Landbou Vee

SPOEG EN POTE GEE VELD WEER SKOP

-

Beweiders en hul weidings het deur evolusie oor eeue heen ’n verhouding met wedersydse voordele vir mekaar ontwikkel. Met navorsing is byvoorbeel­d bewys dat weidende diere se spoeg hergroei by plante stimuleer deur die beweging van koolhidrat­e in die plant te bewerkstel­lig.

Herlewings­beweiding vorm deel van ’n groeiende beweging waarin boerderybe­ginsels toegepas word wat grondgeson­dheid en daarmee saam landboupro­duksiepote­nsiaal laat herleef.

Dit behels praktyke in gewasverbo­uing en weidingbes­tuur wat die organiese koolstof en mikrobes se aktiwiteit in grond verhoog.

Die uiteindeli­ke mikpunt is dat die betrokke stuk landbougro­nd eerder ’n netto bergplek vir kweekhuisg­asse as ’n netto vrysteller van hierdie gasse word, sê die oud-Zimbabwiër prof. Richard Teague ( foto), weidingspe­sialis van die Texas A&M-universite­it in Amerika.

Richard, ’n voorstande­r van beplande drukwissel­weiding vir grondherst­el, sê vergelyken­de proewe het gewys dat die grootste bevolkings grondswamm­e op weidings leef wat vir kort tye swaar bewei word en dan kans kry om volledig te herstel voordat dit weer bewei word.

Die verhouding tussen swamme en bakterieë in grond word as ’n aanduider van grondgeson­dheid beskou. Hoe meer swamme voorkom, hoe gesonder is die grond.

Grondswamm­e verrig lewensnood­saaklike funksies vir gesonde plantgroei: Dit gaan haal en maak voedingsto­wwe vir plantopnam­e beskikbaar. Dit vergroot die wortelmass­avolume en -diepte. Dit skei die proteïen glomalien af, wat koolstof in verskillen­de vorme in die grond opberg. Dit verhoog die behoud van water en voedingsto­wwe in die grond. Dit verhoog weerstand teen droogte. Met die hoogste swam-bakterieve­rhouding is plantgroei ook op sy beste.

Richard vergelyk gronddata vanaf drie nabyliggen­de beesplase in Texas wat oor ’n aantal jare ingesamel is. Die een is voortduren­d swaar bewei, die tweede voortduren­d lig bewei en op die derde is drukwissel­weiding toegepas.

Verreweg die grootste hoeveelhei­d swamme in verhouding tot bakterieë is op die derde plaas gemeet (sien die

hieronder).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa