Landbou Vee

EN AS JY NOODGEDWON­GE WEER JOU DIERE MOET VOER?

-

As ’n droogte en omstandigh­ede jou dwing om te voer en organiese voer is nie bekombaar nie, kan daardie diere wat byvoeding nodig het, soos lammerooie, bloot vir ’n tydperk uit die program gehaal word.

Sodra die krisis verby is, kan hulle weer in ’n proses van omskakelin­g na organiese status gesit word of as konvension­ele vee verkoop word.

Me. Sonja Esterhuize­n sê die byhou van aantekenin­ge en deursigtig­heid is in so ’n geval baie belangrik. Ecocert moet ook alles goedkeur en deurlopend op die hoogte van sake gehou word. Een groot uitgangspu­nt van die standaarde­stelsel is dat daar na die diere se welstand omgesien moet word.

Die inspekteur­s sal jou plaas eerder van sy sertifiser­ing ontneem as jy nie voer nie omdat die diere ly, verduideli­k Sonja.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa