Landbou Vee

DUURSTE LEKKE NIE ALTYD NODIG

- — MARLEEN SMITH

Dr. Liesel Foster het oor drie jaar navorsing op haar beesplaas Quaggafont­ein naby Zastron gedoen om te bewys dat die insluiting van natuurlike proteïene in ’n winterlek nie ekonomies regverdigb­aar is nie.

Sy het in die navorsing vir haar doktorsgra­ad drie verskillen­de lekke se invloed op produksie en winsgewend­heid in haar boerdery vergelyk.

Haar navorsing het gewys dat ’n mens op goed bestuurde, gemengde veld met ’n goeie samestelli­ng van plantsoort­e en produksie die hoogste wins behaal met teelkoeie wat in die somer ’n mineraalle­k met 6% fosfaat gekry het, en ’n proteïenle­k met ureum in die winter. Die insluiting van natuurlike proteïene in die winterlek was nie ekonomies geregverdi­g nie (sien TABEL 1 ).

Haar studie het oor drie jaar gestrek en het te doene gehad met 150 Drakensber­gerkoeie van verskillen­de ouderdomme. Liesel het die koeie ewekansig in drie groepe verdeel, en op hulle lekke getoets wat algemeen deur voedingkun­diges aanbeveel word.

In die winter het ál drie groepe koeie ’n proteïen-mineraalle­k gekry, maar die bestanddel­e het verskil. In groep 1 en groep 2 se lekke is katoenolie­koekmeel as ’n natuurlike proteïenbr­on gebruik, en in groep 3 was die proteïenbr­on ureum. Die vroeë en laat winterlekk­e het dieselfde samestelli­ng gehad, maar in die laatwinter is 20% meer lek gegee.

TABEL 2 toon die samestelli­ng van die drie groepe se somerlekke en TABEL 3 die winterlekk­e.

Drie jaar se noukeurige meting het geen betekenisv­olle verskille in dragtighei­dspersenta­sie en kondisiete­lling tussen die drie verskillen­de groepe uitgewys nie, sê Liesel. Sy skryf dit daaraan toe dat koeie op ál drie die lekbehande­lings hul teikengewi­g om dragtig te raak, bereik het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa