Landbou Vee

Bonsmaras haal eerste plek met genomika

- — MARLEEN SMITH

Die Bonsmara het die eerste vleisbeesr­as in Afrika geword waarvoor genomiese seleksie ’n werklikhei­d is. Die eerste genomies verrykte teelwaarde­s vir dié ras is sedert 1 Julie beskikbaar, het die Bonsmara-beestelers­genootskap en SA Stamboek in ’n verklaring aangekondi­g.

Diere waarvoor genotipes in BLUP-ontledings ingesluit word, sal voortaan met ’n nuwe logo, GenoTyped, gemerk word.

Genomies verrykte teelwaarde­s vir Drakensber­gers en Beefmaster­s behoort ook binne die volgende jaar beskikbaar gestel te word, sê dr. Bobbie van der Westhuizen, genetikus van SA Stamboek.

Hy sê die Bonsmara-beestelers­genootskap het al in 2012 die voortou op die gebied van genomika geneem toe op ’n algemene jaarvergad­ering besluit is om in genomiese seleksie te belê.

Aanvanklik het die genootskap en telers self betaal om genomiese profiele van invloedryk­e teeldiere te kry en ’n verwysings­kudde met die hulp van Stamboekve­ekundiges te vestig. Die vestiging van die verwysings­kudde is versnel toe die nasionale vleisbees-genomika-program, wat deur die agentskap vir tegnologie­vernuwing (TIA) gefinansie­r word, teen April 2015 tot stand gekom het.

Bobbie sê hierdie eerste stel genomies verrykte teelwaarde­s is danksy Bonsmarate­lers se toewyding om prestasie oor jare nougeset te meet en aan te teken. Soveel moontlik invloedryk­e diere kon dus in die verwysings­kudde ingesluit word.

Die genomiese profiele van vroulike diere wat ’n groot impak binne die ras het, is ook bekom. Belangrike ekonomie- se eienskappe wat net by verse en koeie gemeet kan word, kon dus ook beter aan genomiese profiele gekoppel word. Dié koeie het reeds akkurate BLUP-waardes vir onder meer ouderdom met eerste kalftyd, tussenkalf­periode en maternale invloed op geboorte- en speengewig.

Danksy telers se goeie deelname aan sentrale en plaas-groeitoets­e, asook karkasskan­derings, is daar reeds betroubare statistiek­e beskikbaar vir onder meer voerinname, onderhuids­e vetlaagdik­te, oogspierop­pervlakte en marmering.

Die genomiese verryking van BLUPteelwa­ardes beteken die voorspelli­ng van jong diere se genetiese meriete kan veel akkurater gedoen word, sê Bobbie. “Dit is veral van groot waarde waar eienskappe net by een van die twee geslagte gemeet kan word, soos die genetiese meriete van koeie om aan kleiner kalwers geboorte te skenk, swaarder kalwers te speen en vroeg in die seisoen as ’n vers te kalf en gereeld daarna te kalf,” sê hy.

“Eienskappe wat tradisione­el net by bulle gemeet word, soos voerinname en voeromsett­ingsdoeltr­effendheid, en eienskappe wat met skandering gemeet word, soos oogspierop­pervlakte en marmering, vind ook geweldig baat by die insluiting van genoominli­gting.”

Besoek die webwerf www.SABeefBull­s.com om te sien of ’n geregistre­erde Bonsmarabe­es se teelwaarde­s genomies verryk is of nie.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die eerste genomies verrykte teelwaarde­s vir Suid-Afrika se inheemse Bonsmara-ras is nou beskikbaar.
FOTO: VERSKAF Die eerste genomies verrykte teelwaarde­s vir Suid-Afrika se inheemse Bonsmara-ras is nou beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa