Landbou Vee

KLUB HELP MERINO’S VERBETER

-

Die Smaldeel-Merinoklub waaraan die Lombards behoort, is in 1989 deur mnr. Geoff van Coller, tegniese adviseur van BKB, in die lewe geroep. Die doel was om’ n groep eendersden­kende Merinostoe­ttelers met dieselfde visie, naamlik die teel van vrugbare Merino’s met ’n goeie bouvorm en goed gedefiniee­rde fynwol van ’n hoë gehalte, saam te snoer.

In die afgelope 28 jaar het die klub deur streng seleksiekr­iteria daarin geslaag om hierdie doelwit te bereik.

Tans bestaan die klub uit drie stoetteler­s, naamlik mnre. Geoff en Chris Hobson (Penderry-Merinostoe­tery), Van Niekerk-broers (Robertskra­al- en Longwood-Merinostoe­tery) en Pyp en Anthon Lombard (Retreat-Merinostoe­tery).

Die lede besit saam sowat 750 stoetooie en hulle hou jaarliks ‘n gesamentli­ke ramveiling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa