Landbou Vee

Bou wildheinin­gs maklik

Om ’n wildheinin­g doeltreffe­nd op te rig, verg balanseerw­erk — tot mnr. Riaan van Wyk van Delareyvil­le ’n paalstampe­r met ’n verlengstu­k ontwerp het waarmee twee mense ’n lang paal met die hand in die grond stamp.

-

Om ysterpale vir ’n gewone beesheinin­g in te slaan, is betreklik maklik. ’ n Ysterpaal van 1,8 m word eenvoudig van grondvlak af met ’ n swaar hamer ingeslaan. Wildheinin­gs is egter ’n perd van ’n ander kleur. Ysterpale daarvoor is gewoonlik 2,4 m tot 3 m lank en jy moet op ’n konka, ’n 210 liter-drom of ’n leer staan om dit by te kom.

Mnr. Riaan van Wyk, ’n saaiboer van Delareyvil­le in Noordwes, het ná navrae van boere ’n standaardp­aalstamper verleng met buispyp wat as handvatsel dien en ’n voetstuk daaraan geheg. Só kan jy lang ysterpale in die grond kap sonder om ’n leer saam te sleep.

Die kern van die paalstampe­r is ’n gewig (’n stuk treinspoor) wat bo-op ’n pyp vasgesweis is. Die deursnee van die pyp wissel van 100 mm tot 150 mm. Twee stawe van buispyp word parallel aan die bo- en onderkant van die pyp vasgesweis en dien as handvatsel­s.

BENODIGDHE­DE

Die gereedskap wat benodig word, is ’n hoekslyper, ’n sweismasji­en, ’n hamer en bankskroef. Die materiaal is een ronde pyp (110 mm in deursnee x1 m), ’n stuk treinspoor­staaf (of enige soortgelyk­e gewig) van 200 mm, twee lengtes (3 m) buispyp van 25 mm en ’n strook platyster van 1 m (40 mm x 3 mm).

Sny eers die platyster-lengtes (40 x 3 mm): 1 x 500 mm vir die voetstuk, 1 x 500 mm vir ’n versterkin­g en 2 kleiner versterkin­gs x 200 mm.

Die verlangde hoogte van die heining gaan die lengte van die stamper se 25 mmbuispyp bepaal. As die heining 2,4 m hoog gaan wees, moet die algehele lengte van die paalstampe­r sonder die treinspoor­gedeelte dus 2,4 m wees. Gebruik ’n langer lengte 25 mm-pyp as waarvoor jy beplan.

Buig die twee stroke platyster van 500 mm in ’n halfmaan. Buig die 25 mmbuispyp teen ’n helling van 45 grade op die punte, sowat 300 mm van elke ent af. Heg die 25 mm-buispyp aan die 110 mmstamppyp se bokant. Sweis die platyster haaks aan die kante van die 110 mm-pyp vas (met die 110 mm-pyp aan weerskante), en sweis dan die 25 mm-buispyp daaraan vas. Sweis die twee stroke 200 mm-platyster aan albei kante van die 110 mm-pyp én die 25 mm-pyp vas. Die platyster help om die pypgedeelt­es makliker aan mekaar vas te sweis en versterk die struktuur.

Die halfmaan-platyster word onderaan die twee 25 mm-pype vasgesweis. Dit vorm die voetstuk van die paalstampe­r. Die tweede halfmaanvo­rmige versterkin­g word ’n paar sentimeter bo die voetstuk vasgesweis vir groter stabilitei­t.

Laastens kom die treinspoor­staaf (gewig) op die 110 mm-pyp vas. Dié gedeelte moet deeglik vasgesweis word.

Sny die oortollige punte aan die onderkant af nadat die halfmaanvo­rmige platyster op die verlangde lengte vir die voetstuk vasgesweis is. Die totale lengte vanaf jou halfmaan-voetstuk tot bo-aan die 110 mm-stamppyp moet uiteindeli­k 2 400 mm wees vir ’n 2,4 m-heining.

Wanneer die stamper se voetstuk tot op grondvlak ingestamp word, weet jy die ysterpaali­sopsyregte­diepteinge­slaan. Al die ysterpale sal dan presies 2,4 m bo die grond uitsteek.

SÓ GEBRUIK JY DIT

Laat lê die ysterpaal en die stamper skuins. Druk die ysterpaal in die stamppyp in en tel dan die stamper en ysterpaal gelyk op. Twee mense hou die handvatsel­s vas en stamp die ysterpaal in die grond in. Wanneer die voetstuk die grond raak, word die stamper van die paal af opgelig en na die volgende ysterpaal gedra.

Aanvanklik sal die proses stadig verloop totdat die twee mense wat saamwerk hul tydsbereke­ning gesinchron­iseer het.

 ??  ?? Twee mense stamp die ysterpaal met die handvatsel­s in die grond in.
Twee mense stamp die ysterpaal met die handvatsel­s in die grond in.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa