Vry­staat, een van die stre­ke wat die hard­ste deur die re­kord­droog­te ge­tref is, sê son­der druk­be­wei­ding sou hul­le nie tot nou oor­leef het nie.

Mnr. PJ Ba­den­horst sê twee jaar ag­ter­me­kaar se veld­bran­de het hom ge­dwing om bui­te die kas­sie te be­gin dink. Hy en sy vrou, dr. Ma­ri­ke Ba­den­horst, ’n vee­arts, boer op die fa­mi­lie­plaas Plat­kop, tus­sen De­wets­dorp en We­pe­ner.

Die bran­de was in 2012 en 2013, en in 2015 het ’n groot s­tuk weer af­ge­brand. “Ek het eint­lik my he­le plaas ver­loor.” Saam met die ja­re lan­ge droog­te was die uit­wer­king ver­nie­ti­gend. Die groot grond­dam op Plat­kop was by­voor­beeld

teen mid­del Ja­nu­a­rie van­jaar steeds kurk­droog, vir die lang­ste tyd­perk wat hul­le kan ont­hou.

Hy het by Gi­de­on gaan kers op­steek en in Ok­to­ber 2015 met “ba­sies niks” veld om mee te be­gin nie, ’n ul­tra­druk­be­wei­ding­stel­sel aan­ge­pak.

Die re­sul­taat is merk­waar­dig. Sy hui­di­ge be­la­ding op die veld waar druk­be­wei­ding toe­ge­pas word, is so­wat 2 ha per bees, en ’n trop word be­dags el­ke half­uur tot uur ge­skuif.

Sy kud­de op Plat­kop wei in drie trop­pe, vol­gens ou­der­doms­groe­pe: Al­te­saam 190 groot ver­se saam met ses bul­le, in die twee­de trop 178 jong ver­se, en in die derde groep 132 koeie met vyf bul­le.

Hy het dié trop­pe aan­vank­lik só ge­groe­peer om­dat hy teen mid­del 2015 be­sluit het hy sal die die­re noodgedwonge moet ver­koop. Na­dat hy kort daar­na met die ul­tra­druk­be­wei­ding be­gin het, was dit eens­klaps nie meer no­dig nie. Die die­re het met­ter­tyd kon­di­sie op­ge­tel en sy veld het dras­ties be­gin her­stel. Hy het in­tus­sen ook ver­se in­ge­koop.

Van­af 21 Ok­to­ber 2015 het hy oor die daar­op­vol­gen­de 132 dae met ul­tra­druk­be­wei­ding al­te­saam 111 ver­se oor 61 ha erg af­ge­ta­kel­de veld deur­ge­trek.

Vir die drie maan­de van be­gin No­vem­ber ver­le­de jaar tot 10 Ja­nu­a­rie het die trop van 190 groot ver­se en ses bul­le al­te­saam 76 ha erg af­ge­ta­kel­de veld met ul­tra­druk af­ge­wei. Die trop van 132 koeie met vyf bul­le het oor 138 dae 93 ha veld in­ten­sief be­nut, ook strook vir strook.

Hul­le be­wei on­der meer die droë dam. Daar is die be­nut­ting van gras én on­kruid so deeg­lik dat die die­re selfs kan­ker­roos vreet, sê PJ.

Hy het ver­le­de win­ter wel re­de­lik re­ën ge­kry en ’n selfs in­ten­sie­wer druk­be­wei­ding­stel­sel op ’n ha­wer­land toe­ge­pas, ook met goeie re­sul­ta­te. Daar­voor het ’n wer­ker let­ter­lik voort­du­rend heen en weer voor die trop ge­loop om die e­lek­trie­se hei­ning te skuif soos wat die die­re die ha­wer strook vir strook tot kaal grond af­ge­vreet het.

Vir die vyf maan­de van Ju­nie tot Ok­to­ber ver­le­de jaar het hy op dié ma­nier 368 ver­se, groot en klein, op 91 ha groen­voer deur die win­ter ge­help. Die her­groei van die ha­wer is daar­ná deur uit­skot­die­re be­nut met kon­ven­si­o­ne­le be­wei­ding. Daar was aan­sien­lik min­der die­re in dié trop en dit het veel kor­ter ge­hou, sê hy.

Vir drink­wa­ter aan die druk­be­weitrop­pe het PJ tenks op­ge­sit, waar­uit hy 40 mm-py­pe na krip­pe toe aan­lê. Die die­re word snags om dié krip­pe ge­kraal. Be­dags stap hul­le een keer daar­heen om te gaan wa­ter drink.

Nog ’n De­wets­dor­per, mnr. Ger­rit van Zyl, sê son­der die druk­be­wei­ding­les­se wat hy by Gi­de­on gaan af­kyk het, sou hy lank­al weens die droog­te in ta­ma­tie­straat ge­wees het (lees oor die ar­ti­kel “Her­le­wing die e­nig­ste uit­weg” op bl. 44).

Teen be­gin Ja­nu­a­rie van­jaar, toe sy plaas nog bit­ter min re­ën vir die sei­soen ge­had het, het hy hul oor­le­wing aan druk­be­wei­ding toe­ge­skryf. “As ek by ons (tra­di­si­o­ne­le) dra­krag­norm ge­hou het, was ons nie meer hier nie.”

Sy be­la­ding staan nou op so­wat 300 bees­te wat ’n hek­taar per dag be­wei en wat twee keer per dag, sog­gens en saans, ge­skuif word. Hy vind sy veld­her­stel het dras­ties ver­snel en daar groei gras­soor­te wat nie voor­heen daar was nie.

Ger­rit glo vas son­der die her­le­wen­de krag van druk­be­wei­ding gaan vee­boe­re nie oor­leef nie. “Die ge­heim van bees­boer­de­ry lê van­dag in die be­la­dings­tem­po op die grond.

“Ons móét met ons be­wei­ding ons veld ver­be­ter,” sê hy.

FO­TO’S: MARLEEN S­MITH

’n Ul­tra­druk­trop van 580 ver­se wei in die so­mer ge­mid­deld 1 ha smuts­vin­ger per dag af op mnr. Gi­de­on Oost­hui­zen se plaas De Beer­skraal by Rys­mier­bult.

REGS ON­DER: Gi­de­on het sen­tra­le krip­pe ge­bou waar­heen sy ul­tra­druk­wei­ding­trop­pe s­mid­dae om 12:00 stap om te gaan suip. Hul­le slaap ook saans daar.

ON­DER: Die e­ner­gie-een­he­de met ’n son­pa­neel wat Gi­de­on vir sy ver­skuif­ba­re e­lek­trie­se hei­ning­stel­sel ge­bruik.

1. Mnr. Gi­de­on Oost­hui­zen op sy ge­luk­kig­ste, in die veld by sy bees­te.

FO­TO: PJ BA­DEN­HORST

2. ’n Ul­tra­ho­ë­druk­trop op mnr. PJ Ba­den­horst se plaas, Plat­kop, op 13 Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar. PJ het in die voor­af­gaan­de Ok­to­ber (2015) met ul­tra­druk­be­wei­ding van sy erg af­ge­ta­kel­de veld be­gin.

FO­TO: PJ BA­DEN­HORST

3. Hier­die fo­to van Plat­kop is op Nu­we­jaars­dag 2016 ge­neem na­dat die plaas twee jaar ag­ter­een­vol­gens af­ge­brand en droog­te die ska­de ver­er­ger het.

5. PJ Ba­den­horst in voor­heen erg af­ge­ta­kel­de veld wat een keer ul­tra­druk be­wei is. Dié fo­to is mid­del Ja­nu­a­rie van­jaar ná ’n bui re­ën ge­neem. Hy wys hoe het die druk­be­wei­ding die har­de grond­kors ge­breek wat ge­vorm het na­dat sy veld twee jaar ná me­kaar af­ge­brand het.

FO­TO: PJ BA­DEN­HORST

4. Ver­se oor­win­ter met ul­tra­druk­be­wei­ding op ’n ha­wer­land op mnr. PJ Ba­den­horst se plaas, Plat­kop. ’n Wer­ker het voort­du­rend voor die vre­ten­de trop heen en weer ge­loop om die e­lek­trie­se hei­ning aan te skuif soos wat hul­le die plan­te af­ge­wei het.

6. Mis wat bin­ne ure deur miskruiers en an­der veld­le­we op PJ se ul­tra­be­nut­te veld be­set en in ge­son­de be­mes­ting ver­werk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.