Landbou Vee

WAS DIE PROSES DUUR?

-

Die proses van organiese sertifiser­ing is nie goedkoop nie, maar as jy die nasorgdien­s in ag neem wat die sertifiser­ingsagents­kap Ecocert aan hulle lewer, is dit goeie waarde vir geld, sê mev. Sonja Esterhuize­n.

Om die eindstreep te haal, moes daar vir drie sertifiser­ings dwarsdeur die waardekett­ing betaal word: Vir die boerdery, die abattoir en die slaghuis. Die boerdery het vir ál drie betaal.

Hulle meen dit was deur en deur die moeite en geld werd.

“Hulle raak jou vennoot en steun jou deurlopend. En daar is nie ’n geldwaarde te plaas op al die mense waarmee hulle jou in aanraking bring nie.”

Dr. Marianna Smith van Ecocert sê die koste van hierdie soort sertifiser­ing is vertroulik. Die Esterhuize­ns het wel hul sakemodel só gestruktur­eer dat hulle vir die boerdery, die abattoir en die slaghuis se sertifiser­ing kon betaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa