Landbou Vee

MNR. JULIAN SOUTHEY

-

HOE LAAT JULLE DIE FAMILIEOND­ERNEMING WERK? In 2005 het ons ’n keerpunt bereik. Ons het vyf jaar lank die diens van die konsultasi­e maatskappy Resource Consulting Services gebruik. As gesin het dit ons onder meer geleer om sake- en gesinskwes­sies te skei. Dit het ons ook geleer om die drie geheime van wins te begryp: die balans tussen oorhoofse koste, bruto winsmarge per hektaar en omsetbeste­ding; strategies­e beplanning; en die opleiding van personeel. Ons het almal verskillen­de persoonlik­hede en ’n visie vir die toekoms, maar het ’n gemeenskap­like visie vir die ondernemin­g. WAT IS JUL TEELDOELWI­TTE? Ons lê klem op ’n mediumwol-skeersel, vrugbaarhe­id, ooi produktiwi­teit en lammers wat vinnig groei. Die resultaat daarvan is ’n skaap met ’n gladder lyf, wat ooreenstem met die moderne Merino. OP WATTER OUDERDOM EN GEWIG WORD VERVANGING­SOOIE DIE EERSTE KEER GEDEK? Hulle word op 18 maande gedek en weeg dan sowat 42 kg. Ons laat dek die vervanging­sooie afsonderli­k omdat die volwasse ooie geneig is om hulle te oorheers en tydens die dekproses meer aandag van die ramme kry wanneer ons hulle saam laat dek. Vervanging­sooie is vir ’n korter tyd bronstig én tree minder bronstig op. Dan slaan die ramme hulle oor. Om dieselfde rede laat ons die ouer, ervare ramme die vervanging­sooie dek. Die jonger ramme dek die ouer, ervare ooie. HET JY ’N OPLEIDINGS­PROGRAM VIR JOU PERSONEEL? Ons personeel word intern opgelei in basiese veeteelt, laestres-veehanteri­ng, tattoeërin­g, wolklasser­ing, die dosering en merk van lammers, windpomp instandhou­ding en die instandhou­ding van heinings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa