Landbou Vee

Nuwe plan teen brucellose

Die veebedryf hoop ’n voorgestel­de nuwe brucellose­beleid sal help om die epidemiese afmetings wat dié siekte aanneem, te stuit.

- NAVRAE: Webwerf:

Die tydperk vir belanghebb­endes in die rooivleisb­edryf om kommentaar te lewer op ’n voorgestel­de brucellose-beleid, het in Julie verstryk. Die volgende stap is om die kommentaar deur te werk en ’n nuwe beleid af te handel. Verkopers sal ingevolge die voorgestel­de beleid aangemoedi­g word om ’n verklaring uit te reik wat sal verklaar dat hul diere vry van brucellose is.

Só sê dr. Sewellyn Davey, voorsitter van die brucellose-werkkomite­e van die Nasionale Diere gesondheid s forum.

“In hierdie stadium is daar geen wet wat verkopers dwing om sulke verklaring­s saam met die diere wat hulle verkoop, uit te reik nie. Dit beteken dat gewetenlos­e verkopers diere waarvan hulle nie heeltemal seker is nie, as brucellose-vry verkoop. Die gevolg is dat boere ’n aantal diere aan- koop wat besmet kan wees, maar negatief toets. Die diere kan later die siekte ontwikkel en die hele kudde besmet. In sekere gevalle het boere hul hele kudde op dié manier verloor,” sê sy.

Intussen is die brucellose-werkkomite­e besig om boere en ander belanghebb­endes in die bedryf op te lei oor die siekte. “Dit is nie genoeg vir boere om te weet dat die dier wat hy aankoop, negatief getoets het vir brucellose nie. Hy moet kyk na die geskiedeni­s van die kudde waaruit die dier kom. Dié kudde moet ook negatief toets, anders is daar ’n kans dat die siekte in die koper se kudde kan inkom.”

Intussen moet boere steeds hul verse betyds teen brucellose inent om die siekte te voorkom.

VOORKOMING IS BETER

Die beesbrucel­lose-skema is in 1979 deur die direktoraa­t dieregeson­dheid van die Departemen­t van Landbou ingestel. Dit bepaal dat alle verse van vier tot agt maande oud met S19- of RB51-entstof ingeënt moet word.

’n Enkele inenting beskerm egter nie die hele kudde nie. Die herinentin­g van verse met RB51-entstof voor hulle geslagsryp word, word aanbeveel om hul immuunstel­sel verder te versterk (minstens twee maande voor hulle gedek word). www.nahf.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa