Landbou Vee

DEURBRAAK MAAK PRESISIETE­LING MOONTLIK

- — JACQUES CLAASSEN

’n Vernuwende sagtewarep­latform vir die teel van diere waarvolgen­s produsente hul doelwitte met groter presisie kan verwesenli­k, is op ’n Overbergse melkplaas ontwikkel en in gebruik geneem. Van die voordele is dat dit inteling teenwerk en genetiese variasie bevorder.

Sedert die ingebruikn­eming van teelwaarde­s in 1990 in Suid-Afrika het inteling in plaaslike Jersey-kuddes van gemiddeld 1,8% tot ’n baie hoë 6,13% toegeneem. “Bo 6,25% kan jy verwag om inteelverv­al te kry, en ’n veeboer wil tog nie resessiewe eienskappe in sy kudde vaslê nie.”

Sósêmnr. WernerBran­d, stelselbes­tuurder op die plase Ouplaas en Langekuil van die melkboer mnr. John Walker van Greyton in die Overberg. Werner is ook die ontwikkela­ar van die nuwe Orda-sagtewarep­latform, wat hy op versoek van John ontwikkel het.

Die skep van dié platform is ’n deurbraak wat inteling in kuddes drasties teenwerk, genetiese variasie en teelwaarde­s met rasse skrede bevorder en risiko versprei. Die beste potensiële vaars word met die vroulike diere in ’n kudde gepaar en doelwitte word optimaal bereik.

SA Stamboek onderskryf die sagtewarep­latform, en ná suksesvoll­e onderhande­lings met dié organisasi­e is dit kommersiee­l beskikbaar via die webwerf www.SADairyBul­ls.com.

Die belangriks­te hulpbronne wat telers tot dusver gebruik het, was die nuutste BLUP- en/of GBLUP-waardes (genomiese BLUP) in die vorm van geskatte teelwaarde­s (EBV’s), asook genetiese verslae van telersorga­nisasies.

Orda span ’n volledige databasis van ’n 11 geslag-stamboom (vroulik en manlik) van alle diere in ’n kudde in.

Om die dienste van Orda en SA Stamboek via SADairyBul­ls.com saam te bring, werk goed, aangesien SA Stamboek (via Interbull) aan internasio­nale genetiese evaluasies vir melkbeeste deelneem.

SA Stamboek het ook toegang tot die volledige stambome van plaaslike kuddes wat aan die Logix-prestasiet­oetsskema vir melkdiere deelneem. SA Stamboek gebruik boonop die Interbull-stamboomlê­er van internasio­nale bulle en beskik oor die omsetting van alle melkbeeste, ongeag hul land van herkoms. SA Stamboek is verder verantwoor­delik vir genetiese en genomiese dienste vir plaaslike diere.

Orda maak verder ruim gebruik van die blitsvinni­ge aanlyn-algoritme, wat die verwantska­ppe van alle diere wat in parings oorweeg word, beskikbaar stel.

Deur ’n paar bulle met Orda te kies, kan die boer na verskillen­de scenario’s kyk deur teoreties elke bul met elke koei in sy kudde te paar. Binne sekondes kry hy verslae met resultate oor onder meer die inteling van die potensiële nageslag en ander parameters wat hy aanlyn kan besigtig. “Met die gebruik van Orda is dit baie opsigtelik wanneer ’n bul nie in jou kudde sal werk nie – al sê wie ook wat,” sê Werner.

“Sodra ’n boer Orda gebruik, kry hy ook verslae oor die teeldoelwi­t wat hy gekies het, ’n evaluering van paringsgeh­alte, ’n ontleding van genetiese meriete en variasie en ’n paringsops­omming. Elke koei en haar verwagte kalf kry ook ’n indeks.”

 ??  ?? LINKS BO: Mnr. John Walker tussen sy Jersey-koeie. BO: Mnr. Werner Brand, ’n voormalige werknemer van SA Stamboek, het die Orda-sagteware op John se versoek ontwikkel.
LINKS BO: Mnr. John Walker tussen sy Jersey-koeie. BO: Mnr. Werner Brand, ’n voormalige werknemer van SA Stamboek, het die Orda-sagteware op John se versoek ontwikkel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa